Mihke Nel (23) wat Dinsdag spoorloos verdwyn het nadat sy ʼn paniekerige oproep na haar tannie gemaak het, is gevind.
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 Julie 2016
Opposisie moenie Tshwane wen nie, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê dit sal ʼn vernederende nederlaag wees as Gauteng se munisipaliteit, veral Tshwane en Johannesburg, tydens die munisipale verkiesing deur opposisiepartye oorgeneem word.
Man steek homself in polisiestasie aan die brand
ʼn Polisiestasie in Hillcrest, KwaZulu-Natal, het Dinsdag onder skoot gekom ná ʼn man in die aanklagkantoor petrol oor homself uitgegooi en daarna aan die brand gesteek het.
SA verdedig sy VN-stem teen internetvryheid
Die Suid-Afrikaanse regering het sy omstrede stem teen sleutelelemente van ʼn VN-resolusie wat internetvryheid wil ondersteun, verdedig en verwys na die plaaslike debat oor die kriminalisering van rassistiese haatspraak.
Damvlakke styg in Wes-Kaap
Volgehoue reën in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat damvlakke in die provinsie gestyg het.
KZN-liga: Richardsbaai, Hillcrest hou sleutel
Die twee voorste spanne in die KwaZulu-Natalse Eerste Liga (Suid), Richardsbaai en Hillcrest, spring Saterdag in `n sleutelstryd in die aanmekaar nadat albei die afgelope naweek wegholoorwinnings behaal het.
Pannarweek galmende triomf vir Elsenburg
Die SA landboukolleges se afgelope Pannarweek op Potchefstroom was `n galmende triomf vir die Elsenburg-landboukollege by Stellenbosch.
‘SAUK-beleide strydig met ANC se beleide’
Die ANC het Dinsdag gesê die SAUK se besluit om sy redaksionele beleid te wysig en nie geweld tydens betogings uit te saai nie, is teenstrydig met die regerende party se beleidsposisionering.
Gemeenskap soek saam na Centurion-vrou
Verskeie rolspelers in die Centurion-gemeenskap het kragte saamgespan om te soek na ʼn 23-jarige vrou, wat glo ʼn paniekerige oproep na haar tannie gemaak het, voordat sy spoorloos verdwyn het.
Vrou sê jammer vir rassistiese twiets; MRK ondersoek nog nie
Palesa Sotjifa, ʼn vrou wat berug geraak het vir haar rassistiese twiets, word steeds nie deur die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek nie.
‘3 Augustus is Suid-Afrika se referendum’
Die munisipale verkiesing op 3 Augustus sal dien as ʼn “referendum” vir die rigting waarin Suid-Afrika moet gaan.
Die wêreld in foto’s – 5 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Video] Groot skenkings vir Plastic View-inwoners ná brand
Die Moreletapark-gemeente in Pretoria het vandeesweek ingespring om derduisende mense by te staan wat die afgelope naweek dakloos gelaat is ná ʼn verwoestende brand by ʼn informele nedersetting in Pretoria.
Verwikkeling in soektog na vermiste seun
Die soektog na ʼn vermiste albino-seun van KwaZulu-Natal het tot die inhegtenisneming van ʼn vrou gelei wat na bewering ʼn albino seun vir R100 000 aan ʼn sangoma wou verkoop.
[Video] Só lyk ʼn dapper muis
ʼn Video wat die ronde op sosiale media doen, wys hoe ʼn rot verwoed ʼn slang aanvat toe die slang met die rot se kleintjie in sy bek probeer wegseil.
Zuma vra uitstel by MRK
President Jacob Zuma het die Menseregtekommissie (MRK) vir uitstel gevra om te reageer op die klag van haatspraak wat die VF Plus teen hom ingedien het.
‘Anoniem’: ʼn Eerlike blik op geweld teen vroue in SA
Die verhoogproduksie, Anoniem: dit kon jou naam wees, handel oor geweld teen vroue en is eersdaags by die Batter Boys Village in Montana in Pretoria te sien.
Griffons-Oosliga: twee uit twee vir Oudskoliere
Albei Bethlehem-Oudskoliere se spanne het met die afhandeling van die rondomtalie vir die Griffons-Oosliga se halfeindstryde komende Saterdag in aanmerking gekom.
14-jarige sterf by inisiasieskool
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na die dood van ʼn 14-jarige seun by ʼn inisiasieskool.
SAUK-krisis wys hoe belangrik gemeenskapsmedia is
Die storms wat nou by die SAUK woed, wys hoe kwesbaar die openbare media vir politieke oorname is.