Twee gesoute en suksesvolle afrigters, albei met buitelandse ervaring, vat mekaar voor die bors wanneer die Pumas en Griekwas Sondag in Oudtshoorn in die eindstryd van die SuperSport-reeks aanmekaarspring.
SA’ner deur na Wimbledon finaal
Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat, Michael Venus van Nieu-Seeland, het na die finaal van die Wimbledon-dubbelspel vir mans deurgedring.
Superrugby: Beserings, ruskans kan agtste span en uitspeelplekke bepaal
Beserings en ruskans vir ʼn aantal voorste spelers kan die naweek in die laaste ronde van die Superrugby-reeks meewerk om die finale spanne vir die kwarteindronde en ook hul teenstanders te bepaal.
SuperSport tydelik op alle DStv-pakkette
“Sport het ʼn mooi manier om vriende en familie te herenig en partykeer selfs vreemdelinge.”
Is die bloed steeds groen?
Dit bly een van die moeilikste, maar in baie ander gevalle ook een van die maklikste besluite wat ʼn sportman moet neem wanneer hy oorsee verhuis om vir ʼn ander land oorweeg te word.
Só lyk sake nou vir SA se Kevin Anderson
Kyk hier teen wie Anderson in die halfeindstryd speel en teen wie hy moontlik te staan kom indien hy na die eindstryd deurdring.
SA se Kevin dring deur na Wimbledon-halfeind
Kevin Anderson het die eerste Suid-Afrikaner in 35 jaar geword om die halfeindronde van Wimbledon te haal.
Blitsbokke sterk en ervare selfs sonder dié agt
Die Blitsbokke sal in die Seweswêreldbeker-toernooi wat van 20-22 Julie in San Francisco plaasvind, net een speler hê wat al in die toernooi gespeel het.
Nog ʼn SA’ner deur by Wimbledon
Die seëvierende duo het hul ervaring op die hoofbaan geniet.
Word spelers te gou Springbokke?
Is dit net ʼn persepsie of is dit so dat Springbokkleure gans te maklik uitgedeel word?
Klubrondomtalie: Blitsige vleuel druk sewe keer
ʼn Blitsige vleuel het Saterdag sewe drieë in ʼn wedstryd in die Valke se Peregrineliga gedruk.
Dis SA se Kevin teen Federer in Wimbledon-kwarteind
Kevin Anderson het die eerste Suid-Afrikaner in 24 jaar geword om die kwarteindronde van Wimbledon te haal.
Johan Goosen: ‘Ek het ʼn fout gemaak’
“Ek is deur moeilike tye. Ek was baie hartseer. Ek het gedink dit gaan nooit eindig nie.”
Lessie vir SA afrigters te leer
Wanneer jy goud raakgeboor het, hoekom twee jaar wag voordat jy dit myn?
Blitsbokke sluit WB-voorbereiding af in Mosselbaai
Chris Dry en Stedman Gans oefen nie die week vir oulaas saam voordat die Blitsbokke na San Francisco vertrek waar die Sewes-Wêreldbeker-toernooi van 20 tot 22 Julie gespeel word nie.
Slyp van klubspelers met Loftus 200 kan slaag
Die Blou Bulle se eerste poging met die herleefde Loftus 200-span om klubspelers op ʼn hoër vlak te slyp, het heeltemal geslaagd verloop, en kan ʼn suksesresep wees.
Bulls kan maklik by die kruispad beland
Dis die harde feite en koue werklikheid: die Bulls kan maklik in die spervuur beland as daar besluit word om die reeks te verklein deur van nóg ʼn Suid-Afrikaanse span ontslae te raak.
VSA-Suid-span behou RAN-titel onder SA leiding
Die VSA-Suid Panthers het Rugby Amerikas-Noord (RAN) se gewestelike kampioenskap Saterdag in Atlanta, Georgia, die tweede opeenvolgende jaar onder ʼn Suid-Afrikaner se leiding gewen.
Formule Een: Ferrari gryp die inisiatief
Die Britse Formule Een Grand Prix (die tiende wedren van die seisoen) is Sondag op Silverstone gejaag en daar was drama soos min.
Tennis: Wimbledon se kaarte vir week twee ontbloot
Die derde Grand Slam van 2018, die Wimbledon Tenniskampioenskappe, se eerste week is afgehandel.