Die universiteit sê in ʼn verklaring die staking is dus met onmiddellike inwerkingtreding opgehef en bedrywighede by die universiteit sal vanaf Maandag normaalweg voortgaan.
Lees meerAlles vir Saterdag 12 Januarie 2019
President belowe werkskepping, transformasie en ekonomiese groei
Ramaphosa het gepraat by die ANC se 107de verjaardagviering en die bekendstelling van die party se 2019-verkiesingsmanifes. Die stadion was volgepak met ondersteuners wat vanaf 06:00 vanoggend die stadion binnegestroom het.
Vier dood in Parys-ontploffing
“Ek het net skielik ʼn massiewe ontploffing gehoor en ʼn lugdrukking met baie swart rook en glas het my getref.”
SAOU doen stappe om Schweizer-onnie se skorsing te betwis
“Tydens ons persoonlike besoek aan Laerskool Schweizer-Reneke het ons ook verneem dat die departement beoog om ʼn tweede opvoeder te skors. Die redes wat, soos ons verneem, aangevoer word, is eweneens twyfelagtig.”
Video: Busdrywer geloof wat baba op besige pad red
Op die beeldmateriaal wat sedertdien vrygestel is, kan gesien word hoe die bestuurder oor die besige pad hardloop en die huilende baba in haar arms optel.
Overberg-brand: Brandbestryders veg steeds teen vlamme
Altesaam 31 huise is heeltemal verwoes en nog 28 huise beskadig in die wegholbrand wat Vrydag by Bettysbaai in die Overberg-distrik gewoed het.
Foto’s: Ontploffing ruk deur geboue in Parys
Regstreekse televisie-uitsendings het talle noodvoertuie op die toneel getoon, terwyl geboue in die agtergrond nog in ligte laaie is.
‘Dwelm-gesin’ vrygelaat weens onvoldoende bewyse
ʼn Pa, ma en hul drie kinders, almal tussen 20 en 58 jaar oud, is in hegtenis geneem.
Unisa hof toe oor stakers
Die hof het ook die SAPD opdrag gegee om te verseker dat alle redelike stappe gedoen word om te verhoed dat ingange en uitgange van die universiteitskampus versper word, verkeer op en rondom die kampus ontwrig, asook enige eiendom beskadig word.
ANC ‘sal Moses Mabhida-stadion vandag volpak’
Ramaphosa en ander senior ANC-lede deurkruis KwaZulu-Natal sedert verlede naweek om ondersteuning te werf vir die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes en stemme te werf vir die komende verkiesing.
Luister: Só staan sake na eerste helfte van Dakar
Nasser Al-Attiyah in die Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux het sy voorsprong by die Dakar vergroot.
Lugredery se vlerke vir soveelste keer geknip
Die redery het nou ingevolge regulasies vir burgerlike lugvaart 30 dae kans om by die direkteur van burgerlike lugvaart appèl aan te teken indien hy nie met die BLO se besluit saamstem nie.
Solidariteit gaan Schweizer-onnie verteenwoordig
“Die ware weergawe gaan talle hoëprofielmense met rooi gesigte laat. Dit is ʼn onskuldige juffrou met ʼn goeie hart dié.”
Foto’s: Verwoesting in die Overberg-distrik
“So baie mense het hul huise verloor; alles wat hulle besit. Dit was so ʼn verskriklike, verskriklike dag met so baie trane.”
Gedagte vir die dag: My skild is God
My skild is by God wat die opregtes van hart verlos. (Psalm 7:11, Bybel in Afrikaans 1933/1953)