Twee vermeende rowers en ʼn lid van die publiek is dood nadat ʼn woedende skare Donderdag reg in eie hande geneem het in ʼn informele nedersetting buite Pretoria.
Alles vir die maand September 2016
Student wat op man urineer vandag gevonnis
Djavan Arrigone, ʼn model en voormalige student van die Universiteit van Kaapstad, gaan na verwagting Vrydag in die Wynberg-landdroshof gevonnis word nadat hy van die balkon van ʼn nagklub op ʼn man geürineer het.
Skooluitstappie eindig tragies
ʼn Skooluitstappie in Krugersdorp het Donderdagmiddag tragies geëindig.
Hlaudi kry weer groot verhoging ondanks verlies
Hlaudi Motsoeneng, groepbestuurder vir korporatiewe sake by die SAUK, het in die afgelope boekjaar weer ʼn groot verhoging gekry, ondanks die openbare uitsaaier se nettoverlies van R411 miljoen.
Epilepsielyer verdrink in swembad
ʼn Man het Donderdagmiddag verdrink in ʼn swembad by ʼn huis in Mount Edgecombe in Umhlanga, KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Moet jou nie bekommer nie
As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? (Matteus 6:30)
Belangrike laaste naweek vir Curriebekerglorie
Die felste stryd van vanjaar se Curriebekerreeks wag waarskynlik op die spelers wat Vrydagaand vir die Goue Leeus en die Sharks op Ellispark uitdraf in ʼn wedstryd wat die sukses van die twee spanne se seisoen sal bepaal.
Eendagreeks: die fokus is reeds op die toetsreeks
Suid-Afrika en Australië speel Vrydag op Centurion in die eerste van vyf eendagwedstryde voordat hulle oor net meer as ʼn maand drie toetswedstryde in Australië sal speel.
Sanef verwelkom uitspraak teen seinblokkeerder
Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het Donderdag die appèlhof se uitspraak verwelkom dat die seinblokkeerder, wat tydens verlede jaar se staatsrede by die parlement gebruik is, onwettig was.
Paul O’Sullivan se saak tot Oktober uitgestel
Die privaat forensiese ondersoekbeampte Paul O’Sullivan, wat daarvan beskuldig word dat hy die land se immigrasiewette oortree het, het Donderdag die Kempton Parkse landdroshof versoek om sy borgtogvoorwaardes te verslap indien sy saak nie kan voortgaan nie.
Wes-Kaapse damvlakke steeds laag
Ondanks onlangse lentereën, het damvlakke in die Wes-Kaap slegs gering gestyg, het die departement van omgewingsake Donderdag gesê.
Video: Kommer oor grondhervorming
Politieke ontleders is steeds bekommerd oor die uitwerking van die regering se beleid oor grondhervorming op die landbousektor.
Video: Limpopo-universiteit ook toe weens geweld
Die Universiteit van Limpopo het ook sy deure vir ‘n onbepaalde tydperk gesluit.
Presidensie verwerp gerugte oor skuiwe in die kabinet
Die presidensie het Donderdag in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van ʼn lys van name wat op sosiale media die ronde doen oor ministers en adjunkministers wat na bewering in die kabinet geskuif gaan word.
ToekomsVenster: God is nie kort van draad nie
Mag God se wil hier by ons in SA geskied soos in die hemel! Mag jou gebede nuwe lewe verseker en lei tot Godgegewe liefde op aarde.
Talle beseer toe trein New Jersey-stasie tref
ʼn Passasierstrein het Donderdagoggend ʼn treinstasie in New Jersey tydens die oggendspitsverkeer getref.
Ernie trek ʼn grote nader vir SA Ope
Sekerlik die opwindendste gholfnuus die afgelope paar jaar is dat Rory McIlroy in Januarie 2017 aan die BMW Suid-Afrikaanse Ope op die Glendowerbaan in Ekurhuleni gaan deelneem.
kykNET Buite-ekspo perfekte uitstappie vir die gesin
Dis weer tyd vir die kykNET Buite Ekspo en dit lyk asof dit vanjaar nog groter en beter gaan wees.
“Komedie is ook realisties en eg,” sê Bosch
“Mense sê hulle hou daarvan dat die fliek so realisties is en dat mens voel die karakters en die storielyn is eg,” sê sy ingenome.
Vulstasie-aanranding: Hof sê oor borgtog
ʼn Groep mense het Donderdag buite die Rustenburg-landdroshof in Noordwes betoog waar die Coetzee-broers verskyn het vir die aanranding op die countrysangeres Mari Minnaar se pa, Jan Minnaar (68).