President Jacob Zuma het Dinsdag by die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus sy skok uitgespreek oor berigte dat studente by dié universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom glo die Nazi-saluut gebruik het.
Petisie oor Oscar-weddenskappe
Nagenoeg 100 000 mense het Dinsdag ʼn petisie onderteken teen ʼn “aanstootlike” advertensie deur die Ierse dobbelwebwerf, Paddy Power, wat weddenskappe oor ʼn skuldigbevinding sal terugbetaal indien Oscar Pistorius vrygespreek word.
Mynbase verwerp nuwe Amcu-eis
Suid-Afrika se platinumvervaardigers het ʼn aangepaste looneis van die vakbond Amcu van die hand gewys.
Video: Seun geskors oor “vinger-geweer”
Nathan Entingh, ʼn 10-jarige seun is vir drie dae lank uit ʼn skool in Ohio in Amerika geskors nadat hy gemaak het of sy hand ʼn vuurwapen vashou en dit teen ʼn ander leerling se kop gehou het.
Oud-VSA-kongreslid kruip weg in SA
Mel Reynolds, ʼn voormalige kongreslid van Amerika, sê hy kruip weg in Suid-Afrika nadat hy vroeër uit Zimbabwe gedeporteer is.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Getuienis versterk staat se saak
Charl Johnson se getuienis het Dinsdag die staat se argument, dat Oscar Pistorius gelieg het toe hy aangevoer het dit is “onregverdig en foutief” dat hy en Reeva Steenkamp die aand voor haar dood baklei het, versterk.
Man met eerste kunsmatige hart sterf
ʼn Man wat twee en ʼn half maande gelede die eerste kunsmatige hart ontvang het, is oorlede.
EFF gaan nie OVK-deposito betaal nie
Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag gesê sy party sal nie ʼn deposito van R600 000 aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) oorbetaal wanneer hy sy kandidaatlys vir die nasionale verkiesing indien nie.
Vermeende verkragter na Weskoppies gestuur
ʼn Man van Mpumalanga wat na bewering ʼn 10-jarige meisie verkrag het, is na Weskoppies-hospitaal verwys vir ʼn sielkundige ondersoek.
Amcu verslap looneise
Amcu het Dinsdag, ná ʼn ses week lange staking, gesê die vakbond sal instem tot ʼn minimumloonooreenkoms wat oor die volgende drie jaar vir platinummynwerkers ingestel kan word.
“Polisieman” in hegtenis geneem
ʼn 26-jarige man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy homself glo as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.
Swaar reënval: Wenke om in nat weerstoestande te bestuur
Dial Direct-versekeringsmakelaars het Dinsdag gesê dit verg uiterste versigtigheid om in nat weer te bestuur en motoriste moet hul bestuursgewoontes aanpas. Die Suid-Afrikaanse Weerburo het ʼn waarskuwing van swaar reënval en vloede uitgereik.
Video: JHB-inwoners help sentrum om diere te red
Die ARK-dieresentrum is vasberade om verwaarloosde honde in die Johannesburg-omgewing te versorg en vir hulle nuwe huise te vind. En híér spring die gemeenskap ook in om te help.
Video: Kerk lok lidmate met gratis gewere
Baptiste-kerke in Kentucky gee glo vuurwapens as pryse weg in dié suidelike staat van Amerika om lidmate te lok.
Rangstelsel: SAPD sê poste is nie gevul nie; saak binnekort aangehoor
Die vakbond Solidariteit se saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor sy weiering om bevorderings ingevolge sy nuwe rangstelsel op meriete te doen, sal op 9 Junie 2014 in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.
Vermiste kanovaarder dood aangetref
Die liggaam van ʼn kanovaarder wat Saterdag verdwyn het, is Dinsdag in die Klipdriftdam, 25km buite Potchefstroom gevind.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Daar was “harde stemme”
Die tweede getuie in Oscar Pistorius se moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag getuig oor harde stemme wat sy gehoor het voordat Reeva Steenkamp doodgeskiet is. Beeldmateriaal van dag 1 van die moordverhoor volg onderaan die berig.
Seun wat glo ouers vermoor verkondig dit op Facebook
Herman Pienaar (35) en sy vriend, Clinton White (31), het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op Pienaar se ouers.
Katjies uit negende verdieping van gebou gegooi
Drie katjies en hul ma is onlangs uit die venster van die negende verdieping van ʼn gebou in Durban se middestad gegooi.
Departement onbewus van tolk-besware
Die departement van justisie het Dinsdag gesê hy is onbewus van besware wat verband hou met die tolk wat in die Oscar Pistorius-moordverhoor in die Pretoriase hooggergshof gebruik word.