“Jong, hier’s vleis vir minstens drie dae en drie nagte se eet en genoeg sous vir baie growwe brood met plaasbotter…
Alles vir die maand Januarie 2017
Drankraad verander van plan oor ‘naweekpas’
Die Gautengse Drankraad het gesê hy is vroeër oorval met versoeke dat die handelstye vir drank hierdie naweek verleng word en het aanvanklik besluit om wel die reëls hieroor vir die naweek te verslap.
‘Meer het hierdie feesseisoen verdrink’
Die meeste van die verdrinkings kan toegeskryf word aan swemmers wat deur seestrome meegesleur is, maar mense het ook in strandmere, swembaddens, riviere en damme verdrink.
Nuuskommentaar: Het Mantashe steelhou teen Zuma ingekry?
Besef Mantashe hoe omvangryk die implikasies van sy voornemens is?
Rassie en Jacques lag nou baie lekker
Een van die grootste foute wat Suid-Afrikaanse rugby begaan het, was om Rassie Erasmus deur sy net te laat glip.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika het uitstekend gevaar met die kolf in hul eerste beurt van die tweede kriekettoets teen Sri Lanka op Nuweland in Kaapstad.
Bekende oud-radioman gaan politiek betree
“Wanneer ek eers daar is sal ek nog meer uitgesproke wees,” het die voormalige radio-omroeper en televisie-persoonlikheid laat hoor.
Kommer oor ‘naweekpas’ vir ANC-vieringe
Die Gautengse Drankraad het ʼn sogenaamde “naweekpas” aangekondig vir drankverkope in die provinsie ter wille van die ANC se 105de verjaardagviering.
Bestuurder vas oor rooftog
Die assistentbestuurder van ʼn klerewinkel in Polokwane in Limpopo is saam met nog ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by dié winkel.
Vier sterf in Vrystaat-botsing
Vier mense is dood in ʼn botsing op die N3 naby Warden in die Vrystaat.
Gedagte vir die dag: Waaroor gaan die lewe nou eintlik?
Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. As iemand swak is, voel ek asof ek self ook swak is; as iemand in sonde val, voel ek asof ek ook deur vuur gaan. (2 Korintiërs 11:28-29)
Grizzlies wil stempel vroeg-vroeg afdruk
Tuine se Grizzlies wil hul stempel vanjaar vroeg-vroeg reeds afdruk wanneer die klub die eerste keer aan die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Flya-toernooi deelneem, hoewel hy dit reeds die afgelope twee jaar aanbied.
[Video] 2-jarige red tweelingbroer onder laaikas
ʼn Tweejarige seuntjie kon daarin slaag om sy tweelingboetie te help nadat ʼn groot laaikas op hom geval het.
Immigrant in tas gekry
ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn man in haar bagasie gevind is.
De Kock se honderdtal, boulers laat Sri Lanka steier
Suid-Afrika het Sri Lanka Dinsdag na die tweede dag van die tweede toets op Nuweland teen die planke gehad na ʼn skitterende honderdtal van Quinton de Kock en puik boulwerk deur die Proteas.
Vrou steek glo dwelms in kos weg
“Polisiebeamptes was agterdogtig en het die roomysbak met bredie deursoek, toe hulle op drie sakkies dagga afgekom het.”
Dronkbestuur-regter se aansoek van die hand gewys
Regter Nkola Motata is in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind en al sedert 2007 op spesiale verlof.
Hof sê oor KZN-polisiehoof
Ngobeni is in die kollig geplaas nadat bewerings aan die lig gekom het dat die sakeman, Thoshan Panday, vir haar man se uitspattige verjaardagpartytjie betaal het.
Rower skiet huiseienaar, makker en toe homself
Drie mense is Dinsdag in ʼn huis in Vereeniging doodgeskiet.
ToekomsVenster: Liefdeswerk
Ons ontvang nie net die fisieke sorg nie maar ook die emosionele en geestelike onderbou en sorg van die Here. Ons mag as seuns en dogters van die Here Hom daarvoor vertrou. Wy jouself toe aan God om daardie liefdeswerk en goeie dade uit te lewe.