Kyk hier na al die statistieke – soos onder meer hoeveel mense die fees bygewoon het en hoeveel pannekoeke gebak is.
Luister: Motorfietse vat weer die pad vir Madibadag
Zelda le Grange het met Maroela Media gesels oor die Bikers for Mandela Day-inisiatief en wat dié projek vanjaar beoog.
Foto’s: SA swemkampioen trou met Griekse nooi
Die paartjie het in Desember 2016 verloof geraak in Switserland tydens ʼn skivakansie.
Minnesanger en sy krulkopvrou haak af
Tien jaar gelede toe die sanger ʼn aangename krulkopvrou ontmoet het, het hy nooit besef dat dié einste vrou ʼn dekade later die paadjie na die kansel sou stap om aan hom ewige trou te beloof nie.
Finaliste in ‘Die Kontrak’ aangewys
“Ons voel ons het afgekom op ʼn groep deelnemers wat uniek en uitsonderlik talentvol is. Ons sien met opwinding uit na ʼn strawwe kompetisie.”
Nog seksuele aanklagte teen Hollywood-akteur
Die jongste aantygings spruit uit beweerde voorvalle in 1996 in Westminster, in 2008 in Lambeth en in 2013 in Gloucester.
Leon van Nierop se resensie: American Animals
Onthou net, dit is ʼn eksperimentele rolprent wat in ʼn sekere opwindende en vernuwende styl gemaak is met slim redigering, dus neem dit ʼn rukkie om by die styl aan te pas en “in” die rolprent te kom. Maar as jy jouself eers oorgegee het, sal jy dikwels na jou asem snak.
Leon van Nierop se resensie: Ant-Man and the Wasp
Terwyl jy miere dalk as ʼn plaag sien wat jy met ʼn kannetjie Doom wil bykom, is hulle hier eintlik vriendelike helde, veral die parmantige Ant-Man.
Wen: Die opera ‘Norma’ by die Brooklyn-teater
Die Brooklyn-teater se salon-ensemble is vandeesmaand te sien in die opera ‘Norma’. Ses gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na die vertoning op Vrydag 20 Julie.
‘Geliefde SA persoonlikheid’ binnekort op Jacaranda FM
“Sy’s reeds ’n bewese gunsteling met haar rolle in televisie en radio en ons gehoor sal mal wees oor haar.”
‘7de Laan’-aktrise, 3 sangers sê koebaai vir vetjies
Vyf bekendes in die vermaakbedryf, onder wie ʼn 7de Laan-aktrise en drie sangers, gaan kykers dié jaar ʼn intieme blik op hul verslankingsreis gee wanneer hulle as deelnemers te sien gaan wees in die kykNET-werklikheidsreeks Slank.
‘Project Runway SA’ binnekort op die kassie
Die bekende modeontwerper Gert-Johan Coetzee sal as mentor optree vir die deelnemers.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 2 Julie 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Nóg ʼn koninklike troue in Windsor
“Ons is lief vir Jack en ek is so opgewonde om ʼn seun, ʼn broer en ʼn beste vriend in hom te hê. Sy is een van die wonderlikste mense wat ek ken en saam sal hulle suiwer harmonie wees.”
Innibos het ook iets vir die rockers
“Ek het nooit in my wildste drome gedink ek sal eendag ʼn verhoog met Valiant Swart deel nie!”
Koekedoortjie-wenner: ‘Dis ’n droom wat waar geword het’
“Hy het dikwels drooggemaak, maar die wonderlike ding is dat dit hom nooit ondergekry het nie.”
Boekvoorlesing: ‘Oupa sê so’
Het jy drie en ʼn half minute? Kry die jongspan en skuif dan sommer gou nader om te luister na Mila Guy se voorlesing van die storie Oupa sê so uit WO Kühne se bundel van die klassieke Huppelkind-verhale.
US-koor toer na Londen en Wallis
Die US-koor was die afgelope vyf jaar nommer een op Interkultur se ranglys van 1 000 internasionale kore.
Verskeidenheid verhoë en gehalteproduksies by Innibos
Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees spog vanjaar met verskeie verhoë wat sorg dat feesgangers deurgaans vermaak bly met musiek- en teaterproduksies.
Innibos vier mylpaalfeesjaar met groot afskopkonsert
“Ons vier vanaand die liefde. Liefde vir kuns, liefde vir musiek, liefde vir feesviering en liefde vir mekaar.”