Moontlik die grootste gunsteling om die 2018 SA Ope-golftoernooi te wen, is weer op koers en net een hou agter die voorloper.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Januarie 2018
Drie paaltjies binne vyf lopies plaas druk op Proteas
Teen die Proteas se versoek en die verwagting in, kry Indië toe Saterdag ʼn kolfblad wat eerder aan hul tuisblaaie herinner as dít wat Suid-Afrika wou gehad het.
Driekuns vir Nico Lee in Kings se twaalfde neerlaag
As die Southern Kings ʼn bokser was, was die geveg al lankal stopgesit.
Foto’s en video: Nog geen inhegtenisnemings ná betogings by H&M
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met betogings wat Saterdag by verskeie H&M-winkels landswyd plaasgevind het nie.
Stappers met messe aangeval in Kaapstad
ʼn Groep van nege mense is Saterdagoggend omstreeks 09:00 in die Silwermyn-natuurreservaat op Tafelberg in Kaapstad aangeval.
Egpaar deur swerm bye aangeval
ʼn Egpaar is Saterdagmiddag na ʼn hospitaal geneem nadat ʼn swerm bye hulle in Witpoortjie in Roodepoort aangeval het.
Foto’s: Dié gesinsfoto’s het almal aan die lag
ʼn Professionele fotograaf se swak redigeerwerk van ʼn gesin se groepsfoto’s het almal aan die lag.
Paartjie word al ʼn maand lank vermis
Die polisie in Durban het Vrydag die hulp van die plaaslike gemeenskap ingeroep om ʼn paartjie van Pinetown, wat al ʼn maand lank vermis word, op te spoor.
Vrou se tone afgekap tydens Ermelo-aanval
ʼn Vrou se tone is afgekap nadat sy en haar man Vrydagaand in Ermelo, Mpumalanga, aangeval is.
Zuma uitgejou by ANC-vieringe in Oos-Londen
Pres. Jacob Zuma is Saterdagoggend uitgejou toe hy by die ANC se 106de verjaarsdagvieringe by Buffalo City-stadion in Oos-Londen opgedaag het.
SA rugby: wie moet die doodloopstraat verhoed?
Suid-Afrikaanse rugby het ʼn kruispad bereik, wat sonder raakvat-leiding dreig om in ʼn doodloopstraat te eindig.
Foto’s: Chaos by Menlyn-winkelsentrum in Pretoria
Chaos het Saterdag by Menlyn-winkelsentrum in Pretoria uitgebreek toe lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters by dié sentrum betoog het.
Nóg ʼn lid van korrektiewe dienste in Kroonstad aangekeer
Nog ʼn lid van Kroonstad- korrektiewe dienste is in hegtenis geneem in verband met die besit van dwelmmiddels en ʼn onwettige vuurwapen.
EFF dreig Unisa oor gratis onderrig
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Vrydag gedreig dat die instelling sy deure sal moet sluit as gratis onderrig, “wat lukraak deur pres. Jacob Zuma aangekondig is”, nie ingestel word nie.
KPMG-ondersoek byna afgehandel
Die onafhanklike reguleringsraad vir ouditeure (Irba) het Vrydag gesê een van die ondersoeke oor die ouditeursfirma KPMG is byna afgehandel en sal aan ʼn ondersoekkomitee voorgelê word.
Wits-registrasie afgehandel, sal nie instap-studente aanvaar nie
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Vrydag gesê die registrasie van studente is afgehandel en geen instap-studente of verdere registrasies vir die eerste semester sal oorweeg word nie.
Dis een van Saru se drome
Dit kan net ʼn hersenskim wees, of dalk is dit ʼn oomblik wat ʼn nuwe era vir Springbokrugby inlui …
Pa val ma met swaard aan
Die pa van ʼn 13-jarige seun het by ʼn woonstel ingebreek en die ma van die kind met ʼn swaard aangeval.
Beloning aangebied ná worshond se mishandeling
ʼn Beloning van R25 000 word aangebied vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging kan lei van ‘n persoon wat ʼn worshond mishandel het.
Dis nou Ama-Bulls in wegwedstryde
Die Bulls se ondersteuners gaan vanoggend straks in hul graanvlokkies verstik as hulle die nuwe wegwedstryd-truie van die Bulls se Superrugbyspan te siene kry.