ʼn Man soos my pa is ʼn eerlike storie oor die dinge wat ons vorm: ons ouerhuis, ons ouers se liefde, hulle foute, vriendskappe, skool, romanse, die buurman se dogter en die skool se boelies.
Darren Scott en sy vrou gaan skei
Die bekende radio-omroeper, Darren Scott, het aangekondig dat hy en sy vrou gaan skei
[Video] ‘Vir altyd’-fliek se lokprent bekend gestel
Die amptelike lokprent vir die romantiese avontuurfilm Vir altyd is bekend gestel.
Adam en Daniel Baron se kortspeler hier
ʼn Mens kan ook hoor hoedat Adam en Daniel Baron se onderskeie musiekstyle bymekaarkom en ʼn klank voortbring wat terselfdertyd herkenbaar en vars is.
[Video] Dis ek, Anna – dié fliek moet gesien word
Die fliekweergawe van die bekende roman Dis ek, Anna is verlede naweek bekendgestel en het in sy openingsnaweek nagenoeg R773 160 by die loket ingebring. Maroela Media het vroeër vanjaar met Charlenè Brouwer en Izel Bezuidenhout oor die rolprent gesels.
Resensie: ‘Nogtans sal ek sing’ – Anneli van Rooyen
Anneli van Rooyen kan met reg as een van die legendes van Afrikaanse musiek beskou word. Baie mense was bekommerd oor haar sangloopbaan nadat sy die operasie ondergaan het, en min mense het gedink dat sy ooit weer ʼn album sou opneem. Daarom was hierdie album een van die grootste verrassings van die jaar.
Afrikaanse kunstenaars bring hulde aan legende
Op 8 Julie 1994 het die Afrikaanse sangeres Cora-Marie haar stryd teen kanker verloor toe sy net 41 jaar oud was.
Video: Cordelia se splinternuwe musiekvideo nou te sien op Maroela Media
Hierdie kompetisie is gesluit: Cordelia het Maandag eksklusief haar jongste musiekvideo van die liedjie “Eerste woorde” op Maroela Media bekendgestel.
Derick Hougaard se hartroerende brief aan seuns
“Julle is die rede hoekom ek soggens opstaan, al voel dit ek kan nie,” het hy geskryf.
[Video] Lizz Meiring en Marion Holm oor die TBF
Die Teaterbystandsfonds (TBF), ʼn liefdadigheidsfonds wat vrywillig deur mense in die vermaakbedryf geadministreer word, het vanjaar ʼn draai by Aardklop gemaak.Maroela Media het met Lizz Meiring, bestuurslid van die TBF, oor dié fonds gesels en Marion Holm deel ook haar mening waarom sy dink dit belangrik is om die fonds te ondersteun.
Luister: Corlea en Jannie op vanjaar se Afri-Duetfees
Die Afri-Duetfees is een van Suid-Afrika se glansrykste musiekaande van die jaar. Elke jaar word die gehoor vermaak met die room van die Afrikaanse musiekbedryf en vanjaar is geen uitsondering nie.
Luister: Antowan Nöthling oor Afrikaanse animasieprent
Die Sneeukoningin is ʼn splinternuwe internasionale animasiefilm wat later vandeesmaand in Afrikaans uitgereik word. Antowan Nöthling is die stem van een van die karakters in dié rolprent en Maroela Media het met hom gesels oor die uitdagings om stemopnames vir animasie te doen.
[video] Jans Rautenbach oor sy eerste fliek in 30 jaar
Die legendariese filmmaker Jans Rautenbach se eerste fliek in meer as 30 jaar, Abraham, begin vandag by die loket. Maroela Media het met Jans gesels oor sy ervaring om ná 30 jaar weer ʼn film te maak. Hy vertel ook van die minimalistiese en eerlike benadering wat hulle gevolg het wat beligting betref, asook wat hy dink van die jonger generasie se filmmakers.
‘Hie’ kommie Bokke’ weer ná 20 jaar
In 1995 het die Springbok-rugbyspan die land in vervoering gehad toe hulle die Wêreldbeker ná ʼn spannende eindstryd teen Nieu-Seeland op Ellispark gewen het.
Huldeblyk aan die omroeper Francois van Heyningen
Die oud-omroeper van Springbok Radio, sanger, skrywer en akteur, Francois van Heyningen, is Woensdagaand in die ouderdom van 80 oorlede.
Radio-omroeper weer in stryd teen kanker
Die bekende radio-omroeper, Darren Scott, het Dinsdag die slegte nuus gedeel dat hy kanker het.
Borg ʼn Woord – saam met Deon Meyer
Deon Meyer, bekroonde en baie bekende Afrikaanse spanningsverhaalskrywer, is die nuwe beskermheer van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ‘n Woord-projek.
[Video] Foxwood-kunstefees begin op ‘monumentale’ noot
Die kykNET Foxwood-kunstefees het gister by die Foxwood-huis in Houghton, Johannesburg, begin waar dié huis ook as monument verklaar is. Maroela Media het ʼn draai by die fees gaan maak om met een van organiseerders, Jan Groenewald daaroor te gesels.
Boek: Jack Parow – Die ou met die snor by die bar
In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture. Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou.
Koffie saam met Anna Davel
Dit wil voorkom of Anna ʼn stukkie van haar hart in Nederland gelaat het, want sy meen sy sal graag weer daar wil optree.