In die video kan gesien word hoe drie metropolisiebeamptes ʼn verdagte aan sy arms beet het, voordat ʼn TMPD-voertuig hulle tref.
Alles vir Dinsdag 16 Januarie 2024
Jeugkamp-stigter gebroke ná ongeluk tienerseuns eis
“Ek het nooit seuns van my eie gehad nie,” vertel ʼn emosionele Erwee. “Nou het ek drie verloor terwyl hulle nog in my sorg was. Dit is vir my verskriklik hartseer.”
Swiatek sê sy sukkel in die Melbourne-hitte
Iga Swiatek se veldtog om ʼn eerste Australiese Ope-titel in te oes het nogtans op ʼn wennoot op die Rod Laver-baan begin.
Iowa-oorwinning bring Trump nader aan Biden-tweestryd
Daar was vrae of Trump deur sy regsprobleme gekniehalter sou word, aangesien hy vanjaar deur verskeie siviele en kriminele verhore in die gesig gestaar word.
‘Succession’ groet kleinkassie met ses Emmys
“Hierdie is ʼn program oor familie, maar dit gaan ook oor wanneer partydige nuusdekking vervleg raak met verdelende, regse politiek.”
Boedelbeplanning: Wat van jou digitale bates en teenwoordigheid?
Baie mense is dalk nie ten volle bewus van die implikasies van digitale bates in boedelbeplanning nie. Wat gebeur byvoorbeeld met jou e-posrekening of sosialemediaprofiel?
Sepiegids: Stella bly oor eerste laerskooldag in ‘Suidooster’; Johan in twee geskeur in ‘Diepe waters’
In “Binnelanders” kry Tertius snuf in die neus oor die man in Elise se lewe, en in “Arendsvlei” sit Birdy haar soektog na Anton voort.
Kolwe doen die praatwerk in SA20
Ryan Rickelton en Heinrich Klaasen – tans die twee voorste lopiemakers in die jongste weergawe van die SA20-toernooi – het reeds 25 sesse tussen hulle gemoker.
Branderplankryer verdrink in see by St. Francisbaai
By die NSRI-lede se aankoms op die toneel was ʼn plaaslike dokter reeds besig om kunsmatige asemhaling op die 30-jarige man toe te pas.
Stapper verdrink by waterval
Reddingswerkers is die afgelope naweek na verskeie staproetes in die Wes-Kaap ontbied waar mense noodgevalle beleef het.
Showmax gaan groter én goedkoper
Dit is weg met die swart, pienk en blou waaraan Showmax-kykers sedert 2015 gewoond geraak het.
Dakar in rou gedompel
Carles Falcon het Maandag aan die beserings wat hy in die tweede skof van die Dakar-veldtydren opgedoen het beswyk.
Uitdrukking: Daar gaan ’n dominee verby
Al ooit die uitdrukking “daar gaan ʼn dominee verby” gehoor?
Resep: Lewer in netvet bedek met suurroomsous
ʼn Skilpadjie is glad nie te versmaai nie.
Daar’s ʼn nuwe regering op die dorp
Daar bestaan gevolglik ʼn noodsaak vir ʼn vierde regeringsfeer wat plaaslike en kultuurgemeenskappe in staat stel om hul eie kundigheid, dryfkrag en begrip van hulle eie gemeenskap se behoeftes tot voordeel van hul gemeenskap aan te wend.
Die boere kom in opstand
Die nuwe vlaag betogings is spesifiek gerig teen ʼn maatreël van die regering om die subsidies op trekkerdiesel af te skaf ten einde hulle begroting te laat klop.
Lesersbrief: Geen kitsoplossings vir ons probleme
Die feit dat Suid-Afrika op die 2023-rangordes van die Wêreld Mededingingsindeks slegs die (onderste) een-en-sestigste plek uit vier-en-sestig lande kon behaal, spreek verdere insiggewende boekdele.
Vrou wat familie glo vir versekeringsgeld vermoor weer in hof
Ondersoeke het aan die lig gebring dat die verdagte op ʼn bedrieglike wyse versekering namens haar familielid uitgeneem het voor haar moord.
Duitse boere betoog steeds
Volgens die Duitse Boerevereniging (DBV) het ongeveer 100 000 trekkers in die loop van die betogings die strate ingevaar.
Familielid, nog twee vas vir moord op onderwysbeampte
Nadat hy vir die verdagtes geld gegee het, het hulle hom geskiet en van die toneel gevlug.