ʼn Gewese speler van die Valke het Sondag 18 punte in ʼn wedstryd in die Spaanse Liga van Eer behaal.
Lees meerAlles vir Sondag 22 April 2018
Van Graan se bekerkans sneuwel in Bordeaux
Die kans dat die gewese hulpafrigter van die Springbokke, Johann van Graan, se Munster-span die eindstryd van die Europese Kampioenebeker haal, het in Bordeaux gesneuwel.
Enorme kloof dreig in Supersportreeks
ʼn Enorme kloof dreig tussen die top- en onderste spanne in die Supersportreeks en die eerste ronde se uitslae dui op ʼn wesenlike gebrek aan mededingendheid.
Een dood, drie beseer toe voertuig rol
“Die voertuig het glo teen ’n baie hoë spoed gery.”
Oorsaak van vermiste Paarl-man se dood bekend
“Sy gesin het sedert sy verdwyning deurlopend hoop gehad dat hy op ʼn dag net weer by die huis sou instap. Nou is dit finaal; daar is geen meer hoop nie.”
Meisie verdrink in steengroef op plaas
Paramedici het 40 minute lank gespook om haar by te bring, maar sy is later op die toneel dood.
ANC-tweespalt: Topses in Durban om krisis te ontlont
Pres. Cyril Ramaphosa kom tans byeen met afgevaardigdes van die eThekwini-distrik by die Moses Mabhida-stadion. eThekwini is die land se grootste ANC-distrik, maar word geteister deur verdeeldheid.
Vier dood, 11 beseer toe taxi rol
Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle verskeie mense aangetref wat tydens die voorval uit die taxi geslinger is.
Twee dood ná verdagtes op ma, kinders losbrand
“Die dogter (25) is op slag dood. Die ma en haar twee seuns, onderskeidelik 19 en 21 jaar, is ook raakgeskiet,” het die polisie gesê.
Vier vas ná goudklont-onderhandeling by Carnival-sentrum
“Aangesien die wetstoepassers ’n beskrywing gehad het van die mense en voertuie vermoedelik betrokke by die voorval, kon die beamptes daarin slaag om vier verdagtes vas te trek en beslag te lê op die goudklonte.”
Tutu weerlê fop-doodsberigte
“Fopnuus doen vandag [Sondag] die ronde dat emeritus aartsbiskop Tutu in Amerika oorlede is,” het sy kantoor in ʼn kort verklaring gesê.
Video: Aggressiewe toeskouers rand vrouewag aan ná nederlaag
’n Video van ’n vroueveiligheidswag wat deur Kaizer Chiefs-ondersteuners met onder meer stoele aangerand word ná die nederlaag teen Free State Stars het sosialemediagebruikers warm onder die kraag.
Superrugby: Rassie, vergeet van Suid en kyk Noord
ʼn Mens wonder in watter hoedanigheid Rassie Erasmus Saterdag op Kingspark die Superrugbywedstryd tussen die Sharks en Stormers bygewoon het.
Man doodgeskok ná hy glo op gelaaide kragdraad urineer
“Die man het glo familie in die omgewing besoek en op ’n gelaaide kragdraad wat aan ʼn huis gekoppel was, geürineer toe die voorval plaasgevind het,” het Reaction Unit South Africa gesê.
SA woema sorg vir eerste in Duitse rugby
Danksy die daadkrag van twee Suid-Afrikaanse afrigters en ʼn tiental spelers met Suid-Afrikaanse wortels het Duitsland aanstaande seisoen die heel eerste keer ʼn klub wat aan die reeks om die Europese Uitdaagbeker deelneem.
Geliefde ‘Mini Me’-akteur sterf
Dié akteur, wat 81 cm lank was, is Saterdag in ʼn hospitaal in Los Angeles oorlede.
Landdros gevonnis ná reusebedrag omkoopgeld
“Hy het omkoopgeld van R1,2 miljoen by ʼn man wat na Botswana uitgelewer sou word om daar tereg te staan op aanklagte van bedrog geëis. Hy het belowe om die man by te staan en nie uit te lewer nie mits hy die omkoopgeld betaal.”
Makhosi Khoza tree uit die politiek
Khoza, voormalige ANC-LP, was onder dié wat verlede jaar baie uitgesproke was teenoor voormalige pres. Jacob Zuma en in die openbaar ʼn beroep op hom gedoen het om te bedank.
Gedagte vir die dag: Huis
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly … (Psalm 23:6)
Twee breiers uit SA se spanne wen Euro-toetse
Twee afrigters uit Suid-Afrika se spanne het Saterdag hul wedstryde in die reekse van Rugby Europa gewen.