Kroonstad het Saterdag op sy tuisveld die voorloper in die Griffons-Luiperdsoorgrensreeks se Tweede Liga geklop.
Lees meerAlles vir Woensdag 25 Mei 2016
WP-liga: SKW stuit SA oop klubs se kampioen
Die oop klubs se nasionale kampioen, Durbanville Bellville, het Vrydag in die Groenpuntstadion slae by Schotschekloof Walmers (SKW) gekry.
Griekwasliga: Upingtonners dreun mekaar op
Die twee Upingtonse spanne in die Griekwarugbyunie (GRU) se Superliga is in `n kwaai stryd gewikkel om die heerskappy in die liga se Westelike Afdeling.
Luiperdsliga: Warriors ransel Klerksdorp af
Rustenburg Warriors het Klerksdorp o.21 Saterdag deeglik afgeransel in die Luiperds se reeks om die Jaap Steynbeker.
[Video] Elvis Blue se skattige oomblik saam met dogters
ʼn Prettige video wat Woensdag op sosiale media gedeel is, bewys Elvis Blue is nie net ʼn ster op die verhoog nie, maar ook in sy eie sitkamer.
SWD-liga: grofgeskut het bewaarders aan flarde
Dysselsdorp Rangers het Korrektiewe Dienste Saterdag oortuigend in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Karooliga geklop.
‘Onderwyswet bedreig akademiese uitnemendheid’
Toenemende staatsbeheer oor openbare universiteite hou ʼn groeiende gevaar vir akademiese vryheid, institusionele onafhanklikheid, gehalte-universiteitsopleiding en gehaltenavorsing in, het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, Woensdag gesê nadat die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys deur die parlement ingestem is.
23 vas na betoging oor water
Geweld oor watertekorte het Dinsdag in die KwaZulu-Natalse dorp, Jozini, uitgebreek.
Griffons-Oos-liga: Marquard skud voorloper
Marquard het Saterdag grootliks verras deur die voorloper in die Suidstreek van die Griffons-Oos-liga oortuigend te klop.
Vrou vas wat glo vlug van ongelukstoneel
KwaZulu-Natalse polisiebeamptes het ʼn 37-jarige vrou in hegtenis geneem nadat sy glo ná ʼn gru-ongeluk, waarin twee mense dood is, van die toneel gevlug het.
Boer vas oor ‘gesteelde’ koperdraad
ʼn Noord-Kaapse boer is in hegtenis geneem nadat gesteelde koperdraad op sy plaas, 50km buite Kimberley, gevind is.
Afleggingsooreenkoms vir Lily-mynwerkers
Die vakbond Solidariteit het Woensdag ná ʼn week se onderhandeling ʼn ooreenkoms met die sakereddingspraktisyn bereik oor die inhoud van die afleggingspakkette wat Lily-mynwerkers wat daarvoor aansoek doen, gaan ontvang.
Valkeliga: dissipline kos ERU duur teen Panne
Swak dissipline het East Rand United (ERU) se kans om vir `n opskudding teen die Valkekampioen, Brakpan, te sorg verlore laat gaan.
[Foto’s] Tydelike tatoes vir siek kinders
Die Nieu-Seelandse kunstenaar, Benjamin Lloyd, het geweldige positiewe reaksie op sosiale media uitgelok nadat hy aangebied het om tydelike tatoes vir siek kinders in die Auckland Starship-kinderhospitaal te gee as sy Facebook-inskrywing 50 keer ge“like” word.
Sylvester binnekort na nuwe tuiste
Sylvester, die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes se rondloperleeu, sal Vrydag na sy nuwe tuiste in die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap geskuif word.
Tien vas na Wolmaransstad betoging
Tien mense is in hegtenis geneem en verskeie winkels geplunder tydens ʼn gewelddadige betoging Dinsdagaand in Wolmaransstad, Noordwes.
Simfonie-uitvoering by Aula in Pretoria
Die Simfonie-orkes van die Universiteit van Pretoria (Upso) bied Sondag ʼn program aan wat iets vir elkeen sal bied in ʼn konsert getitel True Colours.
Raaiselagtige skietvoorval op KZN-plaas ondersoek
ʼn Boer (73) is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagoggend op sy plaas naby Byrne Village in Richmond, KwaZulu-Natal, geskiet is.
Limpopo-leeuslagtings: ‘Moetie dalk vir kriminele’
Die vlaag leeuslagtings in Limpopo die afgelope week, hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark, wat onder meer vir bemagtiging of kriminele elemente aangewend kan word.
Hoekom gebruik mense Facebook?
ʼn Onlangse studie in ondernemingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch het antwoorde gesoek op sommige mense se obsessie met sosiale media, terwyl ander sirkels stap om dié neiging.