Die Want ons kan-konsert bring die afgelope 12 jaar al van die land se toptalent bymekaar vir ʼn goeie doel en vanjaar se konsert beloof om weer die gehoor te bekoor. Maroela Media het met een van die organiseerders van die projek, Margit Meyer-Rödenbeck, gesels oor hoe die projek ontstaan het en wie almal vanjaar daar te sien is. Sy vertel ook meer van vanjaar se begunstigdes.
Cobus Bester: Die man agter die stem
Cobus Bester het van skool af al belang gestel om by die SAUK te werk, maar die lewe het eers ander draaie met hom geloop. Hy was in sy midtwintigs toe hy aan die TV-kant by die SAUK begin werk het.
Luister: Proesstraat se Cindy Swanepoel is veel meer as ʼn grapjas
Cindy Swanepoel laat mense gereeld skaterlag in ‘Proesstraat’ maar vanjaar was sy ook in haar eerste vollengte rolprent, ‘Ballade vir ʼn Enkeling’, te sien. Die besige aktrise is egter veel meer as net ʼn grapjas. Maroela Media het met haar gesels oor haar vermoë om mense te laat lag en haar nuwe rol in die televisiereeks ‘Getroud met Rugby’.
Video: SA super-rockgroep staan saam teen kanker
Die Vrede Foundation wat daarop fokus om jongmense bewus te maak van kanker, het vanjaar kragte saamgesnoer met die super-rockgroep ‘Blood Brothers’. Francois van Coke is ook deel van die groep en Maroela Media het met hom gesels oor hoe die Vrede Foundation tot stand gekom het en wat aanhangers van die supergroep kan verwag.
Resensie: ‘Sê c’est la vie’ – Kevin Leo
Dis eintlik goed dat ’n mens weer die kans kry om Kevin se debuutalbum te hoor, want hy het hom gou as een van ons land se voorste kunstenaars gevestig. Daarom kan hierdie album soveel jare nadat dit oorspronklik uitgereik is, steeds aanbeveel word.
ʼn Nag in Augustus: Lize Beekman verwerk verlies deur sketse
Elkeen verwerk verlies op sy eie manier; die dood van ʼn geliefde raak elkeen anders. Vir Lize Beekman, wat skryf as ʼn uitlaatklep gebruik, was woorde net nie genoeg om háár verlies te verwerk nie.
Akteur Omar Sharif sterf
Die bekende akteur, Omar Sharif, is Vrydag in Kaïro in die ouderdom van 83 oorlede.
Video: Radio Raps gewild op sosiale media
Jonathan en die span van Radio Raps het plaaslike rekords vir teenwoordigheid op sosiale media bykans oornag oortref nadat sommige van hul video’s al tot vier miljoen keer gekyk is.
Cora-Marie: 21 jaar later
Op 8 Julie 1994 het die Suid-Afrikaanse musiekbedryf ‘n uiters gewilde kunstenaar verloor toe Cora-Marie aan kanker oorlede is.
Luister: Ruda Landman oor groot besluite en nuwe program
Haar naam is amper sinoniem met Carte Blanche en vir 19 jaar lank was kykers gewoond daaraan om haar Sondagaande op televisie te sien. Nou is Ruda Landman weer Sondagaande terug op die kassie met ʼn splinternuwe program, VeranderDinge.
Video: Maak jou eie ‘Back to the future’-modelkarretjie
Dit is vanjaar 30 jaar sedert die immergewilde karakter Marty McFly van die fliek Back to the future op die grootskerm tussen die hede en die verlede rondgespring het. Die video wys vir jou hoe om ʼn modelweergawe te maak van die ikoniese motor wat in die fliek deur tyd kan reis.
Foto’s: Prinses Charlotte se doop
Prinses Charlotte Elizabeth Diana is Sondag in die Mary Magdalene-kerk in Norfolk in die ooste van Engeland gedoop.
Luister: Michelle Botha op die planke met “Twee vir die prys van een”
Michelle Botha was te sien in die verhoogstuk Ons vir jou en The Sound of Music, maar baie mense sal haar onthou vir haar rol as Cornia in die televisiereeks Getroud met Rugby. Sy is nou saam met Lizz Meiring en Hannes Muller te sien in die komiese produksie Twee vir die prys van een en Maroela Media het met Michelle oor dié produksie gesels.
Hulde aan Fredi Nest
Fredi was sonder twyfel een van ons land se voorste kunstenaars en sy afsterwe is ’n enorme verlies vir die plaaslike musiekbedryf.
Hollywood-prikkelpop wil glo dagvaar oor vliegramp-poets
Die Hollywoodse prikkelpop en sosiale vlinder Paris Hilton wil glo koppe laat rol nadat ʼn Egiptiese televisieprogram ʼn angswekkende vliegramp-poets op haar gebak het.
Luister: Len Muller gesels oor sy ‘Doodgewone Avontuur’
Maroela Media het met Len Muller gesels oor sy album ‘Doodgewone Avontuur’.
Luister: Hier is die wenners van LAPA se Jeugromankompetisie
Die 2015-wenners van LAPA se Jeugromankompetisie is vandag bekend gemaak en lesers kan uitsien na drie splinternuwe jeugromans wat eersdaags verskyn.
Die koning van rose
Volgens Ruth Stout is daar vrede in ʼn tuin. Vrede en resultate. Ludwig Taschner, eienaar van Ludwig’s Roses, sal dit sekerlik kan beaam.
Resensie: ‘Ek reis na gister’ – Jak de Priester
Jak het weer met ’n uitstekende CD vorendag gekom. Nie net is daar snitte wat jou voete sal laat jeuk of jou sal laat lag nie, maar op ’n paar snitte laat Jak jou ook dink.
Luister: GROOTfm eersdaags op die kassie
GROOTfm se gewilde ontbytprogram, Die Groot Ontbyt, gaan van 10 Augustus af regstreeks op kykNET uitgesaai word.