“Hy het in Augustus een oggend opgestaan en gekla dat hy nie sy oë kan oophou nie en dat sy lyf baie seer is. Ons het groot geskrik en hom na die hospitaal gehaas, waar hy met varkgriep gediagnoseer is,” het die sanger gesê.
Alles vir Donderdag 15 September 2016
Diskusgooier veil medalje op vir kind se kankerbehandeling
Die Poolse diskusgooier Piotr Małachowski het onlangs positiewe reaksie ontvang nadat hy sy Olimpiese silwermedalje opgeveil het om vir ʼn driejarige seuntjie se kankerbehandeling te betaal.
[Foto’s] Pta-spruit skoongemaak ná dieselstorting
ʼn Skoonmaakoperasie is steeds by die Moreleta-spruit in die ooste van Pretoria aan die gang nadat diesel in die spruit gestort is.
Pretoria FM sprei vlerke na Namibië
Pretoria FM bereik binnekort ʼn volgende mylpaal wanneer uitsendings van hierdie Afrikaanse radiostasie via DStv se oudio-platform herlei word na Namibië.
Hardlooprugby, skrumstryd wag in Bloemfontein
Vir die Goue Leeus is Donderdagaand se Curriebekerwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein een wat hulle móét wen met die oog op die uitspeelwedstryde; vir die onoorwonne Cheetahs is dit een wat hulle graag sou wou wen om momentum te behou.
[Foto’s] Spoggeleentheid vir ‘Sy klink soos lente’ in Johannesburg
Die span van Sy klink soos lente, die romantiese komedie deur Bouwer Bosch Films en The Film Factory, het Woensdagaand in hul volle glorie saamgetrek vir die Johannesburgse première van dié splinternuwe rolprent.
[Resep] Grenadella-yskastert
As jy op ʼn dieet is, moet jy liefs verbyhou. Of jy kan volgende Maandag weer probeer…
Nuuskommentaar: ‘Regstellende aksie’ in die kookpot
Solidariteit het onlangs die Suid-Afrikaanse regering by ’n VN-agentskap onder druk geplaas oor rassisme. Die aksie het pas die eerste dividende gelewer toe die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) antwoorde van die regering verlang het oor vermeende rassistiese gebruike.
Paralimpiese Spele 2016: Silwerware stroom in
Suid-Afrika kan nou met sy negende medalje spog wat tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro in Brasilië ingepalm is.
Voorverhoor begin vandag in Panayiotou-moordsaak
Voorverhoorverrigtinge in die Jayde Panayioutou-moordsaak sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth begin.
Uitdrukking: Die kat die bel aanbind
Leer sommer so tong in die kies danksy Afrikaans.com wat die uitdrukking, “Die kat die bel aanbind” beteken.
Vrou sterf ná kaping: Vyf in hof
Vyf skoliere wat na bewering betrokke was by die kaping in Port Elizabeth waartydens Magda van Vuuren (53) geskiet en later dood is, sal vandag in die hof verskyn.
[Resensie] Riana Nel – ‘Jy sal weet’
Riana Nel het sekerlik tans ook een van die beste stemme in ons land. Haar nuwe album is reeds besaai met verskeie toekomstige enkelsnitte, met die titelsnit, “Jy sal weet”, wat sterk uitstaan.
[Entrepreneurskap] Tegnologie en mediese nooddiens ontmoet mekaar hier
Jaco Gerrits bedryf reeds die afgelope 14 jaar tegnologiebesighede, die nuutste maatskappy is CrashDetech, ʼn slimfoon-applikasie (app) wat outomaties ongelukke aanteken.
Luister: Is daar kitsoplossings vir groot probleme in ʼn verhouding?
Ds. Deon noem ʼn paar voorbeelde uit mense se lewe wat hoop kan gee vir mense met verhoudingsprobleme.
Afsterwe van 36 psigiatriese pasiënte ondersoek
Die minister van gesondheid het Woensdag gesê bewerings dat 36 psigiatriese pasiënte in Gauteng gesterf het nadat hulle in die sorg geplaas is van nie-regeringsorganisasies (NRO’s), word ondersoek.
Te veel groot oorwinnings in GB stel teleur
Te veel groot oorwinnings in die eerste ronde van die groepfase van die reeks om die Goue Beker (GB) Saterdag stel in `n mate teleur.
DNS-toetse vir geboortesertifikaat ʼn klug
Die departement van binnelandse sake het gesê gerugte op sosiale media dat DNS-toetse vereis word om nuwe geboortes te registreer, is vals.
Dokter in hof wat glo Vergoedingsfonds bedrieg
Dr. David Michael Adams het Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag dat hy die Vergoedingsfonds van die departement van arbeid uit byna R400 000 bedrieg het.
Gedagte vir die dag: God is in beheer
Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. (1 Korintiërs 12:4–6)