Navorsers het bevind dat ʼn derde van die wêreld se bevolking teen 2030 mans kan wees weens talle mense se voorkeur vir manlike nasate.
Alles vir Dinsdag 3 Augustus 2021
Skootrekenaars vir studente: EFF eis Blade se kop
Nzimande het na bewering opdrag gegee dat ʼn bestaande kontrak gebruik word om die skootrekenaars aan te koop, eerder as dat ʼn nuwe tender daarvoor geadverteer word.
In Kempton Park word stadsboere se drome waar
Die Covid-19-inperking het die saadjie geplant om die landboudrome vir ʼn klomp stedelinge ʼn werklikheid te maak.
Drie SA naellopers deur na halfeind
Kyk hier watter ander Suid-Afrikaners nog Dinsdag in aksie is.
10 dae van geskenke: Hier is die wenner van die naaldwerkmasjien
Baie geluk aan Trippie Visser van Equestria in Pretoria wat ʼn Bernette Chicago 5-naaldwerkmasjien ter waarde van R10 999 van Bernina wen!
Rassie, Saru in sop oor video
“Wêreldrugby veroordeel enige openbare kritiek ten opsigte van hul optrede en integriteit wat hul rol kan ondermyn.”
Pastoor ná ongeluk: ‘Die Here het vir my lewe geveg’
Dokters was oortuig Cyzelle Fincham gaan nie die ongeluk oorleef waarin ʼn Polaris-veldvoertuig op haar te lande gekom het nie.
Manslagondersoek kom dalk ná Duitse oorstromings
Die oorstromings het in Julie vanjaar die lewe van minstens 186 mense geëis.
Brondal-plaasaanval: ‘Veiligheidstelsels veral nóú nodig’
’n Veiligheidswag is dood en ’n boer ernstig beseer in ’n skietvoorval Maandag op ’n plaas buite Mbombela (Nelspruit).
Stellenbosch-sakeman in hof vir moord
Johan “Mossie” Serdyn het Vrydag glo ’n vermeende betreder op sy sakeperseel doodgeskiet.
Covid-19-statistieke: Heelwat minder nuwe gevalle
Daar is tans 150 933 aktiewe gevalle in Suid-Afrika.
Gedagte vir die dag: ’n Lewe van vrygewigheid
Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. (2 Korintiërs 9:6-7)