Krejcir vertrou glo nie staatsdokter

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir Foto: www.lidovky.cz

Radovan Krejcir, omstrede sakeman van Tsjeggië, het glo nie geweier dat ʼn staatsdokter hom ondersoek nie, maar hy het nie die dokter genoeg vertrou om sy bloed te trek nie, het sy prokureur Maandag aan SAfm gesê.

“Hy het nie veilig gevoel nie. Hy was nie oortuig dat die staatsdokter wel ʼn mediese praktisyn is nie en wou nie gehad het dat dié persoon sy bloed moes trek nie. Sy bloed is in daardie stadium reeds deur twee onafhanklike dokters getrek,” het Ulrich Roux, Krejcir se prokureur, gesê.

Roux het gesê Krejcir is Saterdag deur twee dokters ondersoek nadat hy glo ná sy inhegtenisneming deur polisiebeamptes aangerand is.

“Die uitslag van die bloedtoetse het die twee onafhanklike dokters oorgehaal om Krejcir onmiddellik na ʼn hospitaal te verwys, en hulle het aanbeveel dat hy onder hospitaalbewaring moet wees. Die staatsdokter se ondersoek was uiters gebrekkig,” het hy gesê.

Roux sê sy kliënt het nie geweier om ondersoek te word nie. “Hy is Sondag om 12:00 ondersoek nadat ons ʼn dringende hofinterdik ingedien het om hom in ʼn mediese fasiliteit te plaas.”

Roux het later in ʼn onderhoud met SAfm gesê die staatsdokter het Krejcir nie self in die selle ondersoek nie. “ ʼn Polisiebeampte het opgedaag en versoek dat hulle sy bloed wil trek,” het Roux verduidelik. “Ons kliënt het geweier, omdat hy nie oortuig was dat die persoon, wat die bloed wou trek, wel ʼn mediese praktisyn is nie.”

Krejcir moet na verwagting Maandag in die landdroshof in Palm Ridge verskyn waar hy en ʼn ander persoon aanklagte van poging tot moord en ontvoering in die gesig sal staar. Die klagtes hou verband met ʼn beweerde aanranding in Junie.

Die hooggeregshof in Johannesburg sal ook na verwagting Maandag uitspraak lewer of Krejcir uit aanhouding na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word ná die beweerde aanranding.

Roux het aan SAfm gesê Krejcir se basiese grondwetlike reg tot regsverteenwoordiging en mediese sorg is geskend.

Krejcir is Vrydagaand by sy huis in Bedfordview in hegtenis geneem.

– SAPA

Lees ook:
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.