Die ras-ding slaan nou oral uit en plaas druk op die Suid-Afrikaanse samelewing en gebeure soos die komende verkiesing. Herman Toerien kyk na aanleiding van die jongste bloedvergieting in die VSA waarby die polisie betrokke was, en die SAUK-omstredenheid alhier hoe die polisie en die media kan bydra tot oplossings of verergering van polarisasie.
Redakteursbrief: Hier’s die Maroela-app waarvoor jy gewag het (en dis gratis)
Toe ons jongste, amper 7, anderdag ʼn gewone lessenaarrekenaar sien, sê hy: “Mamma, is dit ʼn outydse rekenaar?” As mens ʼn digitale mediahuis is in die tyd waarin ons lewe, is dit nogal ʼn uitdaging om nie “outyds” te word nie.
Oom Herrie se kerrie: Die Engelse hekkie
As iemand Engels is, respekteer oom Herrie dit. Maar as iemand nie Engels is nie en hy maak asof hy Engels is, dan is dit vir oom Herrie kômmin. Soos miesies Wên der Baail wat oor die onderdeur vir die kinders in die agterplaas skree: “Tsjildrin, kam out of de afterjaart. Joe wil têmp ien de houndestrount.”
Nuuskommentaar: As veldtog téén rassisme self rassisties word
Die blatante onewehandigheid waarmee gereeld teen wit en swart opgetree word wanneer iemand hom of haar aan rassistiese optrede skuldig maak, word al meer deel van die probleem eerder as die oplossing. Pas het die VF Plus juis hieroor antwoorde by die Menseregtekommissie gesoek – die een instelling wat nie kan bekostig om onewehandig op te tree nie.
Nuuskommentaar: Afkophoenders op loop in SA
Die positiewe sy van Jackson Mthembu van die ANC se skerp woorde teen die opspraakwekkende verwikkelinge binne die SAUK word oorskadu deur ʼn rits verwikkelinge in Suid-Afrika gister wat op regeringschaos dui. Selfs Mthembu se optrede is kommerwekkend, omdat dit op ʼn algehele gebrek aan die onderskeid tussen regerende party en staat dui.
SAUK-krisis wys hoe belangrik gemeenskapsmedia is
Die storms wat nou by die SAUK woed, wys hoe kwesbaar die openbare media vir politieke oorname is.
Navo-spitsberaad: Bal Russe vuis of nie?
Aanstaande Vrydag en Saterdag kom die regeringsleiers van die 28 Navo-lidlande vir hul jaarlikse spitsberaad byeen, dié keer in Warschau. Die belangrikste item op die agenda is hoe om wat ervaar word as die Russiese bedreiging te beantwoord.
Nuuskommentaar: Wanneer klikbekke helde word
Die regsoptrede teen die SAUK se omstrede redaksionele manewales kan sterk ondersteun word as groot getalle fluitjieblasers binne ’n beskermde omgewing na vore tree. So help hulle nie net hul kollegas wat openlik die rug styfgemaak het nie, maar bevry hulle hul eie gewete en kan help keer dat ’n vry en regverdige verkiesing en die Grondwet onder ons neuse uit gesteel word.
Red Afrikaans: Wolraad Woltemade se les
Dit het in 2016 uiteindelik begin deurdring dat die nuwe Suid-Afrika se regering die staat se skole, universiteite en al die staatseiendom besit en daarmee maak wat hy wil; en vir Afrikaans en die kwessie dat Suid-Afrika sy hedendaagse bestaan grotendeels in Afrikaans verkry het, geen respek het nie.
Afrikaans buig dalk die knie, maar val beslis nie
Ek neem kennis van debatte op sosiale media – aan die een kant groepe wat dit handhaaf dat Afrikaanse studente self kies om in Engels te studeer en aan die ander kant groepe wat daarteen argumenteer. Ek moet bieg dat verskeie van my kollegas by openbare universiteite dit bevestig het dat die getal studente in die Afrikaanse klasse die afgelope drie jaar afgeneem het en die getal studente in die Engelse klasse weer toegeneem het.
Nuuskommentaar: Kan SA nog ’n vry en regverdige verkiesing hê?
Gaan Jimi Matthews se erkenning dat die SAUK nuus ten gunste van die ANC gemanipuleer het, nou daartoe lei dat die OVK skerper gaan kyk of die openbare uitsaaier dalk ’n struikelblok geword het om te verseker dat die komende verkiesing vry en regverdig verloop het?
Die Maroelaboom groei tot ʼn Afrikaanse reus
“…Maar toe kom Maroela Media, en skep ʼn kuberdorpsplein, ʼn gesellige bymekaarkomplek vir Afrikaans en sy sprekers – waar jy ook al is…” Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, vertel van die totstandkoming van Maroela Media tot dié mediahuis gegroei het tot meer as 1 miljoen unieke gebruikers per maand.
Redakteursbrief: Dankie aan jóú – een van Maroela se 1 miljoen lesers
Ons vier vandag by Maroela Media ʼn groot mylpaal: meer as 1 miljoen lesers het in Junie vanjaar Maroela Media gelees. Dis die eerste keer dat Maroela die 1 miljoen-kerf verbysteek. Lees Susan Lombaard se redakteursbrief.
Nuuskommentaar: ʼn Eie Afrikaanse universiteit
Die een briefskrywer na die ander vra nou Afrikaanssprekendes moet saamstaan om ʼn private, Afrikaanse universiteit op te rig om te voldoen aan die behoefte wat weens die verengelsing van voormalige Afrikaanse universiteite ontstaan. Daar is egter ʼn bestaande projek, Akademia, wat reeds besig is om uit sy kinderskoene te groei.
Britte verlaat die Europese Unie
Op 23 Junie 2016 het Brittanje uit die Europese Unie getree. Die skommeling in die geldmarkte het aangedui dat die uitslag onverwags en selfs vir baie ongewens was. Dit is vir ons van belang om te weet hoe die gebeure ons raak.
Die toorn van swart rassiste: “Niemand weet meer wat om te doen nie”
Ernst Roets neem die nuwe golf van anti-wit rassisme en die ooreenkomste tussen Suid-Afrika en die VSA onder die loep. Hy haak aan by Jesse Williams se “whiteness”-toespraak by die BET-toekennings waarna Justin Timberlake op Twitter geroskam is toe hy gesê het die toespraak het hom geïnspireer.
Drie hoera’s vir Brexit!
Die “chattering classes” het baie geskryf en gepraat, Brexit gekritiseer, min gebalanseerde ontleding aangebied en dan bloot volstaan met “ons weet nie wat gaan gebeur nie”. Dr. Eugene Brink neem die Brexit-referendum en uitslag onder die loep.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle en Isis se terreur-aanslae
Isis se terreuraanvalle is erg en verdien die baie nuusdekking en veroordeling wat dit te beurt val, maar is dit nie moreel selektief as dieselfde mense hulle blind hou vir selfs die ondenkbaar wreedste plaasaanval in Suid-Afrika nie?
Oom Herrie se kerrie: As die mens se beste vriend vergiftig word
Nou eendag voel Oom Herrie weer vol energie en besluit om ’n ent verder as gewoonlik met die honde te gaan stap. “Stap” is miskien nie heeltemal die regte woord nie, want veral Wolf span sy dik sleehondpote in om die stapper goed rond te sleep. En by omtrent elke huis moet die arme brak anderkant die heining ook nog bestorm word.
Nuuskommentaar: Terreur bly adder aan boesem
Nog heelwat inligting moet bekend word oor wie en wat agter die selfmoordbomaanslag op die lughawe van Istanboell sit, maar intussen bly dit ’n belangrike les dat dit nie wys is om omstandighede te skep wat die ontstaan van terroristegroepe bevorder, of selektiewe moraliteit aan die dag te lê met die steun en teenkanting van verskillende terreurgroepe nie – dit gaan jou aan die agterent byt.