Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word

Radovan Krejcir. Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir. Foto: www.lidovky.cz

Regter Ramarumo Monama het Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof beslis dat Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, van die tronk na ʼn privaat mediese inrigting oorgeplaas moet word.

“Ek bevind die kenner, Krejcir se dokter, as geloofwaardig,” het Monama gesê. “Hy het meer as genoeg bewyse verskaf en ek beskou hom daarvolgens as ʼn betroubare getuie.”

Ulrich Roux, Krejcir se regsverteenwoordiger, het Sondag ʼn dringende aansoek voor die hof gebring om Krejcir in ʼn privaat mediese sentrum te laat opneem. Krejcir se dokter, wie se naam weens veiligheidsredes nie genoem mag word nie, beweer dat hy nierversaking kan kry indien hy nie in die hospitaal opgeneem word nie. Hy het gesê Krejcir se beserings stem ooreen met iemand wat aangerand is.

Krejcir is Vrydagaand by sy huis in Bedfordview in hegtenis geneem en beweer hy is daarna met ʼn skokstok geskok en daar is ʼn sak oor sy kop getrek. Intussen het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gesê Krejcir se bewerings oor sy aanranding sal ondersoek word. Lees meer hier.

Die staat het ʼn staatsdokter en polisiebeampte laat getuig. Volgens die staatsdokter het hy slegs beserings aan Krejcir gesien, wat deur boeie veroorsaak kon word. Monama het gesê die staat se benadering in hierdie geval is “ʼn jammerte”.

“Hulle het meestal op die sigbare kwessies gekonsentreer. Die probleem in hierdie aansoek is nie om te bepaal of die aansoeker aangerand is of nie – dit sal die ondersoekers bepaal. Die hoofrede van die aansoek was om te bepaal of Krejcir dringende mediese sorg benodig.” Hy het gesê Krejcir het volgens die grondwet die reg tot menswaardigheid en mediese behandeling. “Ek vind die aansoeker het ‘n behoorlike saak,” het Monama.

Die respondente, die minister van die polisie, is gelas om die koste van die aansoek te betaal.

Krejcir en ʼn ander persoon het ook vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord en ontvoering. ʼn Datum vir sy borgtogverhoor is tydens die verskyning bespreek. Die klagtes hou verband met ʼn beweerde aanranding in Junie.

Lees ook:
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Wie betaal vir hierdie bevoorregte private behandeling ? n gevangene is mos staatseiendom ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.