Lekker voelgoed-kos vir die koue wat op pad is.
Alles vir Maandag 9 Mei 2016
Kunstenaar van die week: Wouter van de Venter
Danksy Wouter se meesterlike kitaarspel en naam as ghoeroe-liedjieskrywer, word hy ook deur Laurika Rauch genader. Hy begelei haar op die kitaar vir drie jaar. Hulle het onder meer by die Royal Albert Hall en Wembley in Engeland opgetree. Die topteaters in Suid-Afrika het ook vir Laurika met Wouter en sy span gehuisves. “Dit was die beste drie jaar van my lewe,” beaam Wouter.
Nuuskommentaar: Gaan Zuma deur Moody’s-swaard beteuel word?
Moody’s se jongste gradering van Suid-Afrika het die land ’n waardevolle blaaskans gebied – moontlik net tot die middel van die jaar wanneer nog twee graderingsagentskappe wat minder simpatiek teenoor Suid-Afrika is met hul beoordeling kom. Die vraag is of pres. Zuma sy onverantwoordelike vrysprakighede in die aanloop van ’n belangrike verkiesing in toom kan hou om die herstelprogram onder leiding van min. Gordhan nie in die voet te skiet nie.
[Luister] Majozi stel debuutalbum bekend
Die sanger Majozi sê musiek is die enigste ding waarmee hy wérklik goed is. Daarom stort hy hart en siel in sy musiek uit.
Soektog na vermiste Ellisras-vrou gaan vir eers voort
Die polisie in Limpopo het Maandag bevestig dat ʼn liggaam in ʼn veld buite Lephalale (Ellisras) gevind is, maar kon nie bevestig dat dit die liggaam van die 19-jarige Monica Barnard is nie.
RSG bring hulde aan Chris Barnard
RSG bring op 12 Mei hulde aan die bekroonde skrywer Chris Barnard wanneer sy klassieke radiodrama, Die rebellie van Lafras Verwey, in Radioteater uitgesaai word.
Wings for life-wedloop samel R112 miljoen in
Die Wings for life-wedloop wat die afgelope Sondag wêreldwyd plaasgevind het, is deur 130 000 mense bygewoon. ʼn Totaal van R112 miljoen is ingesamel vir die Wings for life-stigting, wat hom beywer om ʼn kuur vir mense met ruggraatbeserings te vind.
‘Gereelde reisiger’ op lughawe met kokaïen betrap
ʼn Suid-Afrikaanse vrou is Vrydagaand by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat 5,7 kg kokaïen in haar besit gevind is.
ToekomsVenster: Ek word geroep
Wanneer ek ja antwoord op God se roep, verander my lewe. Dit is nie meer net ’n gesprek oor sonde nie, dit is ook ’n gesprek oor my dag tot dag lewe. Ek en jy is nou die draers van die evangelie en mense ontmoet God in ons.
Is daar iets waaroor jóú hart bly is?
Te midde van knersend moeilike finansiële omstandighede het die ma besef sy moet hulle twee kleuters beskerm. Sy moes iets doen dat ten minste hulle tweetjies positief bly. Ná afleggings by haar man se werk het dinge dadelik versleg. Hulle het dit nooit breed gehad nie, maar die finansiële druk het sy tol begin eis.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 9 Mei 2016
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
[Foto’s] Jong vrou sterf in Potch-botsing
ʼn Vrou in haar 20’s is dood nadat twee motors Sondagaand buite Potchefstroom in Noordwes gebots het.
Boek: Tussen die klippe
Die jongste boek uit die pen van die bekroonde skrywer, Hans du Plessis
KZN-reën: Twee kinders dood, honderde ontwortel
Twee kinders is die afgelope naweek in Durban dood en honderde mense ontwortel weens die hewige reën en kitsvloede aan die KwaZulu-Natalse kus.
Man kritiek ná Kby-skietvoorval
ʼn Man is kritiek beseer nadat hy Sondag in Kimberley in die Noord-Kaap geskiet is.
Man, vrou sterf ná rivier bakkie meesleur
ʼn 66-jarige man en ʼn 49-jarige vrou is dood nadat die bakkie waarmee hulle gery het deur ʼn rivier meegesleur is in die Oos-Kaap.
Gedagte vir die dag: Volle vertroue
Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel. (Psalm 31:25)