In hierdie skitterende, lekkerlees debuut ondersoek Naomi Meyer verskeie ernstige kwessies sonder dat die leser dit aanvanklik besef. “Die land brand. Sophia se huwelik ook. En klein Magriet is soek.”
Alles vir Donderdag 16 Maart 2017
Politici se reuseverantwoordelikheid: Plaasmoorde en haatspraak verbind
Wanneer daar ʼn klimaat geskep word waar wit boere as die vyand uitgekryt word, en politici geweld teen boere aanhits, is daar ʼn duidelike tendens waarin plaasmoorde toeneem.
Drie kan ʼn geheim hou as twee dood is
Sara se Geheim is ʼn kykNET-dramareeks van 13 episodes wat in Kaapstad afspeel met twee verhale wat ineengestrengel is – dié van ʼn familie in Durbanville en dié van ʼn familie in Athlone.
Groot motorfietsfees by Kyalami
As jy enigsins daaraan dink om ʼn fiets te koop, dan moet jy jou kopie uitstel tot ná die motorfietsfees, meen Brian Cheyne.
Fietsers se roete ‘teken’ bok op kaart
“Dit was iets prettigs om te doen voordat ek ʼn kind het.”
Helen Zille in sop oor twiet
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige DA-leier, gaan moontlik dissiplinêr verhoor word weens ʼn uitlating wat sy op Twitter gemaak het.
Gesin in rou ná seun (15) se skielike dood
Toe Jerry Goddard (15), ʼn gr. 9-leerder van Bloemfontein, Dinsdagmiddag by sy ouma se huis weg is, het hy gesê hy sal haar “eendag” weer sien. Ure later het sy die skoknuus van sy dood gekry.
Mensgemaakte hongersnood
In die volgende tydperk gaan bykans 20 miljoen mense deur hongersnood geteister word en ʼn groot aantal mense gaan sterf. Dié sterftes kan egter nie aan natuurrampe soos droogtes toegeskryf word nie, maar moet vierkant voor die deur van onbevoegde regerings gelê word.
Waarskuwing teen masels in Gauteng
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gesê die gevalle is meestal laerskoolkinders wat nog nie voorheen ingeënt is teen dié siekte nie.
Onderwysers leer ‘speel’
Gedurende die werksessie het studente ervaar hoe om perseptuele vaardighede, taalvaardighede en wiskundevaardighede te ontwikkel deur met driedimensionele voorwerpe te werk.
[Foto’s] Skote klap by winkelsentrum wat pas open
Talle mense is vasgekeer by die Springs Mall aan die Oos-Rand ná ʼn skietvoorval by die winkelsentrum, minder as ʼn uur nadat dit amptelik geopen…
[Resep] Gebakte vla
Die gebakte vla kan warm of koud geëet word. Dit kan vir 24 uur verkoel word, maar bevriesing word nie aanbeveel nie.
[Video] Skool reageer ná baksteen-voorval
Die voorval is die tweede van sy soort die afgelope paar weke by ʼn Wes-Kaapse skool.
Dis so maklik om die bal op die rusbank te vang
Jare gelede, toe Gary Player nog aktief gholf gespeel het, het hy klinieke aangebied en vertonings gelewer. Player het ʼn sethou van twee meter gemis en vanselfsprekend het een van die toeskouers ge-oe en ge-ah.
Taalgebruik: mat of tapyt
Taaltoffie stel ondersoek in na die betekenis tussen “mat” en “tapyt”
Nagwaak vir slagoffers in Garsfontein-aanval
Talle inwoners het Woensdagaand by die Garsfontein-polisiestasie in die ooste van Pretoria bymekaargekom om ʼn nagwaak te hou vir die slagoffers wat wreed in hul huis aangeval en vermoor is.
Proteas in die knyp ná goeie begin in tweede toets
Teen uitskeityd op dag een van die tweede toets teen Nieu-Seeland in Wellington was Suid-Afrika erg in die knyp nadat hulle die Kiwi’s vroeër in die dag laat steier het.
[Foto’s] Pta-skool se oulike wiskundetrappe
Wiskunde is maar alte dikwels ʼn kopkrapper wat nie juis ʼn gunsteling onder die leerders is nie. Die Laerskool Bakenkop in Pretoria het egter nou ʼn flink manier bedink om die jongspan hul wiskunde stap vir stap te laat leer sonder dat hulle eers besef hulle leer.
Verkoop jou trourok, sê kenners
Sedert die wêreldwye resessie in 2009 het meer as net alledaagse luukshede in die slag gebly. Vandag, anders as ʼn dekade gelede, is dit ʼn algemene tendens vir bruide om ná hul troudag hul rok vir ʼn tweede keer by die kansel af te stuur deur die rok aanlyn te verkoop – en dit dikwels vir ʼn appel en ʼn ei.
Duisende dalk werkloos oor waterkrisis
Nagenoeg 17 000 werksgeleenthede in die landboubedryf is in gedrang weens die waterkrisis in die Wes-Kaap.