“Ek is verpletter. Ek het die leeus geken vandat hulle klein welpies was.”
Alles vir Woensdag 3 Oktober 2018
Staatskaping: ‘Nene moet bedank as hy klaar getuig het’
“Ons is bewus van baie ander onderhandelinge en donker geheime wat Nene in die gedrang bring en sal alles bekend maak as hy nie uit sy eie uittree as minister van finansies nie.”
Grahamstad se naam verander ondanks besware
Volgens die minister roep Grahamstad se naam “ondenkbare pyn” op.
Jou matriekuitslae in die palm van jou hand!
Om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word.
Voertuigverkope: Die top-10 vir September
Tans staan hierdie markleier op ʼn indrukwekkende 24,9% van alle voertuie wat in Suid-Afrika verkoop word.
Boek: Daar is ʼn engel in my koskas
Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante – en soms komiese – vertellings.
D-dag vir ouerpaar van Springs-gruwelhuis
Die man se gru-dade het aan die lig gekom toe sy seun in Mei 2014, toe 11 jaar oud, daarin kon slaag om uit die sogenaamde gruwelhuis te ontsnap. Hy het hulp by bure gaan soek en dié het die polisie ontbied.
Die Ducati Scrambler-familie groei
Ducati het nou die skerms laat sak vir Intermot, wat tans in Keulen, Duitsland, aan die gang is, en met drie nuwe Scrambler-modelle vorendag gekom.
Dros-verkragtingsaak: Aktiviste sê hul sal wéér opruk
“Ons is tevrede dat die saak goed vorder. Nou moet ons net seker maak die klag van poging tot moord word bygevoeg.”
Nog vyf vas ná vrou tydens transitorooftog sterf
“Die voertuig is deursoek en ʼn fopkompartement is daarin gevind waarin ʼn onbevestigde bedrag kontant was. Daar is ook beslag gelê op twee AK47-aanvalsgewere, nog ʼn vuurwapen, magasyne en patrone.”
Gedagte vir die dag: Skemertyd
As dit aand word, sal daar steeds lig wees. (Sagaria 14:7)