Die Proteas droom daarvan om onverskrokke spel in witbalkrieketwedstryde op te dis en danksy Heinrich Klaasen se flitsende kolf het hulle gewys dat drome ook ʼn werklikheid kan word.
Alles deur die skrywer Johann Gresse
Rafa is sy toptienplek kwyt
Die vorige keer dat Rafael Nadal nie onder die tien voorste tennisspelers ter wêreld getel het nie, was daar nog nie iets soos WhatsApp, Twitter of Instagram nie.
Kurt-Lee en Canan toer saam
Ná ʼn paar nederlae – teen plaaslike én oorsese teenstanders – het die Bulls indringend spelers nodig wat oor die X-faktor beskik om hulle weer ʼn hupstoot te gee.
Klaasen se klappende kolf kelder Windies
Heinrich Klaasen se warrelwindbeurt (119 onoorwonne lopies vanaf 61 aflewerings) het toegesien dat die Proteas uiteindelik die Wes-Indiese Eilande op ʼn drafstap in Potchefstroom gewen het.
Beers en Blevins trap na skofsukses
Matthew Beers, ʼn 28-jarige Suid-Afrikaner, het saam met sy Amerikaanse spanmaat die tweede skof van die Absa Cape Epic gewen.
Tukkie-treurmare duur voort
Tukkies het nou sy vyfde agtereenvolgende nederlaag op ʼn streep gely toe hy teen Maties in Stellenbosch vasgeval het.
Hallo, meneer Robertson
Nieu-Seeland se rugbybase het vandag bevestig dat Scott Robertson die volgende afrigter van die All Blacks sal wees.
SA’ners skop stof op in Epic
Amy Wakefield en Candice Lill het die eerste skof van die Absa Cape Epic gewen.
Alcaraz weer wêreld se beste
Carlos Alcaraz het nie net Daniil Medvedev se opmars na nog ʼn titel gestuit nie, maar hy het terselfdertyd ook vir Novak Djokovic as die wêreld se voorste speler onttroon.
Sergio pronk in die kollig
Red Bull het eerste en tweede oor die wenstreep in Saoedi-Arabië gejaag, terwyl Fernando Alonso ook weer sy bestuurvernuf ten toon gestel het.
Poubloues hardloop Haaie flou in tweede helfte
Griekwas en die Cheetahs het vandag hul Curriebeker-wedstryde gewen.
Beers en Blevins glimlag ná proloog
Die eerste skof van die Absa Cape Epic begin môre in Hermanus.
Sesnasies in sakkie; nou het Sexton Wêreldbeker in visier
Intussen is Engeland-ondersteuners suur omdat Jaco Peyper vir Freddie Steward met ’n rooi kaart van die veld gejaag het.
Grofgeskut pak mekaar in eindstryd
Carlos Alcaraz en Daniil Medvedev sal rakette in die eindstryd van die ATP 1 000-toernooi in Kalifornië kruis.
Bavuma-spogbeurt stuit Windies nie in spore
“Temba [Bavuma] het ʼn ongelooflike beurt gespeel en hy het eintlik verdien om die wedstryd te wen,” het Shai Hope, Windies-kaptein, gesê.
Skotte sweet bietjie op sonnige Murrayfield
Skotland het egter steeds te veel skietgoed op hul tuisveld vir die moedige Italianers gehad, met Blair Kinghorn en Duhan van der Merwe wat amok gemaak het.
Streeptruie laat Bulle wéér gly op Loftus
Die rugbywaarskuwingsligte flikker nie net tans in Pretoria nie, hulle is sommer permanent aangeskakel – Eskom laat dit immers vandag so ʼn bietjie toe.
Twee wedstryde tussen Carlos en topplek
Carlos Alcaraz het vir die halfeindstryd van die Indian Wells-toernooi gekwalifiseer. Indien hy met die louere sou wegstap, sal hy Novak Djokovic as die wêreld se voorste speler onttroon.
Bulle wil Loftus weer ʼn vesting maak
Edgar Marutlulle het ʼn rits veranderinge aan die span aangebring wat harde bene teen die Laevelders gekou het.
Witjas Dar groet elite-groep
Die Internasionale Krieketraad het intussen bevestig dat Suid-Afrika se Adrian Holdstock nou deel van sy elite-paneel van skeidsregters is.