Maandag se tweede ronde van die Varsitybekerreeks kan die spanne wat ’n tweede keer verloor se kanse ernstig beduiwel om in die uitspeelrondes te speel.
Alles deur die skrywer Marnus Kok
Blitsbokke wreek hul neerlae teen Engeland
Nadat Engeland Suid-Afrika in die groepwedstryde van die Australiese been van Wêreldrugby se sewesreeks en ook in die Kaapstadse eindstryd geklop het, was die Blitsbokke onder druk.
Varsitykrieket-kroon kry ’n nuwe tuiste
’n Nuwe Varsitykrieket-kampioen is Saterdagaand op Senwespark in Potchefstroom gekroon.
Blitsbokke loop hul rieme styf in groepronde
Die Blitsbokke, rammetjie-uitnek na verlede naweek se oorwinning in die Nieu-Seelandse toernooi, het Saterdag in die groepronde van Wêreldrugby se sewesreeks in Sydney hulle rieme styfgeloop
Blitsbokke gunsteling vir Sydney-titel
Die Blitsbokke sê hulle voete is stewig op die grond en hulle begin van vooraf wanneer hulle Saterdag in Sydney in die vierde toernooi van die Wêreldrugby-sewesreeks speel.
Sharks, Cheetahs soek antwoorde in dié wedstryde
ʼn Mens weet nie mooi wat jy te wagte kan wees wanneer die Sharks Vrydagaand in Umlazi se Koning Zwelithini-stadion twee opwarmwedstryde teen die Cheetahs speel nie.
Pumas se baljagter kry sy deurbreekkans
Een van Suid-Afrika se voorste baljagters die afgelope jare is deur die Stormers ‘geleen’ – en dit mag dalk net sy kans wees om na hoër louere deur die breek.
Varsitybeker: Reën kelder hardloopplanne
Die eerste ronde van die Varsitybekerreeks, wat grootliks op nat velde beslis is, het gewys dat die spanne die bal wil rondgooi – en dis sommer goeie nuus vir ondersteuners.
Varsitybeker: spanne sal vroeg kleim wil afsteek
Die 2017-Varsitybekerreeks skop Maandagaand in sy tiende jaar af in ʼn toernooi wat die eerste keer nege spanne in die rondomtalieronde sal hê.
Min te lees in Stormers en Bulls se Harare-seges
Die Stormers het die Cheetahs Saterdagmiddag in ’n opwarmwedstryd in Harare 43-7 geklop en die Bulls het, ook in Harare, 38-17 teen die Lions gewen.
Onoorwonne Blitsbokke teen Franse in halfeind
Die Blitsbokke het al hulle groepwedstryde Saterdag in Wêreldrugby se sewesreeks in Wellington gewen om eerste in groep B te eindig. Hulle kom Sondagoggend (02:44) in die kwarteindstryd teen Frankryk te staan.
Varsity-krieket: dit gaan sesse reën
Die derde Varsity-kriekettoernooi begin Maandag in Potchefstroom, met die verdedigende kampioen, die Universiteit van Pretoria (Tuks), wat daarna sal mik om ’n derde opeenvolgende jaar die kroon te dra.
Cheetahs en Stormers kondig groepe vir Harare aan
Reniel Hugo sal ’n Cheetah-span aanvoer wat Saterdag in Harare in ’n oefenwedstryd teen die Stormers te staan kom.
ʼn Kykie na die Varsitybekerspanne se kanse
Daar is minstens vyf spanne wat ’n realistiese kans staan om as 2017-Varsitybekerkampioen gekroon te word. Die reeks skop Maandagaand af.
Venter en dalk ook Gary Gold sit afrigtersuittog voort
Brendan Venter se ooreenkoms om tot met die 2019 Wêreldbeker Italië se verdedigingsafrigter te wees, kon nie op ’n slegter tyd vir Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners gekom het nie.
Valke wil volgende jaar hoog vlieg
Die Valke het verskeie versterkings gekry met die oog op die 2017-seisoen en ’n hele klomp staatmakers gaan ook weer hulle rugby in Kemptonpark speel.
Rudolph weer kaptein van gedugte Luiperdsgroep
Jeandré Rudolph, wat die Luiperds verlede jaar na die eindstryd van die Curriebeker Eerste Liga en die NWU-Pukke na Varsitybeker-glorie gelei het, is weer in 2017 vir die Luiperds beskikbaar.
All Blacks verneder Springbokke
Nieu-Seeland het Suid-Afrika Saterdag op Kingspark in Durban verneder deur hom 57-15 te klop.
Griffons leer die Luiperds ʼn rugbyles
Die Griffons is die nuwe Curriebeker Eerste Liga-kampioen nadat hulle die Luiperds Vrydagmiddag op Olënpark in Potchefstroom met 44-25 ‘n rugbyles geleer het.
Eerste Liga-eindstryd: ʼn voorspelling is dwaas
Net ʼn dwaas sal dit waag om ʼn voorspelling te waag oor die uitslag van die Curriebeker se Eerste Liga-eindstryd tussen die Luiperds en die Griffons Vrydagmiddag op Olënpark in Potchefstroom.