Twee oudministers van minerale hulpbronne in die Zuma-era gaan voor die parlement gedaag word om oor staatskaping te getuig.
Eienaar van SanWild sterf tragies
“Hoe onregverdig voel hierdie wêreld vandag… Ten minste sal sy onthou word as ʼn ongelooflike diere-ambassadeur en ʼn ma wat altyd daar was vir my.”
Meer as R2 miljoen se skade ná sokkergeweld
Die skade aan die Moses Mabhida-stadion in Durban ná ontstoke toeskouers Saterdag op die veld gestorm en daar algehele chaos losgebars het, is na raming R2,6 miljoen.
87 vas ná geweld in Vrystaat
Die Vrystaat het die afgelope week gebuk gegaan onder gewelddadige protesaksie in verskeie dorpe waartydens paaie met brandende bande afgesper, winkels geplunder, eiendom afgebrand en ʼn polisievoertuig met klippe bestook is.
Nuwe hoop vir 3-jarige met seldsame sindroom
“Melanie Dingle, Antoiné se ma, het gesê ʼn vrou uit die VSA het haar gekontak na afloop van Maroela Media se berig oor Antoiné.”
Bakkiebestuurder hoor lot ná hy jong man na sy dood sleep
“Ek het my seun verloor. Niks sal hom ooit terugbring nie.”
SA staal hom vir landswye staking
Stakers en optoggangers het al sedert vroegoggend in verskillende stede reg oor die land saamgekom om gereed te maak vir die onderskeie optogte wat sal plaasvind.
Nuuskommentaar: Woordestryd oor AfriForum duur voort
Die openbare diskoers duur steeds voort of AfriForum reg of verkeerd is in sy besluit om Julius Malema privaat te vervolg sou die NVG versuim, maar dit lyk darem of die NVG nou bietjie meer op sy tone is.
Egpaar se inisiatief roer harte ná dogter skielik sterf
“Niks kon dit keer nie. Ek kon nie groet nie, ek kon nie rustig met haar praat nie en ek kon nie vir haar bid nie. Ek weet ook nie of ek vir haar sou bid nie – die skok was so groot dat ek verlam was.”
DA se valbyl gestel vir De Lille
Twee vrae kom dan op: Wat gaan sy doen, en wat gaan die DA doen?
Nóg eise dat Mahumapelo se kop moet rol
“Die inwoners van Noordwes word deur die ANC geflous. As hulle nie [Mahumapelo] verwyder nie, sal ons hulle help om hom uit sy amp te verwyder.”
Saftu: Busstaking sál verskerp as ooreenkoms nie bereik word
“Saftu sal nie verantwoordelik gehou word vir wat ook al van vandag af vorentoe gebeur nie.”
Parlement se net trek nouer om Supra
Die parlement se net trek ál nouer om die bewerings van korrupsie in die Noordwes-regering sedert die oorname van die huidige premier, Supra Mahumapelo.
Tropiese storm eis 2 lewens; SAL kanselleer vlugte
Die tropiese storm wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) twee vlugte na en van Mauritius moes kanselleer, het reeds die lewens van twee mense op die Franse eiland Réunion, geëis.
‘Masterchef’-deelnemer sterf skielik
Nooddienste het die professionele sjef luidens omstanders te help gesnel en met hom hospitaal toe gejaag waar hy later dood is.
SAL verdedig uitkontraktering van lyfwagte vir R35 m
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Dinsdag die uitkontraktering van lyfwagte vir talle SAL-hoofde, wat glo R35 miljoen gekos het, verdedig.
SAL benodig sóveel om skuld te betaal
Tydens Dinsdag se sitting is daar vir die SAL se uitvoerende hoof, Vuyani Jarana, gevra wanneer SAL ʼn moontlike reddingsboei sal benodig. Sy antwoord was volgens die vakbond ʼn onomwonde: “Dadelik”.
EFF-lede dreig om Bronkhorstspruit tot stilstand te ruk
Spanning by die hof was op ʼn mespunt nadat ʼn groep EFF-lede ná die uitspraak die hof binnegestorm het, die landdros omring het en aangedring het dat hy moet verduidelik waarom hy die oorplasing goedgekeur het.
Eskom-hoof onskuldig; binnekort weer op sy pos
Eskom het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig dat Abram Masango, die geskorste uitvoerende direkteur van groepskapitaal by Eskom, onskuldig bevind is met betrekking tot die aanklagte van wangedrag teen hom.
Bryan Habana hang sy rugbystewels op
“Ek is ongelooflik dankbaar vir die herinneringe wat ek saam met my kan vat na my volgende hoofstuk.”