Toe hulle op pad terug was, het een van die tieners amper geval en vir die res van die groep gesê om versigtig te wees omdat die paadjie glad is.
Alles vir Donderdag 4 Januarie 2018
Foto’s: Sterftes ná trein ontspoor
“Ons het dadelik na ons familielede toe gehardloop en toe uit die trein gekom om te probeer uitvind wat gebeur het.”
Jagluiperd kry grootste werpsel nóg
Die jagluiperd en haar welpies, vyf wyfies en drie mannetjies, is gesond.
Nuuskommentaar: Is Trump of twiet, of enigeen die probleem?
President Donald Trump van die VSA het met sy voorliefde vir Twitter, en die twiets waarmee hy sy vyande gereeld aandurf, deel van die internasionale arena geword. Maar is Twitter ’n geskikte instrument om internasionale politiek mee te bedryf?
Oppiwater Kunstefees: Afrikaanse teater op die oop waters
Die Oppiwater Kunstefees is die enigste kunstefees ter wêreld wat op ʼn plesierboot aangebied word.
Hittegolf dié naweek op pad
Die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD) het ʼn waarskuwing uitgereik vir ʼn hittegolf wat dié naweek verskeie provinsies in Suid-Afrika gaan tref.
Lojaliteit in rugby? Gaan vra vir CJ Stander
As jy lojaliteit in rugby wil hê, gaan koop vir jou ʼn hond.
Video: Chaos toe trein ontspoor
ʼn Video wat na die ongeluk geneem is toon hoe verskeie van die treintrokke aan die brand geslaan het terwyl ander omgeslaan het.
Vrou (47) by dieretuin deur renoster gegaffel
Die voorval het volgens die dieretuin gebeur tydens ʼn “daaglikse roetineprosedure”.
Nelson Mandelabaai ook in waterkrisis gedompel
Damvlakke in die Nelson Mandelabaai-damme wat drinkwater verskaf is die laagste wat nog ooit gemeet was.
Resep-video: Oreo-bomme
Hierdie bomme proe amper soos Oreo-kaaskoek, en het net drie bestanddele!
Gedig: Die son loop agter wolke deur
“die son loop agter wolke deur mense drink koffie met warm slukderms terwyl hul sokkies onder hul broekspype sweet…” André Letoit se gedig, “Die son loop agter wolke deur”
Matriekuitslae: Minister maak vandag aankondiging
Angie Motshekga, minister van onderwys, maak laat Donderdag 2017 se matriekuitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen bekend.
Huldeblyke stroom in ná bekroonde digter sterf
“Hy het ʼn onuitwisbare merk gelaat op die kulturele en artistieke lewe nie net van sy geboorteland nie, maar ook in Tanzanië, Kenia, Botswana, Zambië en Harlem in New York.”
Vier dood, 9 beseer in N1-botsing
“Die insittendes van albei voertuie het verspreid oor die toneel gelê.”
Gedagte vir die dag: ’n Nuwe visie
Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (Jesaja 40:31)