Gerrie Rossouw (30), ʼn Vrystaatse boer wat aan die mees onlangse reeks van kykNET se Boer Soek ʼn Vrou-realiteitsprogram deelgeneem het, het sy TV-liefde Carna van Wyk (22) oor die radio om haar hand gevra.
Video: Karen Zoid en Tannie Evita sing hulle wense vir Zuma se staatsrede
Karen Zoid, Hemelbesem en Zolani Mahola van die groep, “Freshly Ground”, het kragte saam met Tannie Evita Bezuidenhout gespan en ʼn musiekvideo vir Donderdag se staatsrede vrygestel.
Boek: In ritme met God
Heinz Winckler glo jou identiteit in Jesus staan uit as een van die belangrikste aspekte van jou lewe. As jy weet wie jy in Hom is, kan jy jou roeping vind en uitleef, en deel word van ’n generasie wat God se koninkryk uitbou.
Toer plaas Piet Byleveld onder die vergrootglas
ʼn Vraag-en-antwoordtoer, Piet Byleveld onder jou vergrootglas, met die bekende baasspeurder Piet Byleveld word op 5 Maart in die Atterbury Teater in Pretoria aangebied.
Suid-Afrikaner stap weg met ʼn Grammy
Die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, Wouter Kellerman het gister tydens die 57ste Grammy-toekennings weggestap met die prys vir die beste New Age-album van die jaar, Winds of Samsara.
Adam Tas maak weer geskiedenis
Omtrent tien jaar nadat Adam Tas die Guinness-wêreldrekordboek gehaal het as die kunstenaar wat by die meeste plekke op een dag opgetree het, het hy weer geskiedenis gemaak.
Resensie: Mooirivier bewys liefde wen altyd
Die splinternuwe Afrikaanse fliek, Mooirivier, word beskryf as ʼn romantiese ensemble rolprent en soos die naam aandui, speel dit af in Potchefstroom.
Luister: Heinz Winckler vertel hoekom Mooirivier dié fliek is vir die liefdesmaand
Fliekvlooie kan gerus nader skuif want Vrydag begin daar ʼn splinternuwe Afrikaanse romantiese komedie in die rolprentteaters draai.
Eddie Eckstein is nié dood nie
Die bekende komediant en sanger Eddie Eckstein moes op sosiale media bevestig dat hy nog leef, nadat ʼn valse gerug oor sy afsterwe blitsig versprei is.
Luister: Robbie Wessels gesels oor die dekade na sy eerste album
Robbie Wessels se eerste album, My Vissermanvriend se pa, is reeds tien jaar gelede vrygestel, maar dié sanger glo sy musiek is steeds net so eerlik soos ʼn dekade gelede.
Rinkink – die nuwe kunstefees in Durban
Rinkink is ʼn splinternuwe kunstefees met ʼn unieke formaat.
Luister: Lizz Meiring oor “Langpad en Lipstieks”
Lizz Meiring skop vroeg in Februarie af met haar nuwe produksie, Langpad en Lipstieks, by Die Boer-teater in Durbanville.
Video: Sterbelaaide Mooirivier is eersdaags op die grootskerm
Mooirivier is ʼn splinternuwe Afrikaanse rolprent wat eersdaags bekendgestel word en spog met akteurs soos Tim Theron, Milan Murray, Bouwer Bosch, Anel Alexander, Heinz Winckler, Leandie du Randt en Anne Hirsch.
Theunis Nel: “God het my vir ʼn doel gespaar”
As alles goed verloop sal Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorfietsprogram Woema op kykNET, moontlik oor ʼn maand weer kan terugkeer huis toe ná sy ernstige motorfietsongeluk verlede jaar.
Hier is die 2015 Oscar-benoemings
Die nominasies vir die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is gister bekend gemaak en Birdman en The Grand Budapest Hotel het albei nege nominasies ontvang.
Paul C. Venter se Vlug na Egipte op die kassie te sien
Paul C. Venter, bekend vir immergewilde televisiereekse soos Konings, Torings en Arende, se splinternuwe dramareeks Vlug na Egipte begin vanaand op kykNET.
Boyhood kraai koning by Golden Globes
Die fliek Boyhood het koning gekraai by die 72ste Golden Globe-toekennings wat Sondag in die Beverly Hilton-hotel in Beverly Hills gehou is.
Foto’s: Monaco ontmoet prinses Charlene se tweeling
Die inwoners van Monaco sowel as uitgesoekte gaste het Woensdag hul nuwe prins en prinses ontmoet.
Karlien van Jaarsveld: Baba nommer drie is…
Karlien van Jaarsveld, wat swanger is met haar en Derick Hougaard se derde kind, het Maandag die baba se geslag op sosiale media bekend gemaak.
Foto’s: Prinses Charlene wys haar tweeling
Die koningshuis van Monaco het die eerste foto’s beskikbaar gemaak van Prins Albert en prinses Charlene se tweeling wat vroeër die maand gebore is.