Die Valke het Maandag te velde getrek teen mediaberigte wat beweer dat Pravin Gordhan, minister van finansies, ondersoek word in verband met onwettige aktiwiteite van ʼn beweerde geheime eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Man lewend aan die brand gesteek
ʼn Groep ontstoke inwoners van Limpopo het Sondag glo ʼn jong man wat verdink is van moord en verkragting, lewend aan die brand gesteek.
Man dood tydens skietgeveg met polisie
ʼn Rusie tussen ʼn Virginia-egpaar het Sondag op dramatiese wyse geëindig toe die man tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie doodgeskiet is.
Klasse word hervat by Tuks
Klasse is Maandag by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se Hatfield- en Groenkloof-kampusse hervat onder swaar polisieteenwoordigheid en streng toegangsbeheer.
Zephany Nurse: Beskuldigde vertel hoe sy baba gekry het
Die vrou van Lavender Hill wat daarvan beskuldig word dat sy die drie dae oue Zephany Nurse byna twee dekades gelede uit ʼn hospitaal ontvoer het, het Maandag in trane in die hof getuig hoe die baba glo by haar beland het.
Man sterf ná trok vol mense rol
ʼn Man is Maandagoggend dood en minstens 51 mense beseer nadat ʼn vragmotor wat werkers vervoer het in Mpumalanga gerol het.
Barclays ontken onttrekking uit Afrika
Die Britse bank, Barclays, het Maandag bespiegeling dat dit heeltemal aan Afrika sal onttrek, ontken.
Nuuskommentaar: ‘Onwaarskynlike’ vrede
Asem word opgehou oor of die ooreenkoms tussen die Gautengse ANC en sy filiale, asook Solidariteit en Afriforum, by Tuks stabiliteit sal bring. By Tuks is die EFF uitgesluit, en die EFF-verteenwoordigers het boonop uit ’n gesprek met die minister gestorm en beloof die kampusse sal nie heropen nie. En dan is daar nog die ander universiteite …
[Foto’s] Man se liggaam in Durban-hawe gekry
Die liggaam van ʼn onbekende man is Sondag in die vlak water by die Durban-hawe gevind.
Modelbaas terug in hof oor seksklagtes
Die Suid-Afrikaanse modelagentskapbaas, Dawie de Villiers, sal Maandag weer in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, waaronder seksuele aanranding, verkragting en die besit van kinderpornografie.
Jong man sterf by Houtbaai-mark
David Geldenhuys (22) is oor die naweek in ʼn fratsongeluk by die Bay Harbour-mark in Houtbaai, Kaapstad, dood waar hy as ʼn verkoopsman gewerk het.
Nzimande en polisiehoof vergader oor kampusbetogings
Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, sal Maandag met die polisieminister, Nathi Nhleko, by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) vergader om die rol van die polisie in die beskerming van universiteite te bespreek.
Vrou red man ná weerlig hom slaan
ʼn Egpaar van Johannesburg, wat met verlof in KwaZulu-Natal was om hul huweliksherdenking te vier, het ʼn noue ontkoming gehad nadat die man deur weerlig raakgeslaan is.
Ontvoerde baba gevind
Die babaseuntjie wat Donderdag uit die Worcester-hospitaal ontvoer is, is gevind.
Puk-student sterf skielik
ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is Sondagoggend oorlede, vermoedelik aan breinvliesontsteking.
Vier sterf in Kuilsrivier-ongeluk
Vier mense is vroeg Sondagoggend dood in ʼn ongeluk op die R300 in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.
Kovsies heropen Maandag
Akademiese aktiwiteite by die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag hervat word, met die akademiese termyn wat ʼn week langer sal wees.
Lily-myn: Reddingspoging nog nie hervat
Pogings om ʼn sekondêre skag by Vantage Goldfields se Lily-myn naby Barberton te sak is op koers, het die departement van minerale hulpbronne gesê.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Motorfietsryer, glo in sy 30’s, is Sondag dood in ʼn motorfietsongeluk op die Amajuba-pas naby Newcastle.
Vrou gooi man glo met warm olie
ʼn Vrou sal Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn nadat sy haar man glo met warm olie gegooi het.