“In slegs 18 maande van internasionale blootstelling het sy werk reeds in amper 20 internasionale publikasies oor die hele wêreld verskyn.”
Alles vir Donderdag 21 September 2017
‘66% leerders toets positief vir dwelms’
“Dit is veral kommerwekkend dat hierdie probleem nie net onder hoërskoolleerders voorkom nie, maar ook onder laerskoolkinders.”
Guptas verloor aansoek om bankfasiliteite te red
Die Gupta-beheerde Oakbay-maatskappygroep se dringende aansoek om die Bank van Baroda (BOB) te keer om al sy rekeninge en leningsgeriewe aan die einde van September te sluit, het gefaal.
Makhosi Khoza bedank uit ANC
“Die ANC van Jacob Zuma het ʼn vinnig-rykwordskema geword terwyl ons arm mense by die dag armer word. Ek sal nooit my mense verraai nie.”
Toegewings oor belasting op buitelandse inkomste verwelkom
Die nuutste toegewings oor die belastinghantering van inkomste wat Suid-Afrikaners in die buiteland verdien, word verwelkom, maar kommer volhard oor die koste van indiensneming en die bykomende administratiewe las.
Seemanne sterf ná ontruiming
Twee seemanne is Woensdagaand in ʼn Durbanse hospitaal dood nadat hulle met ʼn helikopter uit ʼn vragskip ontruim moes word.
Bekendstelling: Nissan se eerste stap in ʼn strategiese rigting
Op die pad voel die Micra geensins soos ʼn goedkoop ryding nie. Hy is ook meer ruim as van sy mededingers. Die opsionele klankstelsel met navigasie sal gratis bygevoeg word vir die bekendstellingstydperk.
Sharks kies hul Springbokke teen Blou Bulle
Die Sharks het hul vrygestelde Springbokke ingesluit in die span wat Saterdag in Durban met die Blou Bulle in die reeks om die Curriebeker kragte meet.
ʼn Tegnologie-kronkelpad
‘n Heerlike lekkerlees-storie oor die gesukkel met tegnologie as jy ‘n tegnologies agtergeblewene is, of as jy ‘n tegnologies benadeelde persoon gereeld uit die moles moet help!
Nóg twee SA spelers gryp Skotse kans aan
Nog twee Suid-Afrikaanse klubspelers het hul kans om in Skotland rugby te speel met albei hande aangegryp.
Vrou vermoor toe ‘kopers’ na huis kyk
ʼn Oudskoolhoof van KwaZulu-Natal is vermoor en haar man in ʼn ernstige toestand nadat hulle deur vier mans wat hulle as huiskopers voorgedoen het, aangeval is.
[Video] ‘Sukses’ met Bennie en Bouwer
In die video-reeks “Sukses” met Bennie en Bouwer, voer die akteurs Bennie Fourie en Bouwer Bosch tong-in-die-kies-onderhoude met Afrikaanse bekendes.
Taalgebruik: meer en mees
Taaltoffie stel ondersoek in oor die gebruik van “meer” en “mees” in die vergrotende en oortreffende trap.
Wêreldbekerbod: Is Suid-Afrika en Ierland aan die slaap gevang?
Die Franse rugbybase het die knuppel in die duiwehok gegooi toe hulle Woensdag aangekondig het dat die regering/unie sy gewaarborgde 120 miljoen pond (sowat R2,65 miljard) om 2023 se Wêreldbekertoernooi aan te bied, tot ʼn allemintige 150 miljoen pond (sowat R2,695 miljard) gaan verhoog.
Nuuskommentaar: Nakom of verpas van afspraak met die toekoms
By terugskoue gaan die ANC moontlik nog lang krokodiltrane huil omdat hulle nie lankal van pres. Jacob Zuma ontslae geraak het nie. Hoeveel geleenthede doen hulle egter voor waar ons afsprake met die toekoms kan maak, maar verkies om ’n ander koers in te slaan?
Ma se spesiale ‘drukkie-knoppie’ het ouers gaande
ʼn Ma van drie word geloof vir haar kreatiewe manier om haar angstige seuntjie deur sy eerste dag by die skool te help.
Pasgebore baba op bourommelhoop gelaat
Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Woensdagmiddag op ʼn bourommelhoop in Johannesburg gevind.
[Foto’s] Blomwonders van die Weskus
“Die middagblomme maak óóp – diep oranje. Blomme met wit randjies, stervorme met spikkels. Ek doop die fyn blomme “deernisblommetjies”. Ons stap en huppel, sit en lê in die paadjies. Oral die soetreuk,” skryf Carina Stander.
Geliefde dokter op plaas doodgeskiet
Dr. Werner Emslie (55), ʼn geliefde algemene praktisyn van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is Woensdagaand op sy plaas buite die dorp doodgeskiet.
Vandag se sportnuus
Jake LaMotta, die legendariese voormalige middelgewig-bokskampioen van die wêreld is gister in die ouderdom van 95 oorlede.