Uitspraak is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof voorbehou nadat die EFF ʼn interdik wou bekom teen die betaling van ʼn deposito aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).
EU bevries rekenings van Oekraïne se afgesette president
Die Europese Unie het bevestig dat die afgesette president van die Oekraïne, Viktor Janoekovitsj, een van die 18 Oekraïners is wie se rekeninge binne die Unie gevries is. ‘n Video van ‘n Amerikaanse joernalis wat haar bedanking regstreeks aankondig, volg onderaan die berig.
Reënweer duur nog ‘n week lank voort
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gesê reënweer sal na verwagting oor die volgende sewe dae in sommige dele van die land voortduur.
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
ʼn Spesiale raadsvergadering het Woensdag by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom plaasgevind ná berigte in Beeld oor gebare van eerstejaarstudente wat, volgens die koerant, herinner aan die Nazi se “Sieg Heil”-saluut.
Nuuskommentaar: “As Oscar ‘n swart man geskiet het was hy ‘n held” – Is erger rassisme as dit moontlik?
Terwyl die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, sy mond uitspoel oor die “Hitler-saluut”-insident by Potchefstroom is daar (nog) ‘n doodse swye uit regeringskringe oor ‘n insident wat van naakte rassisme getuig.
Eskom: Beurtkrag begin vandag
Eskom het Donderdagoggend ʼn noodtoestand rakende die land se elektrisiteitstoevoer afgekondig en amptelik bekend gemaak dat beurtkrag vanaf 09:00 ingestel gaan word.
Man vas wat meisie ontvoer, vermoor
ʼn 21-jarige man van KwaZulu-Natal is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 17-jarige meisie ontvoer en vermoor het.
Zuma weer uitgejou
President Jacob Zuma is Woensdagaand weer uitgejou toe hy by die FNB-stadion in Johannesburg opgedaag het ná Bafana Bafana daar ʼn nederlaag gelei het.
Eskom: ‘Beurtkrag ʼn sterk moontlikheid’
Eskom het Donderdagoggend ʼn noodtoestand rakende die land se elektrisiteitstoevoer afgekondig en gewaarsku dat kragonderbrekings ʼn sterk moontlikheid is.
Vier in hof oor Richmond-plaasmoorde
Vier mans het Woensdag in die Richmond-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn vir die moorde op Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas Springfield.
Sportafrigter vas oor verkragting van seuns
ʼn 33-jarige man van Oranjeville in die Vrystaat is in hegtenis geneem op 16 aanklagte wat verband hou met die verkragting van minderjarige seuns.
VF Plus gaan beampte by MRK aankla oor ‘rassistiese’ Oscar-artikel
Die Vryheidsfront Plus gaan die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ondersoek in te stel na beweerde rassistiese aanmerkings deur Sandile Memela, ʼn hoofdirekteur in die departement van kuns en kultuur, in ʼn artikel oor Oscar Pistorius.
Video’s: Kitsvloede saai chaos in Laeveld
Drie mense is dood nadat swaar reën kitsvloede in Mpumalanga veroorsaak het.
Huishulp vas na moord op bejaarde
ʼn Huishulp is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar werkgewer se bejaarde ma, berig Rekord Centurion.
‘OVK sluit armes uit,’ hoor hof
Die groot deposito’s wat politieke partye aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) moet betaal om in die verkiesing te staan ontneem arm mense hulle grondwetlike reg om tot die politiek verkies te word, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag gehoor.
EFF-ondersteuner sterf buite hof
ʼn Ondersteuner van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Woensdag voor die hooggeregshof in Pretoria dood.
Polisiebeampte gekaap, beroof
ʼn Polisiebeampte is in Port Elizabeth in die Oos-Kaap beroof en gekaap.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Restaurant-eienaars getuig oor geweerskoot
Jason en Maria Loupis, eienaars van die Tasha’s-restaurant in Melrose Arch, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof tydens Oscar Pistorius se moordverhoor getuig oor ʼn geweerskoot wat in Januarie in dié restaurant afgevuur is.
Foto’s: Wegholtrok rol, beland in Kaapstadse skoolgrond
Drie mans is beseer nadat ʼn vragmotor Woensdag gerol en in ʼn skool se atletiekgronde in Steenburg, Kaapstad, tot stilstand gekom het.
Foto’s: Barmhartige samaritaan red SA-egpaar tydens Zim-aanval
Don Percival, ʼn inwoner van Harare in Zimbabwe, het Maandag die Smith-egpaar van Suid-Afrika gered toe hulle deur drie mans aangeval is. Die mans wou glo hul voertuig steel.