Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek glo ʼn voorval toe lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid Dinsdag buite sakeondernemings in Stilfontein, Noordwes, na bewering lede van die publiek gedwing het om op die grond te lê terwyl hulle skote afgevuur, skokgranate gegooi en private eiendom beskadig het.
Alles vir Woensdag 25 Mei 2016
BBRU-liga: skild Naka s’n; Tukkies op wenpad
Die Naka Bulle het die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Lucas Strachanskild gewen, en die Tukkies is weer op die wenpad.
[Foto’s] Renosterkalfie ná dae alleen gered
ʼn Ses maande oue renosterkalf was dae lank op ʼn plaas naby Hoedspruit in Limpopo aan haar eie genade oorgelaat nadat haar ma vermoedelik deur stropers doodgeskiet is.
Kaapstad as kreatiefste stad aangewys
Kaapstad het onlangs agt ander stede uitgestof en is aangewys as die kreatiefste stad ter wêreld.
Meer leeus in Limpopo dalk vir moetie geslag
Skaars vyf dae nadat twee wit leeus op ʼn plaas in Limpopo vergiftig is voordat hulle koppe en pote verwyder is, is nog twee soortgelyke voorvalle by die polisie aangemeld.
‘Lesufi wen, maar kinders verloor’
“Lesufi en die regerende elite se politieke agenda geniet hoër prioriteit as kinders se behoefte aan gehalte-onderrig in hul gemeenskap. Lesufi se stryd is nie vir beter en toegankliker onderwys vir alle leerders nie, maar teen Afrikaans en haar sprekers”
[Video] Weermag betaal geskorste soldate miljoene
Sewe jaar en meer as R560 miljoen later is die weermag stééds nie seker wat presies sy plan is met sowat 500 soldate wat hy in 2009 geskors het nie.
Nuuskommentaar: As die middelgrond wegval
Kan Suid-Afrika iets leer uit die eindronde van die Oostenrykse presidentsverkiesing waar ’n Groene naelskraap met ’n ekstreem regse afgereken het? Boonop is daar ’n soortgelyke verloop in die VSA. Suid-Afrika is egter ’n heterogene land en stemgedrag moet meer gesegmenteerd bekyk word waar dit lyk of die opkoms van burgerlike bewegings soos die Solidariteit Beweging as teenvoeter dien vir magteloosheidspolitiek – en dit vanuit die sentrum doen.
Gedig: Boggom en Voertsek
“Boggom en Voertsek het saam gelewe waar die Hantam-berge pryk…” Lees C Louis Leipoldt se verhaal oor Boggom en Voertsek
Pumasliga: Hazyview-vleuel druk vier keer
`n Vleuel van Hazyview het Saterdag vier drieë vir sy span teen Nelspruit in Ehlanzeni se burgemeestersreserweliga gedruk.
Orkney-paar gesoek vir ‘skelmstreke’
Die Noordwes-polisie is dringend op soek na twee mans in verband met verskeie klagtes van bedrog en diefstal wat in Orkney gepleeg is.
Skaterlag saam met dié komediante
Vergeet van al jou bekommernisse en lag ʼn slag saam met gewilde komediante soos Melt Sieberhagen en Shimmy Isaacs en selfs Suzelle DIY en Karen Zoid.
ToekomsVenster: Missio dei – om die Koninkryk van God te vestig
Die Koninkryk het ook nie paspoorte, vlae en ’n volkslied soos wat ons eie land (Suid-Afrika) het nie. Dit het, soos ons reeds beskryf het, ook nie definitiewe geografiese grense nie. Die Koninkryk word beskryf dat dit is soos suurdeeg wat in en deur mense alles en almal aanraak, of soos sout wat keer dat kos laf word. Die Koninkryk is anders en ons lidmaatskap is anders.
Omstrede onderwyswet aanvaar
Die omstrede Wysigingswetsontwerp oor Hoër Onderwys wat onder skoot gekom het oor die magte wat dit Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gee, is in die parlement ingestem.
STROOP: Op pad na die geheime ontmoeting met ʼn renosterhoring-verbruiker
Bonné de Bod en Susan Scott, die vervaardigers van die dokumentêre fliek STROOP, skryf in dié rubriek oor hul ervaring met die gebruikers van gestroopte renosterhoring in Hanoi in Viëtnam.
[Resep] Esau se lensiesop
Die lensies kan ook oornag geweek word. Raadpleeg die instruksies op die verpakking.
Parys-boere: Nog drie vas
Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die saak teen die Parys-boere wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers.
Toename in private universiteite in Afrika
Verskeie nuwe projekte word in die vooruitsig gestel. Só beplan die African Leadership University om 25 universiteite binne die volgende 25-30 jaar op te rig. ʼn Kampus is onlangs in Mauritius geopen, wat binnekort gevolg gaan word deur kampusse in Rwanda en Nigerië.
Skolier kritiek ná tref-en-trap
ʼn 13-jarige skolier is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Dinsdagmiddag in Kempton Park aan die Oos-Rand tydens ʼn beweerde tref-en-trap-voorval raakgery is.
SA-vrou sterf op Everest: ‘Sy was ʼn ongelooflike mens’
“Robert het haar probeer bybring maar dit was vergeefs.”