In hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder, Daniel du Plessis, oor Trevor Noah se Twitter-oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ’n onafhanklike Kaap-buurland.
Alles vir Vrydag 27 Julie 2018
Foto’s: Wollies, ʼn tuiste vir talle vergete honde en katte
As jy regs van Rooikatstraat in Hesteapark, ʼn noordelike woonbuurt in die Jakarandastad, op ʼn grondpaadjie afdraai na die Wollies-diereprojek, sou jy nooit kon raai hier is ʼn veilige hawe vir sowat ʼn duisend vergete en verwaarloosde troeteldiere nie.
12-jarige se moordenaars gevonnis
In Junie 2016 het die 12-jarige Angel by die mans gesmeek om haar en haar ma nie te skiet nie voordat sy teregstellingswyse in die kop geskiet is. Vandeesweek, meer as twee jaar later, is haar moordenaars vir dié gru-daad gevonnis.
Landswye betoging teen brandstofpryse afgestel
Die landswye betogings teen die hoë brandstofpryse wat vir vandag beplan was, is op die laaste nipper afgestel.
Zuma terug in beskuldigdebank
ʼn Nagwaak is Donderdagaand voor die hof gehou in die aanloop tot die hofsaak met ondersteuners wat gesê het hulle sal daar bly totdat die voormalige president Vrydagoggend arriveer om hom te ondersteun.
’n Voordeel wat ons nie mag prysgee nie
’n Boer maak ’n plan. Laat ons hierdie karaktereienskap koester en nooit verlore laat gaan nie.
Die tirannie van politieke korrektheid
Vryheid van uitdrukking en individuele vryheid in die algemeen is voorvereistes vir ‘n vrye, oop en gelyke samelewing soos beloof in die Grondwet, maar hierdie vryheid is altyd moeilik in enige samelewing, veral in Suid-Afrika.
Gedagte vir die dag: Liefdadigheid begin tuis
As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. (Johannes 13:14)