Ander is egter minder verheug oor Zuma se vrylating en meen dit maak ’n bespotting van Suid-Afrika se strafregstelsel. “Hierdie besluit is ’n absolute skande, en alle Suid-Afrikaners moet woedend wees oor wat gebeur het.”
Alles vir Vrydag 11 Augustus 2023
Video: Opwindende buitelug ekspo binnekort by Voortrekkermonument aangebied
Hier word die heel nuutste in 4×4-, buitelewe- en kampeerprodukte wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, uitgestal.
KI-bot stel dodelike resepte voor
Hoe klink ʼn miergif-konfytbroodjie vir jou?
‘Lesse geleer’ uit taxi-staking
“Dit is tragies dat al die geweld, die betreurenswaardige lewensverlies en die skade aan eiendom en ons plaaslike ekonomie, alles verniet was. Santaco het absoluut niks uit die geweld gekry nie, want hy het [Donderdag] dieselfde ooreenkoms aanvaar wat hy agt dae gelede verwerp het.”
‘Soos iets uit oorlogsone’: Toeriste vlug van vlamme in Hawaii
Minstens 53 mense is dood sedert brande Dinsdag deur die historiese dorp Lahaina op die Maui-eiland beweeg het.
Daag jouself uit en wen ʼn Toyota Fortuner
ʼn Gelukkige Maroela Media-leser sal een van vier finaliste wees om ʼn 25%-kans te staan om ʼn splinternuwe Toyota Fortuner te wen.
Moord op Hartenbos-sakeman: Verdagte bly agter tralies
Maroela Media het vroeër berig die 52-jarige sakeman se verminkte liggaam is Saterdag tussen bosse naby Albertinia gevind.
Nuwe beweging vier ‘voluit vrouwees’
“Gesonde vroue skep gesonde gesinne wat weer gesonde gemeenskappe vorm.”
Uur agter tralies; Zuma weer vry man
Oudpres. Jacob Zuma het Vrydagoggend by die Estcourt-gevangenis aangemeld maar is danksy ʼn spesiale kwytskeldingsprogram reeds weer vrygelaat.
Resep-video: Fênsie omelet
Dié resep sal jou soos ʼn meester in die kombuis laat lyk.
Resensie: Lekker-kyk-reeks se gebeure soos roulettewiel
Soos verwag word, tuimel al die domino- en dobbelsteentjies inmekaar, wanneer korrupsie, omkopery en skelmstreke die botoon voer.
Luister: Musiekduo Raaf vlieg hoog ná meer as dekade saam op toer
“Die lewe breek vir jou soos ʼn granaat oop as jy besef alles in die lewe hoef nie altyd in ʼn boksie te pas nie. Al ons musiek strek verder as net ʼn liefdeslied.”
Luister: Dié mense verkies vrede
Die tipe 9 fokus op harmonie, en sal enigiets doen om daardie harmonie in hul lewens te bewaar.
Emmy-toekenningsgeleentheid tot Januarie uitgestel
Die laaste keer dat die Emmys uitgestel is, was in 2001, toe die seremonie uitgestel is as gevolg van die 9/11-aanvalle.
Vrouegholf: Buhai sal moet uithaal indien sy titel wil behou
Suid-Afrika se Ashleigh Buhai het ’n berg om te klim as sy haar Britse Ope-titel suksesvol wil verdedig.
Só werk taxibedryf in Wes-Kaap
Hoe groot is die bedryf? Wat verdien taxibestuurders? En is daar ʼn verband tussen die taxibedryf en misdaad?
Taxi-staking verby
“Santaco het vandag dieselfde voorstel aanvaar wat die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering oorspronklik verlede Vrydag voorgelê het.”
Gedagte vir die dag: Vernuut tot egte aanbidding
“Daarom moet ons sorg dat ons hart in ons aanbidding is. As ons Bybel lees, moet ons weet dat ons met die lewende God in gesprek tree.”