Die man van Noordwes wie se been geamputeer moes word nadat hy op ʼn berg in Rustenburg vasgeval het, is oorlede, het Beeld Woensdag berig.
Ses stropers in Krugerwildtuin vasgetrek
Ses vermeende renosterstropers is Dinsdag in twee afsonderlike voorvalle in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
Nuuskommentaar: Die boere, die kitskonstabel en die rooi kneg
Herman Toerien bespreek die invloed van die “Rooi Kneg” in die Boland en Riah Phiyega se twyfelagtige getuienis voor die Menseregtekommissie.
Marokkaanse diplomaat in PTA vermoor
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn Marokkaanse diplomaat Dinsdag dood aangetref is in Pretoria.
Veiligheidswag in Kaapstad doodgeskiet
ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet en nog een beseer tydens ʼn rooftog in Nyanga in die Wes-Kaap.
Watertekort in Vredenburg en Paternoster
Die Saldanhabaai-munisipaliteit het Dinsdag bevestig daar is ʼn watertekort in dele van die Weskus.
Dewani-moordverhoor: Shrien terug in die hof
Die verhoor van Shrien Dewani, wat van sy vrou Anni se moord beskuldig word tydens hul wittebrood in Kaapstad in 2010, hervat Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Twee seuns van Kaapstad ontvoer
Clinton Swart (10) en Samuel Muller (11) het Dinsdag verdwyn nadat twee onbekend mans hul in Landsdowne opgelaai en met hulle weggery het.
Drie Japanners wen Nobelprys vir Fisika
Drie navorsers wat in Japan gebore is, het Dinsdag die Nobelprys vir Fisika ontvang.
Ebola-vrese in Europa
Nog drie mense word in Spanje in isolasie gehou nadat ʼn verpleegster by ʼn hospitaal in Madrid ook met die ebola-virus besmet is.
7th Heaven-akteur vas oor molestering
Stephen Collins, die akteur wat bekendheid verwerf het as die pa en pastoor in die televisiereeks 7th Heaven, het glo in ʼn opname erken dat hy een meisie in New York en een in Kalifornië gemolesteer het, berig TMZ.
Limpopo-huis afgebrand; toerusting vernietig
Toerusting van die Bokoni-platinummyn is vernietig en ʼn huis is aan die brand gesteek buite Burgersfort in Limpopo.
Drie skok dood in KZN
Twee mans en ʼn tiener het Dinsdag naby Tongaat in KwaZulu-Natal doodgeskok.
Man in hof oor perlemoen
Francois Fouche het Dinsdag in die Ventersburg-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat daar meer as ʼn ton perlemoen in sy besit gevind is.
Video: Slagoffer se familie het Eugene de Kock vergewe
Die familie van een van Eugene de Kock se slagoffers het hom vergewe.
Foto’s: Wêreld se duurste hamburger
Die wêreld se duurste hamburger word by die Honky Tonk-restaurant in Chelsea, Londen verkoop en gaan jou sowat £1 100 (nagenoeg R20 000) uit die sak jaag.
Video: SA wyne kry sekuriteit-strokies
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het deesdae selfs strenger maatreëls om die vervalsing van die land se spogwyne te voorkom.
‘Help asb. polisiehoof reg met plaasmoordstatistiek,’ vra TLU SA
“Iemand moet die nasionale kommissaris van polisie, Riah Phiyega, asseblief help met die vertolking van plaasmoordstatistieke.”
Koerde neem Europa op hol
Groot ontsteltenis heers wêreldwyd nadat die IS se vlag Maandag in ʼn deel van ʼn oorwegend Koerdiese stad in Sirië, gehys is.
AfriForum sê Wes-Kaapse boere moet plase “op groot skaal” verdedig
AfriForum het ʼn beroep op Wes-Kaapse boere gedoen om hulself en hul eiendom te beskerm teen die “Ehrenreich/Cosatu-bedreiging”.