“Twee slagoffers is vermoor deur mense wat aan hulle bekend was. Hulle is deur een van die beskuldigdes in wie hulle vertroue gehad het, in ʼn lokval ingelei.”
Alles vir Dinsdag 27 Februarie 2018
Cosby-familie deel hartseer nuus
Die nuus kom nadat die Cosby-familie onlangs deur diep waters is ná Bill Cosby van seksuele aanranding beskuldig is.
‘Rowers’ tydens huisbraak geskiet; een sterf
ʼn Vermeende rower is doodgeskiet en nog een ernstig gewond tydens ʼn beweerde huisroof Dinsdag in die vroeë oggendure by ʼn kothuis in Sandton in Johannesburg.
NWU-verkragtingsklag: ‘Slagoffer’ verander van deuntjie
“Uit die aard van die saak is sy skorsing by die universiteit en van die NWU onmiddellik opgehef,” het ʼn woordvoerder van die universiteit gesê.
Samsung S9 op almal se lippe; dán in SA
Die internasionale vervaardigingsreus Samsung het pas aangekondig dat sy jongste vlagskip-slimfone binnekort in Suid-Afrika bekend gestel gaan word – en luidens beloftes van die vervaardiger is daar weinig wat dié slimfoon nié kan doen nie.
Zimbabwiese verkiesing dán gehou
Die Zimbabwiese verkiesing sal vir die eerste keer plaasvind sonder voormalige pres. Robert Mugabe, wat in November verlede jaar tydens ʼn militêre oorname uit die kussings gelig is.
Wanderlust: Hoofstuk 4
Ons is ʼn lot kinders en oom Ousyp se dogters is mooi en ons Greeffies is rammetjie-uitnek, skryf Koos Greeff.
Drie sterf tydens skietery op plaas
Die polisie ondersoek drie sake van moord en een van poging tot moord.
Boek: Redelike twyfel
Manon Viljoen is ʼn jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ʼn moordsaak om ʼn regverdige uitspraak te lewer.
Gerrie Nel pak struggle-veteraan se seun
“Dit laat die slagoffer voel asof die einste wette wat daar is om haar te beskerm en ondersteun, haar in haar oomblik van nood in die steek gelaat het.”
Dag Zero vir voedselsekerheid
Die regering se inmenging sover het grootliks uitgeloop op mislukkings. Laat die privaat sektor en spesifiek die kommersiële landbou hierdie planne maak, en laat die leiers luister na die kundiges se waarskuwings en raad, om ʼn volgende Dag Zero te voorkom.
Daar heers ook ʼn rugbydroogte in Bloemfontein
Daar is nie net ʼn groot skroef los in die Oos-Kaap by die Southern Kings nie, maar die Vrystaatse rugbybase lê sekerlik ook wakker oor hul toekoms.
Nene nie net ‘goeie nuus nie’
Boonop sê Schussler dat die euforie rondom die Ramaphosa-presidentskap waarskynlik nou sal afneem.
Ngcobo-verdagtes wil eie verdediging behartig
Twaalf verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem in verband met die aanval op die Ngcobo-polisiestasie waarin ses mense gesterf het, maar daar was Maandag uiteindelik net vier beskuldigdes in die beskuldigdebank.
Resep: Melktert
Vier vandag Nasionale Melktertdag met dié deftige melktertresep.
Sangers span weer saam vir duet – dié keer vir droogte
“Selfs al is droogte nie nou vir jou ’n krisis nie, was jy al moontlik in ’n droogtesituasie of die een of ander natuurramp waar jy net vir God se genade kon bid vir ingryping. Al het ons baie verskille, hou ons daarvan om saam te staan in tye van nood.”
Nene-aanstelling verwelkom; kommer oor kabinetgrootte
“Hierdie langverwagte kabinetskommeling is ʼn belangrike stap om vertroue in die ekonomie ʼn hupstoot te gee om sodoende groei te bewerkstellig en werkskepping te stimuleer.”
O, Boereplaas, geboortegrond …
Watter troos is daar dan vir gelowiges met die aanhoor van kommunisties-sosialistiese dreigemente vanaf staatskant? Die Bybel gee die enigste antwoord, ook wanneer die voorreg om iets ons eie te noem, in gedrang kom.
Gordhan, Nzimande se aanstellings verwelkom
“Ons is egter tevrede dat die aanstelling van die twee ministers ʼn stap in die regte rigting is.”
Feiteblad: Studeer in jou eie taal
As jy jou daarin verlustig dat mense wat Afrikaans praat nie in Afrikaans mag studeer nie, stroop jy jouself daarvan om met geloofwaardigheid enige simpatie met Steve Biko of die jeug van 1976 se stryd te betoon.