Heinz Winckler het onlangs aangekondig dat hy sy eerste onafhanklike album gaan aanpak deur middel van skarefinansiering.
Karlien die wenner in ‘Strictly Come Dancing’
Die bekende sangeres en aktrise Karlien van Jaarsveld en haar dansmaat, Devon Leigh Snell, het Vrydagaand as die wenner van agtste seisoen van die gewilde televisieprogram Strictly Come Dancing weggestap.
[Video] Kry hier ’n voorsmaak van Regardt van den Bergh se nuwe fliek
Die eerste lokprent van Regardt van den Bergh se splinternuwe fliek, Uitvlucht, is bekendgestel.
Bybel vertaal in klankformaat vir Afrika
Matthys Maree is besig met ʼn projek om die Bybel in verskeie Afrikatale te vertaal en dit in klankformaat vry te stel.
[Video] Laaste eer aan Brixton Barnard betoon
Die musiekbedryf het in Julie afskeid geneem van ʼn legende in die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging.
Jakkie Louw sing vir die Springbokke
Jakkie Louw se nuwe enkelsnit “Van toeka tot nou” is pas uitgereik, en hierin sing hy van Springbok-rugby in ‘n tyd voordat geld en politiek ‘n rol begin speel het en toe manne soos Danie Gerber, Mannetjies Roux en Frik du Preez volkshelde was.
TT Cloete: ‘Ons eer sy nagedagtenis’
Die afsterwe van prof. TT Cloete (91) laat nie net ʼn leemte in die gemeenskap van Potchefstroom en veral die universiteit nie, maar ook in die literêre lewe van Afrikaans.
[Video] TT Cloete lees sy liefdesgedig “Anna” voor
Maroela Media het verlede jaar by prof. TT Cloete gaan kuier en hy het sy liefdesgedig, wat hy aan sy oorlede vrou, Anna, opgedra het, op video voorgelees.
Luister: TT Cloete: Só onthou hulle hom
Prof TT Cloete, wat vandag in die ouderdom van 91 jaar oorlede is, was bekend daarvoor dat hy die mense in sy lewe gekoester het. Maroela Media het gesels met ʼn paar van die mense wat die voorreg gehad het om met hom vriende te wees.
[Video] Prof. TT vertel van sy loopbaan en dié goed wat nie gemeet kan word nie
Die digter prof. TT Cloete was ’n letterkundige reus en het meer as 150 wetenskaplike artikels oor die Afrikaanse letterkunde geskryf en daarmee saam meer as ’n twintigtal boeke en monografieë. Hy het bydraes gelewer tot talle versamelstudies en het ook verskillende vertalings uit die Franse letterkunde gedoen. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor sy loopbaan. Hy gesels ook oor die goed in die lewe wat werklik belangrik is.
[Video] Prof. TT Cloete oor sy gedigte op die stuurwiel
Die geliefde en bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor hoe hy soms aan die skryf gegaan het terwyl hy bestuur het.
[Video] Prof. TT Cloete vertel hoe hy sy vrou ontmoet het
Die geliefde en bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor hoe hy sy vrou, Anna, ontmoet het. In hierdie video gesels hy oor sy vrou en die huwelik.
Rolene Strauss verloof: Só lyk die ring en die gelukkige man
Trouklokkies wink vir Rolene Strauss.
Bobby van Jaarsveld gaan weer pa word
Die sanger Bobby van Jaarsveld het bekend gemaak dat hy weer pa gaan word.
Video: Snaaks, snaakser … Marion Holm
As jy nog nooit die voorreg gehad het om Marion Holm in aksie te sien nie, is haar nuwe eenvrouvertoning Marion Holm vir Beginners net vir jou. Selfs al het jy al haar vorige eenvrouvertonings al gesien kan jy nie hierdie produksie misloop nie.
Lucas: Een uit ’n miljoen
Lucas Maree was een van ’n handjievol kunstenaars vir wie musikale integriteit nie onderhandelbaar was nie.
Aardklop 2015 is hier
Kaartjieverkope vir vanjaar se Aardklop-kunstefees wat van 6 tot 10 Oktober in Potchefstroom plaasvind, het vandag begin en feesgangers kan hulle weer verlustig in kuns, toneel en musiek by dié fees.
Foto: AB de Villiers is ʼn pa
AB de Villiers, die Proteas se eendagkrieketkaptein, het vir die eerste keer pa geword.
Huldeblyk: Jammies, vermaaklikheidskunstenaar soos min
Die bekende musikant, storieverteller en komediant Jammies Jamneck is Maandagoggend in die ouderdom van 66 jaar oorlede nadat hy ’n stryd teen kolonkanker gevoer het.
Kanker eis nóg ʼn Afrikaanse musieklegende
Skaars ʼn week nadat Fredi Nest ter ruste gelê is ná ʼn kort stryd teen kanker, het kanker nog ʼn Pretoriase musieklegende se lewe geëis.