Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het Saterdag die name van die 20 addisionele lede van die party se nasionale werkskomitee (NWK) bekend gemaak. Vroue word veral goed verteenwoordig op dié komitee.
Steeds geen teken van vermiste tiener
“Leerders en vriende het eers later die middag besef hy is nie meer sigbaar in die water nie en het alarm gemaak,” het die NSRI gesê.
Boer, buitelanders vas oor renosterhoring
Fenc is op R50 000 borgtog vrygelaat, maar is in huisarres geplaas. Du Plessis sowel as Cornelius is elk op R1 000 borgtog vrygelaat. Hong bly in aanhouding omdat sy nie enige reisdokumente kon aanbied om te bewys dat sy wettig in die land is nie.
‘Hulle het die kinders getart met kos’
Die egpaar van Kalifornië in die VSA wat in hegtenis geneem is nadat die polisie hul 13 ondervoede kinders uit hul huis gered het, het glo hul kinders vir maande lank aan hul beddens vasgeketting en hul net een keer per jaar laat stort.
Verligting vir Wes- én Noord-Kaap op pad
“Onder dié omstandighede kan hoë vogvlakke moontlik lei tot modderstortings in gunstige gebiede. Die droogte het die oppervlak op plekke gestroop van plantegroei en dit dra ook by tot die moontlikheid van modderstortings in heuwelagtige of bergagtige gebiede.”
‘Mangope sal waardige begrafnis hê’
“Die premier se kantoor het amptelik ʼn boodskap van die familie ontvang en sal verseker dat Kgosi Mangope ʼn waardige begrafnis kry,” het die premier van Noordwes gesê.
Man vas wat glo wapens namens onwettige myners bekom
Die verdagte het glo reeds ʼn wapen in sy hand gehad toe beamptes hom nader.
Overvaal: ‘Dit gaan nie oor weerhouding van onderwys nie’
Dit gaan hier nie oor die weerhouding van onderwys aan enigiemand nie, maar oor die behoud van Afrikaans as onderrigtaal by Hoërskool Overvaal.”
Life Esidimeni: Beampte huil histeries, sê jammer
“Ek voel so verneder, so nutteloos,” het Jacobus gesê terwyl sy histeries gehuil en die families van die oorledenes om verskoning gevra het.
Appèlhof sê oor Winnie en die Qunu-huis
Mandela het in sy testament die Qunu-eiendom aan alle lede van die Mandela-familie bemaak as ʼn plek waar hulle verenig kan word.
OB gevra om Vrystaat-onderwys te ondersoek
“Elke jaar, sonder uitsondering, begin Vrystaatse skole die nuwe skooljaar sonder geld vir bedryfsuitgawes soos water, elektrisiteit en skryfbehoeftes.”
Listeria by Jhb-voedselafsetpunt gevind
“Inwoners word gevra om hulle onmiddellik by hul naaste kliniek aan te meld indien hulle enige simptome ervaar wat daarmee [listeriose] verbind word.”
Mooinooi-vroue: ‘Meesterbrein’ wis nie hoekom hy vas is nie
Die staatsaanklaer wou by die beskuldigde weet of hy bewus is dat die polisie ʼn vuurpit op sy perseel in die Buffelsfontein-gebied van Mooinooi gevind het waarin beendere was.
Komitee kap na OB oor staatskaping-uitsprake
“Dit is nie haar plek om te versoek dat die verwysingsraamwerk van die staatskapingondersoek uitgebrei moet word nie.”
Tekenprent: Afrikaanse kinders sit-sit só
Die tekenprentkunstenaar lewer kommentaar oor Afrikaanse skole wat vandeesweek opnuut onder skoot was toe betogings by die Hoërskool Overvaal uitgebreek het, ná ‘n hofuitspraak wat bepaal het dat die skool nie Engelse leerders hoef in te neem as dit reeds vol is nie.
Wag wat glo kinders molesteer se prokureur onttrek
Die prokureur van die 57-jarige veiligheidswag wat daarvan beskuldig word dat hy 55 leerders na bewering seksueel aangerand het, het Vrydag aan die Protea-landdroshof gesê hy onttrek hom aan die saak.
Vier vas ná moord op bekende boekwinkeleienaar
Twee van die verdagtes is minderjarig.
Dokter op verjaardag dood aangetref
ʼn Mediese dokter van Centurion is Donderdagoggend op sy verjaardag dood in sy huis in Wierdapark aangetref.
Man tussen vragmotor en versperring vasgepen
“Die liggaam van ʼn man was tussen die versperring en die vragmotor vasgekeer terwyl drie ander mans op die toneel rondgeloop het.”
Mooinooi-vroue: Beskuldigde wil ‘sorg dat kinders skool toe gaan’
Die beskuldigde het gesê hy is nie bewus van enige gewelddadige betogings teen sy vrylating op borgtog nie.