ʼn 84-jarige man het Vrydag in ʼn hof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord op sy 45-jarige vriendin.
Departement sleep ‘Doom-profeet’ hof toe
Die departement van gesondheid in Limpopo het Vrydag bevestig dat hy ʼn interdik bekom het om die selferkende profeet (Detective) Lethebo Rabalago te verhoed om Doom-insekweerder op sy gemeentelede te spuit.
Rassekwotas ‘ongrondwetlik en irrasioneel’
In een van die sterkste uitsprake nóg oor rassekwotas, het die appèlhof bevind dat rassekwotas ongrondwetlik en irrasioneel is.
Valke sluit dobbelhuise se deure
Die Valke in die Noord-Kaap het Vrydag 19 aanlyndobbelhuise se deure in twee provinsies gesluit.
Lesufi sê jammer oor rassisme by Pta-skool
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag om verskoning gevra vir rassisme en viktimisasie by Pretoria Girls High School.
Suid-Afrika spring rommelstatus vry
Suid-Afrika se langtermyngeldeenheidgradering is Vrydag deur die graderingsagentskap Standard & Poor (S&P) van BBB+ na BBB afgegradeer.
Werker kritiek beseer toe hy in masjien beland
ʼn 27-jarige man is Saterdag ernstig beseer toe hy in ʼn nywerheidsmasjien in Industrial Park, Pietermaritzburg, beland het.
IAAF-atlete van die jaar aangewys
Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het Vrydagaand tydens ʼn gala-geleentheid by Monte Carlo in Monaco dit topatlete van 2016 aangewys.
Groot soektog ná Thabazimbi-plaasaanval
Die polisie in Thabazimbi, Limpopo, het ʼn groot soektog van stapel gestuur op soek na die mans wat Bertie Cilliers (54) Vrydag op sy plaas aangeval het.
Man vas wat glo 12-jarige as seksslaaf aangehou het
ʼn 37-jarige man is Vrydagoggend in Sunnyside in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo die afgelope twee maande ʼn graad 7-leerder as ʼn seksslaaf aangehou het.
Nuwe MRK-kommissarise aangestel
Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig vyf nuwe voltydse kommissarisse is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aangestel.
Student vas oor kamermaat se moord
ʼn Derdejaarstudent wat landbou aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer, is in hegtenis geneem in verband met sy kamermaat se dood.
[Foto’s] 1 dood, 3 beseer toe trok hulle tref
ʼn 23-jarige vrou is dood en drie persone beseer toe ʼn vragmotor Vrydagmiddag klante by ʼn supermark in Verulam, KwaZulu-Natal getref het.
Vrou sterf tydens gewapende huisroof
Lo-Anne Koekemoer (41) is Vrydagoggend dood toe vyf mans die gesin in hul huis in Glen Donald, Meyerton in Gauteng, oorval het.
Kaapstad waarsku weer oor damvlakke
Die stad Kaapstad het weer ʼn waarskuwing uitgereik oor damvlakke in die stad.
F1-kampioen skok met aankondiging
Nico Rosberg, die 2016 Formule Een-wêreldkampioen, het Vrydag sy uittrede uit die sport aangekondig.
Doodskis-video: Twee hoor eers dán oor borgtog
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man, ene Victor Rethabile Mlotshwa, in ʼn doodskis ingedwing het, se borgtogaansoek is Vrydag in die Middelburg-landdroshof afgehandel.
Boer gedreig ná doodskis-video
Die hof het ook inligting oor die beskuldigdes se persoonlike omstandighede gehoor.
Boervrou vertel van aanval, verkragting
Alison Oates (59) is op 4 Oktober 2015 op haar plaas buite Harrismith in die Vrystaat aangeval en verkrag. Sy het met Maroela Media haar storie gedeel om bewusmaking te skep midde die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.
Bakterie eis drie pasgebore babas in hospitaal
“Ons hoor ook dat soos die getalle styg, die hoogs aansteeklike pasiënte na ander hospitale oorgeplaas word.”