SANParke het Woensdag met die proses begin om ʼn aantal witrenosters uit die Krugerwildtuin te skuif.
Unieke SA inheemse kuns in Australië uitgestal
Unieke kwiltwerk gebaseer op die mitologie van die /Xam, die inheemse inwoners van die gebied waarop die SKA-projek in die Karoo opgerig is, is pas in Australië uitgestal.
Geldwa in Rosebank beroof
Drie gewapende rowers het Woensdagoggend op ʼn geldwa in Rosebank losgebrand en die wagte van ʼn aansienlike bedrag geld beroof.
Nederland kry nuwe Bybelvertaling
’n Nuwe Bybelvertaling, “Bijbel in gewone taal”, word vandag amptelik deur die Nederlandse Bybelgenootskap bekend gestel.
Drie sterf toe trok en motor bots
Drie mans is dood en twee mense is kritiek beseer toe ʼn motor en ʼn vragmotor reg van voor gebots het op die R617 in Bulwer, KwaZulu-Natal.
Vet Kim Jong-un breek glo beide enkels
Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un, ongeveer 31, is so vet dat hy beide enkels gebreek het. Só berig ’n Suid-Koreaanse koerant deur inligting wat van ’n bron ontvang is.
Eerste ebola-geval in Amerika bevestig
Die eerste geval van die ebola-virus is in Amerika aangemeld.
Bejaarde lig beseer toe trein bakkie tref
ʼn 70-jarige man het ligte beserings opgedoen toe ʼn trein teen sy bakkie gebots het in Bloemfontein in die Vrystaat.
Vanderbijlpark-poskantoor loop deur; staking duur voort
Die poskantoor in Vanderbijlpark, Gauteng het onder vandale deurgeloop en ʼn motor is aan die brand gesteek.
Rowers soek eerder R10 as iPhone
Vier rowers het ʼn man en sy dogter helder oordag in Durban, KwaZulu-Natal beroof, het The Mercury Woensdag berig.
Nkandla-projekleier sê hy gaan nie pak vat nie
Jean Rindel, die departement van openbare werke se projekbestuurder vir Nkandla, het gesê hy gaan nie verantwoordelikheid aanvaar vir ander se oortredings nie, het Beeld Woensdag berig.
Rowers gevonnis ná man aanval fnuik
Twee mans, Aubrey Vusi Hotane (36) en Cele Abednego Jonathan (19), is Maandag in die Lichtenburg-streekhof in Noordwes tronkstraf opgelê nadat hulle P.R. de Wet verlede jaar aangeval het.
Nuuskommentaar: Hongkong – gat in die bamboesgordyn
As berigte korrek is dat die Johannesburgse effektebeurs nou agteruit boer weens die reuse betogings in Hongkong, dan raak die gebeure doer ver Suid-Afrika reeds in ’n sekere sin meer as die uitgerekte Amcu-staking toe die beurs oor die algemeen opwaarts geneig het.
Hennie Smit steeds siek maar stabiel
Die akteur Hennie Smit is steeds ernstig siek en word by die Wilgers-hospitaal in Pretoria se hoësorgeenheid onder verdowing gehou.
Wewenaar-polisieman bely verkragting
ʼn Polisiebeampte, ʼn 50-jarige wewenaar van Mpumalanga, het skuld erken op aanklag dat hy ʼn minderjarige verkrag het.
“Zuma is onskuldig oor Nkandla”
ANC-LPs het Dinsdag versoek dat pres. Jacob Zuma van enige oortreding in die omstrede Nkandla-sage vrygespreek sal word.
Ontvoerde baba en sy ma herenig
ʼn Ontvoerde baba en sy ma is herenig nadat polisie die vermeende ontvoerder in Paarl in die Wes-Kaap in hegtenis geneem het.
Swemmer vra om verskoning oor dronkbestuur
Die Olimpiese kampioenswemmer Michael Phelps het op Facebook om verskoning gevra nadat hy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.
Vrou veilig ná Potch-veldbrand
‘n Vrou is ongedeerd nadat ʼn veldbrand haar in haar huis op ‘n plaas naby Potchefstroom in Noordwes vasgekeer het.
Weerwaarskuwing vir Durban uitgereik
Die eThekwini-munisipaliteit het Dinsdag ʼn weerwaarskuwing vir Durban uitgereik.