Die departement van water en sanitasie het sy kommer uitgespreek oor die droë seisoen wat Suid-Afrika tans beleef.
Petrolbomme op NWU-kampus
ʼn Groot aantal petrol en ʼn groot aantal petrolbomme is op die Mahikeng-kampus van die Noord-wes-Universiteit gevind, het visekanselier prof. Dan Kgwadi Donderdag gesê.
‘Kinderslagter-pa’ in die hof
Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier seuns se kele afgesny het, het Donderdag in die hof verskyn.
[Video] Kovsies gaan standbeelde verwyder
Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het ingestem om ‘n proses van stapel te stuur om die standbeelde van oudpresidente MT Steyn en CR Swart van die Kovsie-kampus te verwyder.
Polisie soek dié man oor Limpopo-plaasmoord
Die polisie in Limpopo is dringend op soek na ’n man wat hulle glo hulle kan bystaan met hul ondersoek na die moord van Johan Oelofse wat Sondag op ’n kleinhoewe buite Louis Trichardt doodgeskiet is.
Vrou by werkplek doodgeskiet: ‘Sy was altyd versigtig vir hom’
“Hy het daarna uitgestap na twee ander vrouens in die kantoor en vir hulle gesê hy is lief vir hulle, maar as hulle nie ook vandag doodgeskiet wil word nie, moet hulle hardloop.”
Britse-pensionaris in SA aangekeer ná hy glo met kinders lol
ʼn 69-jarige Britse burger, wat in sy land tereg staan op verskeie aanklagte van seksuele misdrywe met minderjariges, het Donderdag in die Randburg-landroshof verskyn waar ʼn aansoek gebring is om hom uit te lewer.
kykNET kondig nuwe sepie aan
kykNET het Donderdag aangekondig watter sepie in April volgende jaar in Villa Rosa se plek vertoon sal word.
Goeie nuus: Dowe swemmer red drie van verdrinking
“Dis asof hy nie besef wat hy gedoen het nie. Hy is so nederig en wil nie erkenning of aandag kry hiervoor nie,” het Michael Swartz se ma gesê.
‘Kapers’ vas ná moord op polisieman
Die inhegtenisname van twee vermeende kapers het die Kaapstadse polisie Woensdagaand gelei tot die persone wat moontlik verantwoordelik was vir die skietdood van ʼn beampte Dinsdagaand by ʼn laerskool in die stad.
Droogte knou wildboerdery
Die droogte in noordelike provinsies van die land het ʼn dramatiese effek op wildboerdery. WAARSKUWING: Die foto in die berig kan sensitiewe kykers ontstel.
Man wat renoster wou stroop kry tronkstraf
ʼn Man van Louis Trichardt is Woensdag in die plaaslike streekhof gevonnis nadat hy en ʼn medepligtige betrap is toe hulle op pad was om ʼn renoster te stroop.
Vyf sterf in ambulansrit
Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en bewerings van moontlike alkoholgebruik nadat ʼn staatsambulans en ʼn staatslykswa Sondag in die vroeë oggendure naby Viljoenskroon gebots en die lewe van vyf mense geëis het.
Polisievrou vas oor beweerde bande met dwelmhandelaars
ʼn Konstabel van die Tafelsig-polisiestasie in Kaapstad is Woensdag in hegtenis geneem nadat tik en ander dwelmbybehore in haar besit gevind is.
LP’s verklaar: ʼn Vulstasie, ʼn begrafnisonderneming en lobola
Die parlement se register vir ledebelange is Woensdag ter tafel gelê en gee insig in die rykdom en sakebelange van parlementslede.
‘Voorgestelde wysigings aan Deeltitelwet waarskynlik ongrondwetlik’
Die voorgestelde konsepregulasies wat deeltiteleienaars finansieel ernstig kan kniehalter, sal waarskynlik nie die grondwetlike toets slaag nie.
‘Kinderslagter-pa’ hoor dalk vandag oor borgtog
Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier seuns se kele afgesny het, gaan na verwagting Donderdag in die hof aansoek om borgtog doen.
Kleuter sterf, tweede kritiek toe hek op hulle val
ʼn Vierjarige kleuter is dood en ʼn driejarige kritiek beseer nadat ʼn staalhek Woensdag by ʼn huis in Erasmia in Pretoria op hulle geval het.
Poskantoorwerkers vaar strate in oor salarisse
Duisende poskantoorwerkers sal na verwagting Donderdag in Johannesburg opruk om vir hul volle salarisse te betoog.
Nuuskommentaar: Zuma se derde termyn lyk al sekerder
Met al die land se huidige probleme is daar nou nog ʼn vlieg in die salf wat dopgehou moet word – die vooruitsig dat pres. Jacob Zuma ʼn derde termyn as ANC-president kan dien “indien die party hom so versoek”.