Alhoewel Camilla halfpad deur die liedjie eers haar jonger sussie, Amoré, moes stil maak, het sy trots vir haar pa gevra om die video vir “oom Jo” aan te stuur.
Hollywood-paartjie se paaie skei ná nege jaar
Die paartjie is dit ook eens dat daar “geen geheime of onbehoorlike gebeure” is wat tot die beëindiging van die verhouding gelei het nie.
Boer soek ʼn vrou: Hiér is vanjaar se boere
Die boere in die komende reeks wissel tussen 23 en 36 jaar oud en ses van dié boere kom uit die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Limpopo.
Hiérdie bekendes dalk by koninklike troue
Die koninklike troue van prins Harry en Meghan Markle vind oor net meer as ses weke plaas en gerugte begin alreeds die ronde doen oor wie die gastelys vir dié spoggeleentheid gehaal het.
Schwarzenegger in stabiele toestand ná hartoperasie
Die akteur en voormalige goewerneur van Kalifornië sterk aan in ʼn hospitaal in Los Angeles ná ʼn hartoperasie.
Bekende Buffelsfontein Baardolieman se brawe uitdaging
Meyer le Roux, medestigter van Buffelsfontein Baard-olie, is bereid om van sy welige baard ontslae te raak – as die publiek hand in die sak sal steek.
Tobie Cronjé-produksie op KKNK gekanselleer
Dié stuk, met Tobie Cronjé en Antoinette Kellermann in die hoofrolle, is vervaardig in opdrag van Kunste Onbeperk om Cronjé vir sy lewensbydrae tot teater te vereer.
Riaan groet nuusateljee – dié keer finaal
Die legendariese Afrikaanse ankeraanbieder en televisieman Riaan Cruywagen (72) gaan Donderdagaand vir die heel laaste keer ʼn oorsig van die afgelope dag se nuusgebeure op kykNET Verslag lewer – en dié keer groet hy die nuusateljee finaal.
Coffee Snobs: ‘Ná die seer wil ons lig bring’
Dit was soos ʼn doodsvonnis wat hy meteen opgelê is. Eers was hy blakend gesond, en toe is sy lewe skielik in gevaar. Die musiek-egpaar Marius en Vernette Wessels – of te wel Coffee Snobs – het twee keuses gehad: Marius se kankerdiagnose kon hulle onderkry óf hulle kon terugbaklei.
So vier bekendes Paasfees
Bekendes gesels met Annelien van Basten oor wat Paasfees vir hulle beteken, watter oulike tradisies hulle gesinne het en hoe hierdie langnaweek gewoonlik spandeer word.
Foto’s: ‘Vuil Wasgoed’-akteur haak binnekort af
Die paartjie het in Mei verlede jaar verloof geraak en staan eersdaags voor die kansel.
Nuwe kookprogram vir boerekos-liefhebbers
“Met Pienaar se kundigheid, ’n paar ‘twists’ en die bekende gaste op die program, sal jy gou agterkom hierdie is nie net ’n gewone kookprogram nie.”
Video: Elizma Theron se boodskap aan álle vroue
Die sangeres se ma, haar suster én haar vriendin maak ook ʼn verskyning in dié video.
Luister: Piet Botha is op die ‘Middernagtrein’
Die liedjie “Die middernagtrein” was reeds klaar geskryf toe Piet in die hospitaal beland het. “Dis ʼn metafoor vir hoe gevaarlik rock ʼn roll is,” lag hy en die ironie ontglip hom duidelik nie.
Luister: Lizandra Winter oor weerloosheid, wintermaande
“Ek dink nie daar is enigiemand wat daarvan hou om weerloos te voel nie. Ek voel egter as ons nié bereid is om eg en eerlik te wees nie, sal daar nooit regtig groei en lewe voortspruit nie; dan sit jy maar altyd net ʼn masker op.”
Wen: Mozart Requiem vir Paassondag in Brooklyn-teater
Wessel van Wyk en Willem de Beer snoer kragte saam en bied die heel eerste uitvoering van hierdie transkripsie aan vir die Gautengse publiek. Drie gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die uitvoering op Paassondag.
Manie Jackson en sy verloofde se paadjies skei
Die sanger het aan aanhangers gesê “daar is iets belangriks” wat hy graag met hulle wil deel.
Foto’s: Liefde blom steeds vir ‘Boer soek ʼn vrou’-egpaar
“Sy is ongelooflik oulik. Sy is die vriendelikste baba en weet presies hoe om ons om haar pinkie te draai. As sy opgetel wil word, wil sy nóú opgetel word en nié later nie.”
Afrikaanse kortfilm op pad na Cannes-fliekfees
Die fliek, wat in September verlede jaar tydens die 48 Hour Film-fliekprojek in Kaapstad verfilm is, is deur die Kaapse produksiemaatskappy Wyrd Films geskryf en vervaardig.
Prins Harry en Meghan dalk na Afrika vir wittebrood
Daar word intussen berig dat sowat 600 gaste na die koninklike troue genooi is, en 200 gaste die onthaal sal bywoon.