Ons moet kan praat oor apartheid sonder om dit regverdig. Die grootste struikelblok is nie meer die wil om verskoning te maak nie, maar die wil om aanvaarding van veral wit mense se hand van vriendskap en hulp. Wit mense se bydrae in die Suid-Afrika van vandag is enorm ten spyte van vele struikelblokke en kan nóg groter wees.
Alles vir Vrydag 24 November 2017
‘Rowers’ 2 ure ná huisroof vasgetrek
Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is ook gesoek in verband met ʼn motorkaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.
Video: Agter die skerms van Afrikaans is Groot 2017
Die eerste Afrikaans is Groot-konsert vind Vrydagaand plaas. Afrikaans is Groot het Maroela Media op ʼn agter-die-skerms-toer van dié konsert gevat.
Man uit koma ná aanranding by kuierplek
Louis Pienaar (38) het begin wakker word uit die koma waarin hy langer as ʼn week was nadat hy na bewering deur ʼn Blou Bul-o.21-rugbyspeler by ʼn nagklub in die ooste van Pretoria geslaan is.
Groot aardbewings op pad, waarsku kundiges
Die aarde het in 2010 laas meer as twintig aardbewings van M7 of meer behaal. Nou is daar ʼn waarskuwing vir ’n verdubbeling in die aantal groot aardbewings.
Laerskoolseuns ‘hou op asemhaal’ toe weerlig tref
“Hy krul sommer so op van die pyn. Hy’s baie bang, jy kan die vrees in sy ogies sien.”
Vermiste duikboot steeds soek ná ‘ontploffing’
Die hoop om die bemanning lewend te vind kwyn al meer, aangesien die duikboot net genoeg suurstof gehad het om ongeveer ses dae te hou.
Woord: witbroodjie
Waar kom die woord “witbroodjie” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Mag ons nie weer só ʼn Saterdag beleef nie
Wanneer jy teen Italië se nasionale sokkerspan speel, kan jy verwag om te verloor. Maar teen die rugbyspan?
Christopher Panayiotou, twee ander hoor hul lot
Christopher Panayiotou, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko, die mans wat skuldig bevind is in verband met die moord op Jayde Panayiotou op 21 April 2015, is Vrydag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
Foto oor ‘vaderskap’ ʼn les vir alle ouers
Die hoeveelheid druk wat die gemeenskap op ouers plaas – soms onbewustelik, kan ouers laat twyfel in hulself. Maar, soos wat Justin skryf, leer kinders om al die elemente rondom hulle te beleef en dit lei soms tot ʼn uitbarsting van emosies. Soms is dit heeltemal oukei om net bietjie te huil.
Appèlhof sê oor Oscar Pistorius se vonnis
Uitspraak is Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein gelewer in die staat se aansoek om te appelleer teen Oscar Pistorius se vonnis vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.
Nuuskommentaar: Is Poetin ’n held of skurk?
Pres. Donald Trump het pas, ná samesprekings met pres. Wladimir Poetin van Rusland, vleiende dinge oor die verhoudinge tussen Rusland en die VSA kwytgeraak. Ook Geert Wilders van Nederland laat hom positief oor Poetin en Rusland uit. Kan dit tot ’n nuwe wêreldorde lei, of is gevestigde opvattings uit die Koue Oorlog te diep gewortel?
Stille diplomasie: ANC, Zuma en regering swyg oor Zimbabwe
Hoewel nog ʼn vryheidsvegter die leisels oorneem, wil hulle bloot nie erken dat Mugabe so ʼn enorme en ongewilde ramp was nie. Hulle kyk uiteraard ook na Zimbabwe as ʼn spieël en sien hul eie tanende gewildheid en miskien selfs hul toekoms. En dit laat hulle duidelik sonder woorde – en antwoorde.
Resep-video: Drie-in-een-balletjies
Hierdie balletjies is nie net heerlik nie, maar ook doodmaklik! Betrek jou kinders en maak hierdie balletjies saam met hulle, of gee hulle vrye teëls om dit sélf te maak!
Viktor Orbán – Die laaste Kruisvaarder
Is dit moontlik dat ʼn leier van ʼn relatiewe klein landjie soos Hongarye die rewolusie teen ʼn kragtige globalistiese en liberale wêreldorde kan lei?
Vigilante-aanvalle in Vrystaat veroordeel
“Dié aanval volg op ʼn voorval naby Harrismith waar ontstoke inwoners ʼn 56-jarige vrou, wat ʼn sangoma is, lewend wou verbrand.”
Huffington Post moet jammer sê ná Tumi-rubriek
Die rubriek het melding gemaak van die Spur- en Tumi-voorvalle, asook die ATKV.
Tekenprent: Robert Mugabe bedank
Robert Mugabe het vandeesweek bedank as president van Zimbabwe ná ‘n week van ontstuimigheid in die land. Emmerson Mnangagwa, die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe word Vrydag as die nuwe staatshoof van dié land ingesweer.
Vandag se sportnuus
In die Ram Slam T20-reeks word daar vandag 3 wedstryde gespeel.