Dit was die ou-ou cliché van twee helftes, maar die Vrystaat Cheetahs se helfte was stukke beter en hulle het die Goue Leeus Donderdagaand in Bloemfontein 37-29 geklop.
Lees meerAlles vir Donderdag 15 September 2016
OB dagvaar kabinet in staatskaping-ondersoek
Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het die kabinet gedagvaar om inligting aan haar te verskaf in haar ondersoek na bewerings van staatskaping deur die invloedryke Gupta-familie.
Simba Mhere-ongeluk: Saak weer uitgestel
Preshalin Naidoo (24), wat tereg staan op twee aanklagte van strafbare manslag nadat hy in ʼn botsing betrokke was waarin die aanbieder Simba Mhere (31) en sy passasier dood is, het Donderdag weer in die hof verskyn.
Video: Noodwerkers betoog oor aanvalle
Wes-Kaapse nooddienste het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om aanvalle op mediese personeel te staak. Nooddienspersoneel van regoor die provinsie het ʼn optog in Philippi buite Kaapstad gehou, ná maande se wrede aanvalle op hul kollegas.
Man deur trein doodgery
ʼn 37-jarige man is dood nadat hy Donderdag in Kempton Park aan die Oos-Rand deur ʼn trein getref is.
Lambie na drie maande terug vir die Sharks
Pat Lambie, wat meer as drie maande gelede harsingskudding in die eerste toets teen Ierland opgedoen het, sal die naweek die eerste keer weer by ʼn wedstryd betrokke wees.
ToekomsVenster: Die derde gawe wat onthul of openbaar
Help my om te kan onderskei wanneer bose magte opereer, sodat niks my verhinder om U werk te doen nie.
Die wêreld in foto’s – 15 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Geen eensame pouses meer met dié app nie
Natalie Hampton, ʼn 16-jarige leerder van Kalifornië in die VSA het, nadat sy talle kere deur ander kinders geboelie is en etenstyd alleen moes deurbring, ʼn app bekendgestel wat dit maklik vir leerders maak om maats te vind tydens etenstye of pouses.
Staat na appèlhof oor Oscar-vonnis
Die staat gaan die appèlhof direk nader oor Oscar Pistorius se ses jaar vonnis vir moord.
Top-amptenaar by inkomstediens geskors
Die departement van finansies het Donderdag gesê hy neem kennis van die skorsing van die tweede in bevel by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Jonas Makwakwa.
Twee NVG advokate van rol geskrap
Twee hooggeplaaste amptenare van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), adv. Nomgcobo Jiba en adv. Lawrence Mrwebi, se name is Donderdag van die rol van advokate geskrap nadat die Algemene Balieraad van Suid-Afrika ʼn aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring het.
Krugersdorp-mesmoord: Slagoffer se naam bekend
Die naam van die man, wat in sy bed in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand met ʼn mes aangeval en vermoor is, is bekend gemaak.
Stormwaarskuwing vir Kaap uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Kapenaars Donderdag gewaarsku dat ʼn hewige storm en kouefront die stad binnekort gaan tref.
Kabinet ‘ook onkant gevang’ deur Zwane-verklaring
Jeff Radebe, woordvoerder van die kabinet en minister in die presidensie, het Donderdag gesê kabinetslede is ook onkant gevang deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, se uitsprake dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word na die banke wat hul verhoudings met die Gupta-familie verbreek het.
Panayioutou-moord: Verhoordatum vasgestel
Die datum van die verhoor in die Jayde Panayioutou-moordsaak is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth vasgestel. Byna twee maande is uiteengesit vir die verhoor.
[Foto’s] Meer as 440 uitstallers by vanjaar se AAD-wapenskou
Vanjaar se Afrika lugmag- en verdedigingskou by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria spog met meer as 440 uitstallers van 34 lande.
Man vertel van nagmerrie tydens hengeluitstappie
“Ek het net vir myself gesê ek kan nie nou flou word nie, want ek moet vir Fred by ʼn hospitaal kry. Ek het die hele tyd gevoel hoe die bloed uit my keel stroom, maar ek moes net wakker bly.”
Nuuskommentaar: Is ’n toestand van geen werkloosheid moontlik?
Die Deense nasionale bank het pas aangekondig dat Denemarke formeel geen werkloosheid het nie. Is daar nie net te veel onkundige politiek in Suid-Afrika vaardig om die ekonomie behoorlik te laat funksioneer nie?
Party eis LUR se kop ná dood van pasiënte
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Donderdag versoek dat Qedani Mahlangu, Gauteng se LUR van gesondheid, moet bedank of afgedank moet word nadat dit aan die lig gekom het dat 36 psigiatriese pasiënte oor die afgelope vier maande in Gauteng gesterf het.