Die Springbokke speel vanjaar moontlik in hul laaste jaareind-reeks teen Brittanje en die Europese lande.
Lees meerAlles vir Maandag 24 September 2018
Foto’s en video: Seldsame slang met twee koppe gevind
Slange met twee koppe is uiters seldsaam “omdat hulle bloot net nie so lank oorleef nie”.
ToekomsVenster: Rykdom is ’n gawe
As die Here jou met rykdom seën waak dat dit nie jou van Hom vervreem nie. Rykdom is ʼn gawe soos alle ander gawes en word vir die saak van die Koninkryk gebruik.
Cosby hoor vandeesweek sy lot
Bill Cosby sal vandeesweek gevonnis word en hy kan moontlik teen Dinsdagaand reeds agter tralies wees.
Menseregteaktiviste ontvang ‘alternatiewe Nobelprys’
Die jaarlikse Right Livelihood-toekenning word aan persone oorhandig wat nie deur die Nobelprys vereer word nie.
Twee sterf toe boot in Vaalrivier omslaan
Die polisie in Douglas in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná twee mans Sondag in die Vaalrivier naby dié dorp oorlede is.
‘OK’ en ‘ew’ van die woorde in nuwe Scrabble-woordeboek
Scrabble-spelers sal mooi moet dink voor hulle weer iemand uitdaag: 300 nuwe woorde, insluitend “OK” en “ew” om maar net ʼn paar te noem, is in die nuwe woordeboek opgeteken.
Die pad wat nie reggemaak mag word nie
Die stadsraad het ʼn eienaardige rede aangevoer waarom dié pad nie reggemaak mag word nie.
VF Plus-jeug vier Erfenisdag en knap erfenisterreine op
“Ons moet weet waar ons vandaan kom, sodat ons kan weet waarheen ons op pad is. Baie erfenisterreine word verwaarloos en die waarde van die geskiedenis word onderskat.”
Rou riool vloei deur Harare se strate
Rou riool vloei vrylik in sommige strate in Zimbabwe se hoofstad en dit is ʼn dodelike uitdaging vir die nuutverkose president wat ʼn nuwe era vir dié land belowe het, berig AP.
Switserse vragskip deur seerowers aangeval; 12 ontvoer
ʼn Switserse maatskappy het gesê een van sy vragskepe is deur seerowers naby Nigerië se kuslyn aangeval en 12 van sy 19 bemanningslede is ontvoer.
Minstens 115 dood tydens konflik in Libië
Voortgesette botsings tussen Libiese burgermagte in die hoofstad Tripoli het die afgelope maand tot die dood van minstens 115 gelei en ongeveer 383 persone is beseer.
Bestuurder aangekla ná nege in Limpopo-busongeluk sterf
Terwyl die ondersoek voortgeduur het, het die bestuurder van die bus verdwyn ná hy uit die hospitaal ontslaan is.
19 sterf in ongelukke in Mpumalanga
19 persone, insluitend drie Brasiliane en ‘n driejarige kind, is die afgelope naweek in verskeie ongelukke in Mpumalanga oorlede.
Onnies leer ons kinders – wie leer ons onnies?
Die hartseer werklikheid is dat Afrikaanse skole, skole wat bykans sonder uitsondering steeds onderrig van wêreldgehalte aan ons kinders gee, onder geweldige druk verkeer. Is daar dan ʼn toekoms vir Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika? As dit van die Virseker Trust afhang, is Afrikaans in al sy gedaantes se toekoms verseker.
Sou Rassie dit (net) as nasionale keurder gemaak het?
Rassie Erasmus se kop kon reeds op die blok gewees het as hy (net) ʼn nasionale keurder was.
Verkope van bates sal nie SAL red nie, sê DA
Planne om sekere bates te verkoop sal nie die Suid-Afirkaanse Lugdiens (SAL) red nie en die lugredery moet in sakeredding geplaas word, het die DA Sondag gesê.
Twee vermeende gewapende transitorowers vas in Kaapstad
ʼn Veiligheidswag is beseer en twee verdagtes, van wie een geskiet is, is in hegtenis geneem ná ʼn transitorooftog naby Forestrylaan in Eersterivier in Kaapstad.
Chinese studente leer meer oor renosterbewaring in SA
Studente van verskeie universiteite in China het die afgelope week besoek afgelê aan Suid-Afrika waar hulle meer geleer het oor natuur- en renosterbewaring.
Man sterf toe trein hom tref
ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is dood toe ʼn trein hom by ʼn spoorwegkruising in Heathfield, Kaapstad, getref het.