“Die akteurs is nie bewus van wie wat betaal word nie en kan nie verantwoordelik [vir die salarisongelykheid] gehou word nie.”
NWU-beleid: President van Tarentaal gooi stuiwer in taalbeurs
Volgens die President van Tarentaal is dit nou tyd vir die “pilare en pilaresse” van die republiek om hulle stemme te lug en te toon dat hulle onbeskaamd voorstanders is van “byvoeging, verbreding en uitbouing”. Hy het die Pukke aangemoedig om onbeskroomd nee te sê vir minder maak.
Luister: ‘Susters’ gaan jou laat lag én huil
“Wanneer jy die fliek kyk, kan jy byna glad nie opmerk presies hóé koud dit was toe ons die fliek verfilm het nie,” vertel Diaan. “Dit was vrek koud. Ná lang tye op stel begin jy amper sukkel om te fokus omdat dit so geweldig koud is.”
Foto’s: Angelique en Jacques spog met skattige tweeling
Die paartjie, wat ook ʼn eenjarige seuntjie het, het onlangs op sosiale media gespog met hul identiese tweelingdogtertjies wat in Februarie gebore is.
Saftas: Só lyk die wenners
Die 12de jaarlikse Saftas (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) is Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by die Sun City Superbowl oorhandig.
Spek(skiet)-en-eiers saam met Bennie Fourie
Maroela Media het saam met Bennie Fourie gaan ontbyt eet om meer uit te vind oor dié grapjas, akteur en skrywer van Vuil wasgoed en die kykNET-reeks Hotel.
Boek: Donderweer Gedagtes
Dit bestaan uit ʼn reeks briewe, wat gerig is aan onder andere God en ook aan homself.
‘Boer soek ʼn vrou’: Leah se prettigste, uitdagendste rol nóg
“Toe ek die nuus gehoor het, wou ek so hard moontlik skree. Dit was so frustrerend, want ek kon nie skree nie aangesien ek my stem moes laat rus. Maar dit was ʼn groot oomblik; ek het uitgebars in trane en verskriklik emosioneel geraak.”
Oscar-wenner op soek na akteur vir nuwe fliek
“Ons is baie opgewonde om na onontdekte talent in Suid-Afrika te soek. Dit is ʼn waardevolle geleentheid vir enige jong akteur wat ʼn loopbaan in die rolprentbedryf nastreef.”
Luister: Die Kannie Warries Dansorkes: ‘Ons is anders’
Basson het aan Maroela Media vertel boeremusiekliefhebbers sal dadelik hoor dat hulle “iets anders” met die kitare op dié album gedoen het. “Jy kan onmiddellik hoor dit is die Kannie Warries wat daar speel.”
Video: Suzelle DIY resenseer haar gunsteling-TV-reekse
Waarna kyk dié maltrap wanneer sy nie haar bekende “braai-pie” maak nie? Suzelle resenseer in dié video van haar gunsteling-TV-reekse.
Video: Jong Pta-seun het internet gaande
Dié video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 7 000 keer op Facebook gedeel
Wen: Dan Patlansky in die Rockwood-teater
Twee gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na die bekendstelling van Dan Patlansky se splinternuwe album, Perfection Kills, in die Rockwood-teater in Pretoria.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 19 Maart 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Appel se lied ‘ʼn ode aan die boere’
“Grond is lewe en God is lewe. Ek dink dit is hoekom die boere so naby aan die grond wil wees, want dan is hulle naby aan God.”
‘Johnny is nie dood nie’ – nou op Showmax te sien
Alhoewel dit nie pertinent oor die lewe van Johannes Kerkorrel gaan nie, maak die fliek verwysing na kunstenaars soos Kerkorrel, Bernoldus Niemand en Koos Kombuis, en hulle invloed op die onstuimige jare voordat verandering na Suid-Afrika gekom het.
Foto: Minki verwelkom pienk bondeltjie vreugde
“Baie welkom by ons, liefste klein engeltjie!” Só het Minki en haar man Ernst op Instagram hul dogtertjie verwelkom.
Steve-konsert mag by George-stadsaal voortgaan
Die plaaslike munisipaliteit in George het sy besluit hersien oor Steve Hofmeyr se konsert in die stadsaal.
Luister: Gian Groen se nuwe album bring hulde aan vriend
Hy vertel daar is ʼn bittersoet storie agter die titel van die album. ‘n Vriend van Groen is in 2015 in ‘n motorfietsongeluk oorlede.
Steve doen regstappe oor konsert
“Uiteindelik, [terwyl] kliënte jare lank al hoes om my fooi te betaal, gaan bykans 95% van my konserte se wins na die oorlewing van klein gemeenskappe, soms Afrikaans, Christelik, kleuterskole, skole en kerkies.”