Die beleid, wat op 22 Junie 2016 aanvaar is, bepaal Engels sal van 2017 die primêre taal van onderrig by die Universiteit van Pretoria wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 1 Desember 2016
Oudminister terug in hof oor ‘omkoopgeld’
Sbu Ndebele, voormalige minister van vervoer, het na bewering R10 miljoen se omkoopgeld van Tasima aanvaar om die maatskappy se kontrak van meer as R2 miljard onregmatig te verleng.
Video: Parlementslede peper rugbybase met vrae
Suid-Afrika se rugbybaas, Mark Alexander, en die uitvoerende raad van SA Rugby moes bontstaan om vrae oor die Springbokke en transformasie te beantwoord toe hulle voor die Parlement se portefeuljekomitee oor sport verskyn het.
‘Castro moet nié ons rolmodel wees’
Die vakbond Solidariteit het Donderdag na adjunk-president Cyril Ramaphosa gekap nadat hy Fidel Castro as “een van die grootste revolusionêre van ons tyd” beskryf het.
Panayiotou-moordsaak nie vanjaar afgehandel
Die moordsaak teen Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes sal eers volgende jaar afgehandel word.
‘Inbreker’ sterf ná aanranding by tronk
ʼn Man, wat op parool was, is dood nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure op die perseel van die Virginia Korrektiewe Sentrum in die Vrystaat betrap en erg aangerand is.
Doodskis-video: Ondersoekbeampte met vrae gepeper
Konst. Dimakatso Bahula, die ondersoekbeampte, is deur die beskuldigdes se regsverteenwoordiger met vrae gepeper oor onder meer die voetpad wat die slagoffer beweer hy gebruik het, die kabelbinders waarmee hy na bewering vasgemaak is en of die beskuldigdes enige vuurwapens besit.
ToekomsVenster: Daar’s niks wat my God nie kan doen
Ons kinders sing: My God is so groot, so sterk en so magtig. Daar’s niks wat my God nie kan doen!
Nog bewerings, maar Byleveld swyg
“Nodeloos om te sê, dit is twee jaar later en na vele oproepe en navrae is ek ook die R20 000 kwyt en het ek geen antwoorde nie.”
SA top-kortflieks eerste op ShowMax
Die room van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf word jaarliks ten toon gestel tydens die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad. Nou kan jy dié rolprente ook in die gemak van jou huis op ShowMax kyk.
Valke wil volgende jaar hoog vlieg
Die Valke het verskeie versterkings gekry met die oog op die 2017-seisoen en ’n hele klomp staatmakers gaan ook weer hulle rugby in Kemptonpark speel.
[Video] Nuwe asem vir Koos Kombuis-treffer
Karen Zoid het Dinsdag vir Koos Kombuis ʼn nuwe jas aangetrek. Die troebadoer maak al vir byna drie dekades musiek en is bekend vir liedjies soos “Lisa se Klavier” en “Bicycle sonder ʼn Slot”.
Jong swanger vrou sterf skielik
ʼn Familie is in rou gedompel nadat ʼn 28-jarige vrou van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, wat vyf maande swanger was met haar en haar man se eersteling, skielik gesterf het.
Doodskis-video: Hof hoor oor dreigement van ‘bloedvergieting’
Sy het hierna bekend gemaak ʼn boer van die omgewing het Woensdag ʼn saak van intimidasie by die Blinkpan-polisiestasie geopen.
LUR kap na Afrikaanse skole noord van Pta
Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het aan ongelukkige ouers en die beheerliggame van die Hoërskole Montana en Overkruin gesê hy sal alles wat Hendrik Verwoerd gedoen het ongedaan maak.
Staatsaanklaer vas oor ‘omkoopgeld’ by hof
ʼn Staatsaanklaer van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn lokval gestel en hom op heter daad betrap het waar hy glo omkoopgeld ontvang het.
Modelbaas hoor dan eers sy lot
Die uitspraak teen die Johannesburgse modelagentskapbaas Dawie de Villiers, is Woensdag in die hooggeregshofsitting in Palm Ridge uitgestel.
Doodskis-video: Hof hoor ‘slagoffer’ se weergawe
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), die twee mans wat afgeneem is toe hulle na bewering ʼn ander man in ʼn doodskis gedruk het, se borgtogaansoek het Donderdag in die Middelburg-landdroshof begin.
Nuuskommentaar: Oliepryse wat die motor op dampe laat ry
Agter die jongste opwaartse lopie van die olieprys sit faktore soos ’n nuwe, brose ooreenkoms van Opul-lande om produksie in te kort. Tog verwag kenners nie dat dit tot veel meer as $55 per vat sal styg nie. Suid-Afrikaanse verbruikers sit egter met die bykomende probleem dat afkop-politiek die wisselkoers wipplank, meestal afwaarts, laat ry.
Goeie nuus vir Aardklop
Alexa Strachan, feesbestuurder, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die fees sal volgens die unieke model waarmee hy binne ʼn rekordtydperk beslag gekry het, bly voortbestaan.