Ons mense kan tereg vra: “Is daar ’n toekoms?” By Solidariteit laat ons nie toe dat die toekoms met ons gebeur nie; ons bou ’n toekoms.
Alles vir Donderdag 19 Mei 2016
SAID-beampte ontvoer: Drie hoor oor borgtog
Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Anisah Moosa, ʼn beampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), ontvoer het, het Donderdag in die Polokwane-streekhof om borgtog aansoek gedoen.
Het die rand werklik sedert ‘Nenegate’ versterk?
Sedert Desember 2015, toe die minister van finansies, Nhlanhla Nene, onder verdagte omstandighede ontslaan is, is groter onbestendigheid van die rand ʼn algemene verskynsel.
Legendariese SA-sjef sterf
Huldeblyke van regoor die wêreld stroom in vir ʼn legendariese Suid-Afrikaanse sjef wat Donderdag in die ouderdom van 67 gesterf het.
Geen werk, toe maak ingenieur plan!
ʼn Johannesburgse vrou met ʼn graad in chemiese ingenieurswese van Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het vandeesweek ʼn kreatiewe plan beraam om ʼn werk te kry, nadat sy verskeie kere vergeefs vir werk aansoek gedoen het.
[Resep] Pan-broodpoeding
Hierdie poeding kan natuurlik baie spoggerig raak as die melk met room en die suiker met vanielje-strooisuiker vervang word, maar die basiese beginsels bly dieselfde.
Pa help glo seun se aanvaller doodslaan
“Die man het die seun voorgekeer en met ʼn mes in sy linker bors gesteek, waarna hy sy tablet-rekenaar gegryp en gevlug het.”
[Foto’s] Maak tuisgemaakte musiekinstrumente
Kinders is dol daaroor om hul eie musiek te maak. Met dié handige wenke is dit net soveel pret om self die instrumente te maak!
Nooit of nou – ShoNeill
Met verlede jaar se Afri-Visie-kompetisie op kykNET, het die publiek vir die eerste keer van ’n aantal nuwe liedjieskrywers en kunstenaars kennis geneem. Een van hulle is ShoNeill, wie se eerste album, Nooit of nou, pas vrygestel is.
Boer beroof ná aanlyn-advertensie
“Die volgende oomblik het een van hulle ʼn vuurwapen uitgepluk.”
Betaal ons ʼn te hoë prys vir wêreldklas skole-aktiwiteite?
Dr. Pierre Edwards, hoof van die Afrikaanse Hoër Seunskool meen ons funksionele skole met hul besondere buitemuurse aanbod het – tussen wêreldklasskole – nie hul gelyke nie.
Valke kap SAKP oor ‘kwaadwillige beskuldigings’
Die Valke het Woensdag heftig gereageer oor die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) se “kwaadwillige beskuldigings” teenoor die Valke-hoof, Berning Ntlemeza.
ToekomsVenster: Kom ons lees nog stories
Al hierdie stories of verhale oor mense help ons, want daar gebeur iets met ons – ons kan onsself in die verhale inlees. Of dit die twyfel van ’n Gideon is, die verloëning van ’n Judas en of dit die ongeloof van ’n Thomas is wat eers die hande en voete van Christus wil raaksien voordat hy verder sal glo! Ons lees en sien onsself in hierdie verhale. Ons besef dit is nie net ons wat Hom nie raaksien nie; die Emmausgangers het Hom ook nie raakgesien nie.
‘Vermiste’ EgyptAir-vliegtuig het glo neergestort
Verwarring heers of die vliegtuig van EgyptAir, wat Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn het, neergestort het.
Nuuskommentaar: “Ons toekoms is te belangrik om dit net aan die ANC oor te laat.”
Gaan die Afrikaner sy toekoms in die hande van die administrasie van pres. Jacob Zuma se regering oorlaat, of gaan hy op ʼn wettige wyse saamstaan en deur die Solidariteit Beweging se #OnsBou-aksie ʼn sinvolle toekoms vir toekomstige geslagte verseker?
Paradigmaskuif: kritiek vir Afrikaners se voortbestaan
Ons bly in Afrika. En Suid-Afrika is net nog ʼn Afrika-land. Hierdie paradigmaskuif is tans broodnodig, veral vir Afrikaners. Dit is nodig, want sonder hierdie skuif, kan voldoende beplanning nie gedoen word vir die toekoms nie.
Taalgebruik: minlik en nimlik
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen “nimlik” en “minlik”
Passasiervliegtuig verdwyn oor Middellandse See
ʼn Airbus A320-vliegtuig van EgyptAir, met 66 mense aan boord, het Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn.
Man val vier verdiepings ver
ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure vier verdiepings ver uit ʼn woonstelblok in Wonderboom-Suid, Pretoria, geval het.
Boekbekendstelling: Wat sê jy?
Onder leiding van Liesel Krause-Wiid, is 40 vrouedominees gevra om elkeen ’n Bybelvers te kies en te skryf oor die impak van jou woorde. Nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy beslis twee keer dink voor jy praat!