Die National Freedom Party het Woensdag gesê hy sal die konstitusionele hof nader rakende die party se diskwalifikasie om aan die munisipale verkiesing op 3 Augustus deel te neem.
Alles vir Woensdag 6 Julie 2016
Nuwe era vir SA-whisky
Jeff Green is aangestel as die nuwe bestuurder van die James Sedgwick-distilleerdery in Wellington. Green neem die leisels oor by Andy Watts wat dié pos 25 jaar lank beklee het.
SAUK sê ANC se verklaring is misleidend
Die SAUK het gesê dat sy voorneme om nie geweld tydens betogings uit te saai nie ʼn redaksionele standpunt is, en nie ʼn beleidsverandering nie.
Maroela Media nou 9de grootste in SA
Maroela Media het pas die posisie ingeneem as die negende grootste nuuswebwerf in Suid-Afrika.
Plase in dié provinsie die gevaarlikste
TLU SA het Dinsdag bekend gemaak altesaam 186 plaasaanvalle is reeds vanjaar by dié organisasie aangeteken.
[Foto’s] Kaapse herehuis vir rekordbedrag verkoop
ʼn Duitse advertensiebaas het vandeesweek die duurste huis nóg in Kaapstad vir ʼn rekordbedrag van £14,5 miljoen (bykans R278 miljoen) gekoop. ʼn Luukse Porsche Cayenne en ʼn Aston Martin DB9 was ook deel van dié ooreenkoms.
Centurion-vrou in parkeerterrein gevind
Mihke Nel (23), die Centurion-vrou wat Dinsdag nagenoeg ses ure lank soek was ná ʼn paniekerige oproep na haar tannie, gaan Woensdag traumaberading ontvang.
Video: Jennifer Zamudio vertel oor splinternuwe album
Die sangeres Jennifer Zamudio, het pas haar elfde en jongste album, Ongelooflik, vrygestel en vertel dié album se internasionale invloed gaan dit ʼn gunsteling onder aanhangers maak.
Oscar Pistorius gevonnis
Oscar Pistorius is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.
‘Twee grade van moord’ aangewys as beste fliek
Die Afrikaanse fliek, Twee Grade Van Moord, het pas die toekenning vir die beste fliek by die Indie Karoo-filmfees gewen.
ToekomsVenster: Sit ’n nuwe bril op
Mense wat bril dra sal die gewoonte waardeer. Hulle sal weet hoe belangrik dit is om gereeld jou bril skoon te maak of om ’n nuwe bril te kry. Sit ’n nuwe bril op, vra dat ek en jy nuut sal kyk na goed. ’n Nuwe bril help jou om “ou” goed weer op ’n ander manier raak te sien.
Valke sê O’Sullivan is ʼn vlugrisiko
Die Valke voer aan Paul O’Sullivan, ʼn forensiese konsultant en ondersoeker, is in hegtenis geneem omdat hy ʼn vlugrisiko is en glo in ʼn e-pos sy voorneme uitgespreek het om in ballingskap te gaan.
Gedig: Ek het ‘n huisie aan die rand
“Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag. Ek het my huisie tweemanhoog ommuur; ‘n draad gespan; ‘n kopbeen sê: Bly weg!” Lees Pirow Bekker se gedig.
Nuuskommentaar: Afkophoenders op loop in SA
Die positiewe sy van Jackson Mthembu van die ANC se skerp woorde teen die opspraakwekkende verwikkelinge binne die SAUK word oorskadu deur ʼn rits verwikkelinge in Suid-Afrika gister wat op regeringschaos dui. Selfs Mthembu se optrede is kommerwekkend, omdat dit op ʼn algehele gebrek aan die onderskeid tussen regerende party en staat dui.
Tieners kritiek beseer in ‘speletjie’
Twee tieners is in ʼn kritieke toestand na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem, nadat hulle Dinsdagaand in ʼn lewensgevaarlike “speletjie” beseer is.
Man gevonnis na hy perd vir dood agterlaat
ʼn Vrystaatse man is aan dieremishandeling skuldig bevind, nadat hy ʼn perd erg geslaan het met ʼn waaierband en vir dood agtergelaat het.
Oscar Pistorius vandag gevonnis: Só het gebeure ontvou
Regter Thokozile Masipa sal Oscar Pistorius vandag vonnis vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.
Eskom se wins styg skerp
Eskom sal nie langer Suid-Afrika se groei aan bande lê nie, het die kragverskaffer se voorsitter gesê nadat die staatsinstelling se wins vir die jaar tot einde Maart skerp gestyg het.
ANC vergader met minister oor SAUK
Mthembu het die SAUK se topbestuur beskuldig van ʼn gebrek aan leierskap.
Gedagte vir die dag: Waardeer sy genadegawe
En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. (2 Petrus 1:5–7)