Die sesjarige kind het op sy knieë neergeval en begin bid toe hy sy gewonde pa in sy ma se arms sien. Hy het vir die Here gebid dat sy pa asseblief gespaar moet bly.
Alles vir Maandag 30 Oktober 2023
Geluk aan die eindstryd se ‘raai die telling’-wenner
‘n Gelukkige Maroela-leser wat die telling korrek geraai (of die naaste aan die eindtelling geraai het), het die kans gestaan om ʼn midweek by ATKV-Oorde en ‘n draagbare osoon-stoomsauna van Global Wellness te wen.
Begroting: Minister moet verhoging in suikertaks omkeer
Suid-Afrikaanse suikerrietkwekers waarsku dat werksverliese weens die sogenaamde suikerbelasting allermins “teoreties” is. Dit kan die doodskoot vir duisende werkgeleenthede in veral die landelike gebiede van Mpumalanga en KwaZulu-Natal wees.
Fliekresensie: Veterane te sien in Maggie Smith se ‘beste een nog’
As jy die moeite gedoen het om na ‘Hans steek die Rubicon oor’ te gaan kyk, mag jy net sulke lang en mooi trane in ‘The Miracle Club’ huil.
Om hulp na Gasa te keer kan ‘misdaad’ wees
Die Verenigde Nasies (VN) is intussen bekommerd dat openbare orde ontbreek nadat voedselhulpsentrums in Gasa geplunder is.
Dankbaarheid van die hart
Die pyn van die wêreld voel soms soos ʼn donker wolk wat op ʼn koue dag voor die son inskuif en ʼn reuse-skaduwee oor die bietjie vreugde in jou hart gooi. Die teengif vir hierdie las van swaarkry is dankbaarheid van die hart.
#JongStemme: Skep die geleenthede in Suid-Afrika
Vandat ek teruggekeer het na Suid-Afrika vanuit Engeland, het ek al baie vrae gekry oor my ondervinding. Die vraag wat ek egter die meeste hoor is: “Hoekom het jy besluit om terug te kom?”.
Sepiegids: Beatrice soek waarheid in ‘Arendsvlei’; Rhafiek se besluit word betwyfel in ‘Suidooster’
In “Binnelanders” verdwyn Karen se foon en sy is ontsteld wanneer sy uitvind saam met wie Liam stap. In “Diepe waters” word Meghan se verkoopooreenkoms gesteel.
Lesersbrief: Die onbekende engele op my kanker-pad
Dankie aan al die engele in ons kankervegters se lewens – of julle bekende of onbekende engele is, julle gee ons vlerke.
Bokke: Soos ʼn Hollywood-rolprent
Suid-Afrika het geen gebrek aan jong talent nie en die momentum van hierdie oorwinning het nuwe vriende en ondersteuners vir Springbok-rugby geskep.
‘Max-iko!’ Verstappen is weer onstuitbaar
Sergio Perez se droom om sy tuis-Grand Prix te wen het skipbreuk gely toe hy reeds om die eerste draai in ʼn botsing was.
Välimäki bo in Katar ná uitspeelstryd
Die Finse gholfspeler Sami Välimäki het in Doha, Katar, senuwees van staal gewys.
Resep: Sorgelose sjokolademousse
Wie sal nou vir hierdie sjokoladegereg kan nee sê?
Verbruikersake: Ombudsman vir Verbruikersgoedere kyk só na klagtes
Wat is jou regte as jy probleme het met ʼn nuwe bed, ʼn handelaar weier om ʼn onderdeelbetaling terug te betaal of as jy nie kan bewys watter batterye jy vir jou omskakelaar gekoop het om dit te laat omruil nie?
Metropolisie ondersoek aanranding van motoris
Die motoris en ʼn groep metropolisielede wat op die toneel was, het glo in ʼn woordewisseling betrokke geraak oor die lisensieskyf van die motor wat sou verval het. Die lede wou glo die voertuig skut maar die motoris het glo geweier.
‘TikTok-dokter’ by Johannesburg-hospitaal vasgetrek
Matthew Lani, die jong man wat hom op sosiale media as ʼn mediese dokter voorgedoen het, is Sondagaand by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg vasgetrek en aan die polisie oorhandig.
Bokke gou terug in SA en op toer om beker te wys
Die wêreldkampioen-Springbokrugbyspan kom Dinsdag in Suid-Afrika aan voordat hulle Donderdag met ʼn vierdaagse trofeetoer begin.
Bela-wetsontwerp: Minister kap na kritici
“Die feit dat taal- en toelatingsbeleid uitsluitlik bepaal en beoordeel word deur skoolbeheerliggame met vetoregte sonder kontrole en teenwigte het gelei tot die misbruik van sulke magte.”
Gedagte vir die dag: Weeg jou woorde
Wanneer die Here ons vergewe, vergeet Hy ook.