Dit was die langste halfeindstryd vir mans enkelspel in die geskiedenis van Wimbledon.
Grayston-brug: Slotbetoë begin binnekort
Die Kommissie van Ondersoek wat aangestel is om die ineenstorting van die Grayston-brug in Johannesburg te ondersoek, het alle mondelinge getuienis aangehoor en slotbetoë sal binnekort ingedien word.
R5 miljoen se gesteelde kabels in Johannesburg gevind
Een persoon is in hegtenis geneem nadat ʼn ondersoekspan van Eskom gesteelde infrastruktuur ter waarde van R5 miljoen in Johannesburg gevind het.
13-jarige verdrink in KZN-swembad
ʼn Dertienjarige seun het Vrydagmiddag in ʼn openbare swembad in KwaZulu-Natal verdrink.
Naakfoto’s van tweeling: Pa se hofsaak uitgestel
ʼn 44-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy pornografie van sy agtjarige tweeling versprei het, het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.
Kabeldiefstal lei tot kragonderbreking in Centurion
Eldoraigne en dele van Wierdapark in Centurion is tans sonder elektrisiteit as gevolg van kabeldiefstal.
Drie afdraaipaaie uit die onteieningsdebat
Drie lote is besig om uit die stam van die debat oor onteiening sonder vergoeding te ontstaan, en dit bied tekens van hoop vir diegene wat dit teenstaan.
‘Goeie vordering gemaak’ rakende Pta-kragkrisis
Tegnici spook steeds onverpoosd om die elekrisiteitstoevoer by die Wapadrand-substasie in Pretoria te herstel.
Stellenbosch-sentrum ontruim ná dreigement
Die sentrum se bestuur het intussen in ʼn verklaring bevestig daar is onmiddellik begin om die sentrum te ontruim nadat die dreigement ontvang is.
Drie beseer in ongeluk op plaas
ʼn Man moes Vrydag met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word nadat sy bene in ʼn ongeluk op plaas vergruis is. Twee mans is ook tydens die voorval beseer.
Nóg talle vas ná Hermanus-betogings weer tot geweld lei
Die groep mense is almal op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem nadat ʼn herwinningsentrum en ʼn oordragstasie vir die tydelike verwydering van afval aan die brand gesteek is.
Reis met minderjariges binnekort makliker
Dit is deel van die departement van binnelandse sake se planne om te moderniseer en behoort dit ook aansienlik makliker te maak vir ouers om met hulle kinders te reis sonder om noodwendig op veiligheid in te boet.
Betogers sluit amptenare in munisipale gebou toe
ʼn Groep betogers het Vrydag die munisipale gebou van die Madibeng-munisipaliteit in Brits in Noordwes gesluit en amptenare verhoed om dit te verlaat.
Motor val van krans in Kampsbaai
Meganiese toerusting is gebruik om die man uit die wrak te bevry.
Pretoriase kleutermeisie (4) sterf ná fratsongeluk
“Ons almal is geruk deur die voorval. Ons is absoluut stukkend; veral Lizelle. Abigail was die liefdevolste kind. Ons het haar altyd vasgehou en met haar gespeel, sy het die sagste stemmetjie gehad.”
Man sterf toe motor lodge se muur tref
ʼn Man in sy laat 20’s is Vrydagoggend dood toe die voertuig wat hy bestuur het ʼn muur by die ingang van ʼn lodge naby die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria getref het.
Pta-vliegramp: Melkerywerker nie dood
Dinsdag se noodlottige vliegtuigongeluk in die noorde van Pretoria het nie twee mense se lewens geëis soos aanvanklik beweer is nie.
Ondersoek ná man van Sandton-hotel na sy dood val
Dit is nog onduidelik of die 41-jarige bemarkingsbestuurder van die gebou gespring en of hy na sy dood geval het.
Video: Kallie vs. BLF buite hof waar Zuma verskyn
Die BLF-lede het ook probeer keer dat Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die hof binne gaan.
Pa in hof oor naakfoto’s van tweeling
Volgens die klagstaat het hy naakfoto’s van sy agtjarige tweelingdogters geneem en dit op die internet versprei.