Dít is wat boekwurms in Augustus gelees het

Die Afrikaanse boekemark se fiksie, niefiksie en kinderboeke bied ʼn groot verskeidenheid leesstof aan boekwurms. Voeg hierby tientalle resensies, lesersindrukke en skrywersonderhoude wat in die media verskyn, en dit is te verstane dat lesers soms kopkrap oor hul leeslyste en boekaankope.

Graffiti Boeke het pas ʼn topverkoperlys vir Augustus bekendgemaak. As jy dus nog wonder wat om nou te lees, behoort dié lys jou te help. Maak ook seker dat jy nie onderaan hierdie berig die voorskou misloop van Graffiti se Aanlynkuiers wat in September aangebied word nie.

Fiksie

  1. Een vir een deur Peet Venter (Lapa Uitgewers)
  2. Marilyn deur Chanette Paul (Lapa Uitgewers)
  3. 25 Trappe na benede deur Madelein Rust (Lapa Uitgewers)
  4. Moord op Lake Panic deur Leon van Nierop (Penguin Random House)
  5. Die waarde van stil bure deur Zelda Bezuidenhout (NB-Uitgewers)
  6. Roofdier deur Marie Lotz (NB-Uitgewers)
  7. Die uil in die ysbos deur Susan Coetzer (NB-Uitgewers)
  8. Na ʼn plaas in Afrika deur Irma Joubert (Lapa Uitgewers)
  9. Stil vloei die Komati deur Elize Parker (Lapa Uitgewers)
  10. Die getuienis deur Francois Smith (NB-Uitgewers)

Niefiksie

  1. Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniel Lotter (Protea Boekhuis)
  2. Afrikaner Sondebok? deur Albert Blake (Jonathan Ball Uitgewers)
  3. Vleis deur Annelien Pienaar (NB-Uitgewers)
  4. ʼn Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver (NB-Uitgewers)
  5. 100 dae van vriendelikheid deur Andries Cilliers (NB-Uitgewers)
  6. Skeef deur Renaldo Schwarp (Lapa Uitgewers)
  7. Uitgewerp: Marizka Coetzer, die storie deur Sonja Brown (Malherbe Uitgewers)
  8. Marinda se koskas deur Marinda Engelbrecht (NB-Uitgewers)
  9. Afspraak met moord deur Jana Marx (Lapa Uitgewers)
  10. Tao van wakker word deur Abel Pienaar (Naledi Uitgewers)

Kinderboeke

  1. Die mooiste sprokies van Grimm (tweede uitgawe) deur Marita van der Vyver (NB-Uitgewers)
  2. Inventors, bright minds and other science heroes of South Africa deur Engela Duvenhage
  3. Dagboek van ʼn Wimpy Kid 15: Diepkant deur Jeff Kinney (Penguin Random House)
  4. Wêreld van Wolwe: Tweede Asem deur Fanie Viljoen (Lapa Uitgewers)
  5. Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenhage (Lapa Uitgewers)
  6. Pippie Langkous-omnibus (heruitgawe) deur Astrid Lindgren (NB-Uitgewers)
  7. Raai hoe lief is ek vir jou (herdruk) deur Sam McBratney (NB-Uitgewers)
  8. Top Model – DIY Paper Fun deur Top Model
  9. Klankboek: Klara die koei deur Phambili Uitgewers
  10. Leer my lees (Vlak 1): Hallo Tippie deur Jose Palmer en Reinette Lombard (Lapa Uitgewers)

Romanza (Lapa Uitgewers)

  1. Lentemelodie deur Madelie Human
  2. Uiteindelik verlief deur Dina Botha
  3. Waag en wen deur Renda Dewaal-Fourie
  4. Nogtans sal ek jou liefhê deur Magdaleen Walters
  5. Tussen liefde en haat deur Corné van Rooyen
  6. Hart van klip deur Didi Potgieter
  7. Een dag op ʼn slag deur Nerine le Roux
  8. Hart van staal deur Didi Potgieter
  9. Reguit na my hart deur Nellie Alberts
  10. Soos in stories deur Dina Botha

Kyk ook uit vir Graffiti Boeke se Aanlynkuiers wat weekliks op Facebook aangebied word. Die jongste boeke word bekend gestel tydens ʼn aanlyn gesprek met skrywers. Lesers kan uitsien na die volgende boekgesprekke wat in September aangebied word:

  • 2 September: Leon van Nierop gesels met Phyllis Green (gespreksleier) oor Moord op Lake Panic (Penguin Random House)
  • 7 September: Etienne Fourie gesels met Jaco Jacobs (gespreksleier) oor Man in die maan (NB-Uitgewers)
  • 14 September: Nicole Jaekel Strauss gesels met Phyllis Green (gespreksleier) oor Om alleen te gaan (NB-Uitgewers)
  • 16 September: Renaldo Schwarp gesels met Hannelie Booyens (gespreksleier) oor Skeef (Lapa Uitgewers)
  • 21 September: Marco Botha gesels met Bun Booyens (gespreksleier) oor Die spore van Gert Saggiestrap (Flyleaf)
  • 23 September: Elsa Winckler en Sonja Goldberg gesels oor Leef jou nuwe lied, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
  • 28 September: Chris Karsten gesels oor Gerugte van ontvoering, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
  • 30 September: Irna van Zyl gesels met Margit Meyer-Rödenbeck (gespreksleier) oor Op ʼn mooi dag (Penguin Random House)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.